Tuesday 17 December 2019

'n Dankie-gedagte ...

Kersfees is 'n tyd waar 'n mens 'n bietjie stilstaan en dankie sê vir al die mense wat deur die jaar jou pad gekruis het. In ons besige lewens laat ons hierdie belangrike gebaar baie keer na.

Die personeel van Ons Huis is altyd  vriendelik en liefdevol. Hulle werk met soveel deernis en omgee met die inwoners. Die afgelope naweek is daar vir elkeen van hulle so 'n dankie-pakkie van Welkom gegee. Op die foto is van die personeel wat dié naweek nagdiens in die verswakte afdeling gedoen het. Op die foto is Bernice Nyl, Virginia Madibane, Lady Tshipinyane en Maryna Davids. 

Daar is ook vir die inwoners in hierdie afdeling so 'n pakkie gegee. Dankie vir Karin Herbst, Ronell van Wyk, Shamany Cloete en Sarah Welman vir hulle bydraes. Dit word baie waardeer. 'n Groot dankie aan die personeel wat so getrou hierdie belangrike werk 24/7 doen.











No comments:

Post a Comment