Sunday 28 July 2024

Oomblik van stilte: 2 Timoteus 2:9b

..., maar die woord van God is nie gebonde nie.

Moet nooit die Woord van God in jou daaglikse lewe onderskat nie. Sy Woord is kragtig, lewend en aktief en kan bereik dit wat Hy gesê het. Dit mag lyk of jou situasie onveranderbaar is, maar Sy Woord is meer kragtig as dit, Sy Woord verander nie, en dit sal jou deur jou situasie dra.

Gebed: Vader, dankie dat ek op U kragtige en voortdurende Woord in my lewe kan reken. As U dit sê, glo ek dit en dit is dit! Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment