Showing posts with label Moedeloosheid. Show all posts
Showing posts with label Moedeloosheid. Show all posts

Saturday, 14 October 2023

‘n Flentertjie in die wind

'n Papiertjie lê in die pad. 
Hy is geskeur, gefrommel, jy sien dit, maar stap verby. 
Die windjie waai en hy word saamgevoer. 
Iewers sal hy sy eindbestemming kry. 
Dalk op 'n ashoop, dalk in water. 
Voel jy vandag so nutteloos, of die wind jou maar moet meesleur? 
Is jou kragte klaar? 
Hoeveel keer sê ons: "Laat die winde maar waai, hul sal weer gaan lê!" 
Dis die storm voor die stilte. 
Vandag praat ons oor jou. 
Dalk is jy vandag die 'papier'. 
Daardie stukkie opgefrommelde papier kan jy optel, maar nooit weer sal hy dieselfde wees. 
Jy kan hom stryk, jy kan las, jy kan plak. 
Jy weet dit wat hy was, sal nooit weer wees. 
Maar vandag wil ek vir jou sê: "Jy kan daardie 'papier' wees. 
Jesus kan en sal jou weer perfek maak soos wat Hy alleen kan. 
Die krisisse wat jy deurgaan, die pyn, die seer, vertrou op God. 
'n Papier sal waai en eendag sal hy tot keer kom. 
Waar ookal. 
So kan jy voel ... jy het geen plek. 
Nee, jy het! Weet dit! 
God sal jou bereik. 
Jy val, jy staan op en reeds is jy 'n entjie vorentoe. 
Waar ookal, jy is 'n Koningskind. 
Hy red weer! 
Sy liefde is joune, neem dit. 
Gryp dit vas! 
Dis daar vir my en jou. 
Moenie dat omstandighede jou neerdruk. 
Lig op jou kop en weet jy is SY KIND." 

GEBED: 
Heer, dankie vir U genade. 
Dankie dat U die winde om my stil.
Dankie dat U herstelwerk perfek is. 
Amen

Jesus het jou so vreeslik baie lief.
Hy is daar vir jou. 
Hy wil jou met Sy liefde omvou.
Skrywer onbekend.

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie met die lesers deel.]

Sunday, 6 November 2022

Die Rooi Sambreel


Partykeer in die lewe kom daar baie moeilike dae en dit voel asof die reën net nie ophou val nie.

Soms het jy net iemand nodig om jou nuwe sole aan jou skoene te sit, iemand wat bietjie beheer kan vat en jou op hulle rug sit en vir 'n rukkie dra.

Partykeer het jy iemand nodig om met naald en gare die gate in jou vlerke toe te stop, om jou daaraan te herinner hoe waardevol jy eintlik is!!

Soms het jy iemand nodig om saam met jou in stilte te bid en weet dat liefde net kan bestaan as God die Leidsman is. Partykeer moet jy iemand se rooi sambreel wees sodat jy die reën kan voel en weet dat storms verby sal gaan.

[Geleen HIER]

Tuesday, 18 October 2022

Dinsdag-denke: Moedeloosheid

Daar is geadverteer dat die duiwel sy gereedskap op ‘n veiling gaan aanbied vir voornemende kopers.
Op die dag van die verkope was die gereedskap uitgestal vir algemene inspeksie deur voornemende kopers, elke gereedskapstuk was gemerk met die reserweprys wat die duiwel daarvoor soek.

Dis was ‘n verraderlike versameling gereedskapstukke – Haat, Jaloesie, Leuens, Hoogmoed, Verleiding en nog baie meer.

Maar eenkant op ‘n afsonderlike tafel het ‘n gereedskapstuk gelê wat op die oog af baie onskuldig gelyk het, maar mens kon sien die stuk is al baie gebruik en die reserweprys was uitsonderlik hoog vir die stuk gereedskap.

“Wat is die naam van die gereedskapstuk?” vra een van die voornemende kopers, terwyl hy na die stuk wys. “Dit is Moedeloosheid,” antwoord die duiwel.

“Hoekom is die reserweprys so hoog?”

“Want dit is een van my mees waardevolste gereedskapstukke, meer waardevol as al die ander saam. Ek kan mense se harte oopdwing en ingaan met die gereedskap wanneer al die ander glad nie wil werk nie. Wanneer ek eers in hul harte is kan ek maak net wat ek wil met hulle. Ek weet die slytasie op die stuk is al baie, maar ek gebruik die stuk die meeste van almal omdat die meeste mense nie besef dat dit aan my behoort nie.

(Luk 18:1) En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

[Geleen]