Friday 10 May 2019

Goue reëls van vriendelik wees ...

Wees vriendelik en bedagsaam teenoor oues en swakkes.
Wees simpatiek teenoor diegene in verdriet of die ongelukkiges.
Wees geduldig met die onverdraagsames.
Wees hulpvaardig en beleefd teenoor die armes.
Wees bedagsaam teenoor jou werkers.
Beoefen vriendelikheid elke dag teenoor almal en doen dit die hele dag deur.
Wees vrygewig met jou glimlaggies - hulle kos min, terwyl jy 'n oorvloedige oes van geluk sal insamel..
Gebruik asseblief en dankie dikwels en jy sal vind dat dit jou loon.


(Ingestuur: Corrie Roux uit Skitter en Skater  ACVV Okt. - Des. 1996)

No comments:

Post a Comment