Friday 31 May 2019

Ons Huis: Onthou jy nog?

"Hop Scotch - Pouses - Wys die kinders selfs tuis  - Hou almal besig." Pieter Bosman

"Ons doen dit nog . The Remedial, Occupational Therapists and the Toy Library helps to stimulate the large muscles." Laurel Magubane

Kyk ook hier vir nog foto's.

Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!

Sunday 19 May 2019

Thursday 16 May 2019

Uitdagings voor die deur van Ons Huis!

Duur mediese en kombuistoerusting 

Insameling van FONDSE vir die versorging van bejaardes 

Meer BETROKKENHEID van inwoners se KINDERS op welke wyse

Stygende versorgingskoste

Stygende personeelkoste 

Verswakking van inwoners

Wednesday 15 May 2019

Tuesday 14 May 2019

Friday 10 May 2019

Goue reëls van vriendelik wees ...

Wees vriendelik en bedagsaam teenoor oues en swakkes.
Wees simpatiek teenoor diegene in verdriet of die ongelukkiges.
Wees geduldig met die onverdraagsames.
Wees hulpvaardig en beleefd teenoor die armes.
Wees bedagsaam teenoor jou werkers.
Beoefen vriendelikheid elke dag teenoor almal en doen dit die hele dag deur.
Wees vrygewig met jou glimlaggies - hulle kos min, terwyl jy 'n oorvloedige oes van geluk sal insamel..
Gebruik asseblief en dankie dikwels en jy sal vind dat dit jou loon.


(Ingestuur: Corrie Roux uit Skitter en Skater  ACVV Okt. - Des. 1996)

Wednesday 8 May 2019

Cherish your memories ...


Cherish your memories because
nothing is as it was before and nothing
will ever be the same again ...

Times may change and there will be
good days and bad days but in the
end life will go on ...

New stories will be made, 
the sun will shine, 
days will be bright 
and flowers will bloom ...

Never lose hope and always
hold on a little longer ...

7 klippies ..

Daar's sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.

Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir n baas
Kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde tot jou knië daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!

Saturday 4 May 2019

Kitty se noedelresep ...

Ek het hierdie resep anoniem gekry, (dalk Kitty self?) en plaas dit soos ek dit gekry het.

1.  gaar noedels/macaroni
2.  groen peper
3.  gerasperde ui
4.  1/2 koppie blatjang
5.  1/2 koppie tamatiesous
6.  1/4 koppie asyn
7.  1/4 koppie kookolie
8.  1/4 teelepel kerriepoeier
9.  4 druppels tobascosous

Meng alles en geniet! 

Thursday 2 May 2019

Wenslys


Ons Huis benodig die volgende: 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels vir die onderdak stoepe.
Toiletware

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Wednesday 1 May 2019

8 888 mense het die afgelope tyd elektronies kom inloer by Ons Huis!

26 April 2019 het ons aantal besoekers op 8 888 gestaan.
Dis so lekker om te weet daar is lesers wat in Ons Huis
se wel en weë belangstel! 

International worker's day!