Wednesday 24 July 2024

Die tydglas loop uit ...

Goeiedag Almal

Ek bring geensins nuwe nuus as ek sou beweer dat elkeen van ons op hierdie liewe aarde aan die worstel was-is-sal wees ...

Ons geboorte het gepaardgegaan met 'n worsteling! Vra jou Ma!

En dan was ons grootword en oudword ook ook gevul met Lief en leed!

Hier in die Hexvallei het ek oor meer as 10 jaar geleer dat Tafeldruiwe-boerdery nie vir sissies is nie! Swaarkry, swaar werk, swaartrek, skades en seëninge almal in 'n ry soos 'n lekker Karoo-lam-sosatie!

Lees gerus Ps. 73 en 37 saam met Liedboek 200:1,2,3 asook Rom. 2:4 net om 'n paar te noem.

Seënwense
Brahm

Ek is van oortuiging dat die Here met my en met ons in hierdie tyd praat oor die tyd wat God aan ons gee om te 'Ora et Labora' (Bid en Werk) want die 'tydglas' loop uit!

No comments:

Post a Comment