Kom ons kyk na 'n legkaart wat uit sy boks op die tafel gegooi word. Alles lê deurmekaar, maar die bouer, die een wat dit bymekaar sit, weet wat hy doen as hy na die prentjie op die boks kyk.
Liewe Inwoner, jy voel dalk asof jy een van die legkaartstukkies is, in die deurmekaar hoop op die tafel. Daar is wanorde tans in jou lewe.
Dit wat bekend was, is versteur, die bekende het verander ...
Dalk gaan jy deur 'n moeilike fase met jou gesondheid. Jy het dalk 'n geliefde aan die dood afgestaan en jy voel op hierdie stadium soos iemand met 'n geamputeerde been.
Dalk is daar ander uitdagings wat onsekerheid tot gevolg het.
Wanneer die lewe aanstap, gebeur dinge.
Skielik moet 'n blyplek dalk opgegee word, en na 'n kleiner plek verhuis word, jy word van die bekende na 'n onbekende situasie gevat, waarvan jy nie hou nie, wat ervaar ons as mens wanneer sulke dinge gebeur - onsekerheid, wanorde!!!

Wat sê God se woord - God is nie 'n God van wanorde nie ... maar van vrede.
'n God van orde.
Jy mag dalk wanorde ervaar a.g.v. gebeure in jou lewe, omstandighede wat verander ... dit laat onsekerheid, maar God wil jou vandag kom gerusstel.
Hy sal in elke behoefte van jou voorsien.
[Internet]
No comments:
Post a Comment