Sunday 14 July 2024

Oomblik van stilte: Gebed

Heer, in die stilte van hierdie oggenduur
aan die begin van hierdie dag,
kom ek na U toe vir vrede,
vir wysheid en vir krag.
Help my om die wêreld vandag te sien
met oë van liefde,
om altyd geduldig, begrypend en sag te wees.
Om deur die voorkoms van dinge te kyk,
en U kinders te ken soos U hulle ken - geestelike wesens op ‘n pad van lig.
Maak my ore doof vir skinderpraatjies,
weerhou my tong van die onvriendelike woord.
Laat my só vol blydskap wees, so vriendelik,
dat almal naby my U teenwoordigheid voel.
Maak U woning in my hart, o HEER,
en laat U lig, U liefde en krag
elke uur van hierdie dag deur my werk en straal
tot seën van alles en almal om my.
AMEN.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment