Showing posts with label Oumas. Show all posts
Showing posts with label Oumas. Show all posts

Friday, 20 December 2024

Aan al die mooi vouens wat hier lees en ons oumas in die tehuis*

🌀Wat maak my swak? My vrese.
🌀Wat maak my heel? My God.
🌀Wat hou my staande? My geloof.
🌀Wat maak my goedhartig? My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.
🌀Wat maak my eerlik? My integriteit.
🌀Wat hou my gedagtes skoon? My soektog na ware kennis.
🌀Waaruit leer ek die beste lewenslesse? My foute.
🌀Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie? Dit is nooit 'n opsie nie.
🌀Wat maak my suksesvol? My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
🌀Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen? My selfvertroue.
🌀Wat maak my mooi? My alles!
🌀Wat maak my 'n vrou? My hart.
🌀Wie is ek? Ek is voluit vrou!

🔹Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;
🔹Vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;
🔹Vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.

* Dankie, Oumas, dat julle vir ons jonger geslag 'n voorbeeld gestel het. 

[Dankie, Rina, vir die aanstuur van hierdie mooi gedagte.]

Sunday, 14 May 2023

Moedersdag

Ons oumas ken die Here goed, want hulle praat al lank met Hom.
Baie dankie, Ouma, vir die voorbeeld wat u vir ons stel.
Ons is baie lief vir u.
Gelukkige Moedersdag vir elke ouma in Ons Huis.

Thursday, 12 January 2023

Wat is 'n ouma?


Oumas is tannies wat nie kinners het nie
en daarom het sy anner mense se kinners lief.
'n Ouma hoef niks te doen nie,
sy moet net daar wees.
As 'n mens saam met 'n ouma stap,
staan sy by mooi goed soos parastoele en goggas stil
sodat jy kan kyk.
Oumas sê nooit jy moet gou maak nie.
Oumas is gewoonlik vet,
maar nie te vet om 'n kind se skoene vas te maak nie.
Oumas dra 'n bril en snaakse onderklere 
en kan hul tanne en tandvlyse uithaal.
Oumas hoef nie slim te wees nie,
hulle moet net weet hoekom bakly katte en honne
en hoekom het hoenners vere en kan nie vlieg nie
en ouma moet ook weet wat is husse met lang ore.
Almal moet tog probeer om 'n ouma te hê,
want hulle is grootmense wat altyt tyt het om met kinners te speel.

Sunday, 9 May 2021

Saluut, ouma Sannie!

Jy was ongeneeslik fluks. Tot my ongeneeslike irritasie, veral toe ek ‘n tiener was wat net wou lees en droom. Ek sien jou weer in Sutherland se koue verbystoom met opgeskuifde moue. Ek kla ek kry koud. “Jy moet net werk, my kind!” Jou werksetiek was so onvernietigbaar dat ek in my lewe nooit, ooit vir ‘n oomblik sal kan lui wees sonder dat my gewete my bloots ry nie. Jy was ongeneeslik onselfsugtig. Ek wens ek kon net naastenby so wees. Ek werk al jare lank hard daaraan om hierdie erfenis opsy te skuif. Ek kan nou al selfs my persoonlike behoeftes voor dié van my gesin stel. Soms. Vir ‘n klein rukkie.

Jy was die nederigste mens wat ek ooit geken het. Toe jy oud en swak was en ek dit verskriklik gevind het om jou in die stort te moet help, het jy met daai twee diepbruin oë na my toe opgekyk en ek het geen vernedering of seergemaakte trots daarin gesien het. Net vertroue. En dit het ‘n vreugde geword om jou te help.

Saluut, ouma Sannie! Ek kan nie glo dis al ses jaar nie. En ja, ek dink nog steeds soms wat ek in daardie laaste tyd anders sou doen as weer die kans kon kry. En is steeds nederig dankbaar dat ek die een kon wees wat jou laaste nag met jou kon deel, wat jou hand tot die einde kon houvas en nou jou eenvoudige trouring met trots en liefde kan dra.

NS. En nee, ek het haar nooit, ooit gejy en gejou nie.

NS. En ja, ek sit met ‘n glas wyn en tjank dat dit klap. Ek hoop my lesers ook – dis goed vir die gees.

[Hierdie stukkie pos het anoniem op my tafel geland. Ek weet nie wie dit geskryf het nie en ook nie wie die besondere ouma Sannie was nie. Maar ek deel dit graag met almal wat al hierdie paadjie geloop het. Indien iemand weet, stuur asb. die besonderhede.]

Klik HIER vir nog Moedersdagwense.

Thursday, 20 July 2017

Friday, 28 April 2017

Wednesday, 29 March 2017

Tuesday, 28 March 2017