Showing posts with label Geseënd. Show all posts
Showing posts with label Geseënd. Show all posts

Wednesday, 12 August 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Is jy ook so geseënd?

'n Belastingbeampte kom by my: "Watse besittings het jy?"
''Ek is rêrig baie ryk,'' sê ek.
Belastingbeampte: "Gee my 'n lys van als!"
Ek: "Wel, ...
1. Ek het die EWIGE LEWE - Joh. 3:16
2. Ek het 'n HUIS in die hemel - Joh. 14:2
3. Ek het VREDE wat alle verstand te bowe gaan - Fil. 4:7
4. Ek het onuitspreeklike VREUGDE - 1 Pet. 1:8
5. Ek het LIEFDE wat nooit vergaan nie - 1 Kor. 13
6. Ek het familie en vriende, wat vir my omgee en bid ...
Sien, ek is skatryk!"

Wednesday, 8 October 2025

Saligsprekinge van 'n senior burger

Geseënd is diegene wat verstaan dat my gang moeilik is en dat my hande bewe.
Geseënd is hulle wat begryp dat my gehoor swak is en moeite doen om harder te praat. 
Geseënd is hy wat weet dat ek nie meer so goed kan sien, en alles dadelik begryp nie.
Geseënd is hulle wat nie brom as ek iets laat val of op die tafel omstamp nie.
Geseënd is hulle wat my toelag of 'n praatjie met my aanknoop.
Geseënd is hy wat nie sê: "Dit is nou die derde keer dat u dieselfde geskiedenis oorvertel."
Geseënd is die kalme luisteraars wat my die dae van my jeug oproep.
Geseënd is hulle wat my laat voel dat ek bemin word en my met eerbied behandel.
Geseënd is Hy wat vir my die gang na die ewige tuiste maklik maak.
Geseënd is almal wat goed vir my is en my aan die GOEIE GOD laat dink.

[Nuusbrief Vroueaksie Oos-Transvaal September 1986]