Showing posts with label Tyd. Show all posts
Showing posts with label Tyd. Show all posts
Thursday, 29 January 2026
Tuesday, 25 March 2025
Friday, 21 February 2025
Elke uur van die horlosie het 'n boodskap
EENUUR:- sê vir my ek lewe net eenmaal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd op aarde reg gebruik.
TWEEUUR:- sê ons het net 2 ouers wat ons moet liefhê en gehoorsaam.
DRIEUUR:- herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet. .. liefhê, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
VIERUUR:- herinner my aan die 4 windstreke (Noord, Suid, Oos en Wes) en dat ek, waar ek ookal gaan, God se kompas (my Bybel) nodig het om vir my rigting aan te wys.
VYFUUR:- dui op die 5 vingers aan elke hand waarmee ons moet werk om ons brood eerlik te verdien en diensbaar vir die Here te wees.
SESUUR:- sê vir my dat ek ses dae van die week moet werk.
SEWEUUR:- sê dat ek op die sewende dag moet rus.
AGTUUR:- laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sonvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus my skuiling soek.
NEGEUUR:- herinner my aan die 9 melaatses wat nie teruggekom het om die Here te dank na hulle gesond geword het nie, en maan my om altyd dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.
TIENUUR:- herinner my aan die 10 jong meisies waarvan 5 nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie, en vermaan my om nie so dwaas te wees nie.
ELFUUR:- herinner my aan so baie mense wat tot elfderuur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom.
TWAALFUUR:- sê vir my die genadetyd is haas verby. Middernag kom die bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agter bly as hy sy kinders kom haal nie.
Elke tik van die horlosie. Elke klop van die hart bied 'n geleentheid! Amen!
[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur van hierdie boodskap.]
Labels:
Boodskap,
Horlosie,
Rosetta Venter,
Tyd,
Uur
Tuesday, 21 January 2025
Tuesday, 7 January 2025
Wednesday, 24 July 2024
Die tydglas loop uit ...
Goeiedag Almal
Ek bring geensins nuwe nuus as ek sou beweer dat elkeen van ons op hierdie liewe aarde aan die worstel was-is-sal wees ...
Ons geboorte het gepaardgegaan met 'n worsteling! Vra jou Ma!
En dan was ons grootword en oudword ook ook gevul met Lief en leed!
Hier in die Hexvallei het ek oor meer as 10 jaar geleer dat Tafeldruiwe-boerdery nie vir sissies is nie! Swaarkry, swaar werk, swaartrek, skades en seëninge almal in 'n ry soos 'n lekker Karoo-lam-sosatie!
Lees gerus Ps. 73 en 37 saam met Liedboek 200:1,2,3 asook Rom. 2:4 net om 'n paar te noem.
Seënwense
Brahm
Ek is van oortuiging dat die Here met my en met ons in hierdie tyd praat oor die tyd wat God aan ons gee om te 'Ora et Labora' (Bid en Werk) want die 'tydglas' loop uit!

Thursday, 5 January 2023
Tyd is 'n deposito in God se bank
Moenie dink jy beteken niks & God gee nie om nie.Onthou in Sy Woord sê Hy: jou naam is in My handpalms ingegraveer
en My oog sal op jou wees.
Jy is uniek en God het jou lief!
Hy neem jou gisters, Hy hou jou môres,
Hy gee jou vandag en Hy belowe jou 'n ewige lewe.
Tyd is deposito wat elkeen van ons in die bank van
God het en ons weet nie wat die balans is nie.
Maak dus elke oomblik die moeite werd.
Mag die Vader jou vandag seën bo al jou verwagtinge!
Mag jy 'n uitsonderlike dag geniet!!
Wednesday, 29 December 2021
'n Jaar is byna verby ...
Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het,
en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes
hardloop
om net op 'n beter plek te kom as gister,
soms op my knieë geval,
omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie.
Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of
omdraai.
Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk,
van hulle het ek op pad verloor maar dis okay ...
daar was dorings wat my vele kere gesteek het,
sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie ...
maar dis ook okay ...
Dit was 'n lang pad,
soms sonder water,
soms sonder suurstof,
soms met geskeurde skoene,
maar dit was 'n goeie pad ...
Iets geleer?
Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie, maar wel net saam met jou.* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie.
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie.
* Dat min mense jou enduit gaan help.
* Dat beloftes soms leë woorde is.
* Dat opgee nooit n opsie is nie.
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê.* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees.
Ja, daar was goed én sleg,* Dat om moed te verloor nie 'n opsie is as 'n mens regtig iets wil bereik nie.
maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê ...
Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het,
ek het by elkeen iets geleer.
Wat nou voorlê weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Ek beter skoene moet kryReis veilig ....
* 'n Groter rugsak
* Meer water en
* Soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak ...
wees lief vir mekaar ...
help mekaar ...
droom saam ..
lag saam ...
maak tyd vir mekaar.
Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2021 kon dra.
Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2022
en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie ...
Mag die laaste dae van 2021 net vol sonskyn en liefde wees
en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.
Mag 2022 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jou lewe.
[Onbekend - ontvang via WA]
Friday, 4 June 2021
Wednesday, 10 February 2021
Monday, 5 October 2020
Saturday, 17 November 2018
’n Duisend albasters se tyd ...
Dit was ’n Saterdagoggend. Sy gunstelingtyd. Hoekom sou dit so wees, het hy gewonder, dat hy so besonder baie van hierdie stukkie tyd hou?
Uiteindelik het hy besluit dat daar ’n klompie redes is. Dis die stilte, want die res van sy gesin slaap nog en daar heers ’n kalm vrede in die huis. Hy geniet ook die luukse daarvan om rustig sy koerant te lees, sonder ’n horlosie wat hom werk toe jaag. En dan ook die opwinding van die dag wat voorlê – dalk hou dit ’n heerlike verassing in!
Toe maak hy die som. Iemand wat 75 jaar lank leef, het 3 900 Saterdagoggende. Heerlik! Maar toe besef hy dat hy reeds 55 is en moontlik net 1 000 Saterdagoggende oorhet. In plaas van om hartseer te wees oor die tyd wat verby is, wou hy seker maak dat hy dít wat oor is, geniet. En so is “’n Duisend albasters tyd” gebore.
Die man het ’n groot deurskynende bak gaan koop en dit met een duisend albasters volgemaak. Dit was sommer ’n hele klomp! Daarna het hy elke Saterdagoggend een albaster uit die bak gehaal. So kon hy sien hoe die tyd verbygaan, maar ook hoeveel tyd nog oor is. Kosbare, heerlike Saterdagoggende. Elke albaster wat hy uitgehaal het, was ’n geskenk. Daarom het hy dit ten volle geniet – van sy eerste koppie koffie af totdat die son sak. Dit het hom ook gehelp om te fokus op dinge wat vir hom regtig belangrik is. Soos familie en vriende, want tyd saam met die mense vir wie jy lief is, raak stadigaan minder. Soms verdwyn dit sommer opeens, lank voordat die albasters in jou bak op is. Elke oomblik is kosbaar.
Teen die tyd wat hy die laaste albaster uitgehaal het, het hy besef sy oorblywende Saterdagoggende raak nou regtig min. En dat elkeen wat gaan volg, selfs nóg meer besonders is. Nog ’n kans om die wonder van die lewe te geniet. En hy het.

Thursday, 20 September 2018
Thursday, 12 July 2018
Tuesday, 15 August 2017
Tuesday, 13 June 2017
Subscribe to:
Posts (Atom)