Showing posts with label Brein. Show all posts
Showing posts with label Brein. Show all posts

Monday, 7 September 2026

Online learning is reshaping education



Have you ever considered earning a new degree but felt limited by your schedule, expenses, or the thought of returning to a traditional campus environment? 

Today, online learning is reshaping education, creating opportunities for seniors and older adults to pursue meaningful academic goals in more flexible ways.

Online degrees take only 4 weeks to complete. Get started today!!

Click HERE for more good information!

Monday, 10 August 2026

Blou Maandag-uitdaging: Gratis breinoefening vir 'n jonger brein


Klik HIER as jy belangstel om jou brein daardie 
broodnodige oefening
te gee om breinluiheid te voorkom. 

* Daar is gelukkig geen druk op jou ouderdom om te presteer nie en 
* ook nie vir bevordering nie. 
* Geniet dit net en 
* skuif die vier mure van jou kamer in die ouetehuis of aftreeoord tot binne-in 'n interessante wêreld. 

MOENIE TE LANK WAG NIE!

Thursday, 21 May 2026

Ouma se wenke: Gee jou geheue 'n hupstoot

Die beste spyskaart om die geheue en breinfunksie 'n hupstoot te gee, en goeie bloedvloei na die brein te bevorder, is baie soos wat jy sal eet om jou hart te voed en te beskerm. 

* Eet gereeld groente
* Geniet bessies en kersies.
* Kry genoeg omega-3-vetsure
* Seekos
* Werk okkerneute in 

(Transcare: derde uitgawe)

[Idioom: Ons het almal die geheue van 'n olifant nodig!]

Friday, 3 May 2024

Oefen jou geheue


Onthou om my te onthou, vergeet om my te vergeet
, was op sy dag een van Laurika Rauch se groot treffers.

Maar voor ons vergeet waaroor dit alles gaan, moet ons rekening hou met ons eie vermoë om te onthou, veral namate die ouderdom toeneem. Dis nie almal wat soos 'n Winston Churchill die juwele uit die Engelse literatuur wat hy op skool gememoriseer het, uit die vuis kan voordra nie.  

Dit is opvallend hoe min aandag studente gee aan die verskerping van hulle geheue. Onderwysers is geneig om die opvatting, dat memorisering help om die verskillende gebiede van die brein te ontwikkel, as tydmors te beskou.

Memorisering is in die verlede oordryf, dikwels tot nadeel van gesonde begrip. Dit is egter geen rede om dit geheel en al oorboord te gooi nie.

Dit kan miskien nie die intellek bevoordeel nie, maar dit kan bydra tot 'n goed geordende brein en 'n bron van voedsel vir die gees.

Verskeie suksesvolle studente het daarop gewys dat 'n vaardige geheue afhang van die gehalte van die redenasievermoë en oordeel, sowel as 'n beter werking van die verstand.

Plato was op sy dag ook baie geïnteresseerd in die werking van die menslike brein. Een van sy uitsprake was: "Kennis is om te onthou."

Volgens kenners is geen verstandelike vermoë so vatbaar vir verbetering as die mens se geheue nie. Dit het daartoe gelei dat kenners in die laaste klompie jare verskeie tegnieke ontwikkel het om vergeetagtigheid te bestry.

Dit blyk dat herhaling die belangrikste bondgenoot is. Toetse in laboratoriums het ook getoon dat deur net hardop te herhaal wat jy wil onthou, jy jou onthouvermoë van 25 tot 100% kan verbeter.

Monday, 21 January 2019

Oefening van die brein

Benewens die feit dat jy jou liggaam gesond en sterk moet hou, moet jy ook jou brein aktief hou. 

Soos jy ouer word, kan dit langer neem om dinge te onthou as toe jy jonger was. Deur jou brein te oefen en uit te daag, kan jy skerp bly en geheueprobleme en kognitiewe agteruitgang voorkom. Om blokkiesraaisels op te los en woordspeletjies te speel, kan help, ook om 'n nuwe vaardigheid te leer en daaglikse take te takel. Jy kan 'n rekenaarklas neem, eksperimenteer met verskillende resepte wanneer jy kook, 'n ander roete na die kruidenierswinkel neem of jou tande met jou nie-dominante hand borsel.

Raadpleeg u dokter voordat u 'n nuwe oefenroetine begin om te verseker dat u beplande behandeling veilig is vir u fisiese toestand. Begin altyd stadig oefen, en as jou fiksheid verbeter, verhoog die duur en intensiteit stadig. Begin jou oefensessies met 'n vyf- tot 10-minute-opwarming om jou bloed te laat vloei en jou liggaam voor te berei vir die werk wat kom. Vind aktiwiteite wat jy geniet, sodat jy meer geneig is om by jou roetine te hou. Jou plaaslike gemeenskapsentrum bied verskeie klasse, soos joga en tai chi, aan. Dit kan help om jou buigsaamheid te bevorder terwyl jy die geselskap van ander gesondheidsbewuste volwassenes geniet.

Verkry deur Scoop.it van: www.livestrong.com

[https://af.elpasobackclinic.com/well-en-fiksheid-vir-die-bejaardes/]

Tuesday, 10 July 2018

Verbeter jou breinaktiwiteite ...

‘n Bekende Mediese Fonds het ‘n klompie tegnieke bekend gemaak wat jy kan toepas as jy jou breinaktiwiteite wil verbeter. Hulle gee die volgende wenke:

• Verminder jou stresvlakke
• Doen fisiese oefeninge – jou brein baat ook daarby
• Breek weg uit ʼn roetine
• Stel meer eise aan jou brein (soos blokkiesraaisels of breinknopers)
• Doen iets nuuts
• Kry genoeg slaap
• Lees boeke om jou aan nuwe idees bloot te stel
• Lag meer dikwels
• Luister na musiek
• Skryf dinge neer om dit in jou brein in te prent

Jy kan gerus maar weer hierdie wenke stadig deurlees. Dit werk!

Ook Petrus het gedink dat dit nodig is dat ons ons brein wakker moet hou. Hy het gesê:
"Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus" (1 Pet 1:13).

Monday, 9 July 2018

Die breinwaarde van blokkiesraaisels ...

'n Studie wat geborg is deur die VSA se National Institute of Aging verbonde aan die National Institute of Health, het ongelooflike bevindings gemaak. 70-jariges wat 10 sessies van kognitiewe opleiding ondergaan het, het dinge helderder onthou, inligting vinniger verwerken meer gedrewe geredeneer.

Daar is talle maniere om die brein te "oefen", bv. lees en skryf, ontsyfering (blokraaisels, letterspeletjies en legkaarte), ontleding en probleemoplossing is almal kragtige "vitamiene" vir jou brein.

(Uit Gesond.Gelukkig. Sonder gier. Deur Lisa Morrone ISBN 978-1-4316-0039-7)

Met al hierdie feite in gedagte, is dit belangrik vir ons hier by Ons Huis dat die inwoners gereeld blootgestel word aan blokkiesraaisels en legkaarte.


Irma van As, die boekhouer van ACVV Kimberley, vul saam
die inwoners blokkiesraaisel in. Hulle geniet dit vreeslik baie.


Daar is min dinge so lekker soos die son in die winter. So
om "breinoefeninge" in die son te doen, word daar twee
vlieë met een klap geslaan ...

Gaan maak 'n draai by die ACVV FB vir nog foto's.