Kersfees is 'n tyd waar 'n mens 'n bietjie stilstaan en dankie sê vir al die mense wat deur die jaar jou pad gekruis het. In ons besige lewens laat ons hierdie belangrike gebaar baie keer na.
Die personeel van Ons Huis is altyd vriendelik en liefdevol. Hulle werk met soveel deernis en omgee met die inwoners. Die afgelope naweek is daar vir elkeen van hulle so 'n dankie-pakkie van Welkom gegee. Op die foto is van die personeel wat dié naweek nagdiens in die verswakte afdeling gedoen het. Op die foto is Bernice Nyl, Virginia Madibane, Lady Tshipinyane en Maryna Davids.
Daar is ook vir die inwoners in hierdie afdeling so 'n pakkie gegee. Dankie vir Karin Herbst, Ronell van Wyk, Shamany Cloete en Sarah Welman vir hulle bydraes. Dit word baie waardeer. 'n Groot dankie aan die personeel wat so getrou hierdie belangrike werk 24/7 doen.
Showing posts with label Karin Herbst. Show all posts
Showing posts with label Karin Herbst. Show all posts
Tuesday, 17 December 2019
Friday, 20 September 2019
Versprei die woord - ons sien julle daar!!!
ACVV Maatskaplike Dienste hou die 5de Oktober 2019 basaar. Ondersteun die goeie doel deur enige donasies te skenk. Ons sien uit daarna om saam met u te werk. Gaan loer hier vir idees vir die kindertafel.
Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za
Dankie vir almal se ondersteuning.
Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za
Dankie vir almal se ondersteuning.
Labels:
Basaar,
Cindy Greyling,
Donasies,
Karin Herbst
Thursday, 12 September 2019
Ons eerste basaar ...
![]() |
| Karin met van die produkte in wording! |
Ons hoop dat almal so in die stillligheid besig is om daadwerklik skouer aan die spreekwoordelike wiel te sit, sodat ons die Kimberliete Saterdag, 5 Oktober, na hulle asems kan laat snak en na hulle beursies laat gryp.
Ons het egter bewyse gekry wat die kinderklante van die kindertafel en die lekkergoedtafel baie opgewonde gaan maak.
Mev. Karin Herbst, uit die verre Vrystaat is besig om met entoesiasme houers van hasies, kameelperde, wurms en vele ander karakters uit die diereryk te maak.
Ons sien uit na die veelkleurige tafel wat die sintuie van oud en jonk gaan aanspreek.
Subscribe to:
Posts (Atom)





