Friday, 17 July 2026

Gedig: Jou Waardebepaling

Ek weet iets wat ek nou hier moet vermeld
die waarde van jou lewe word nie gemeet in geld
Wie en wat jy eintlik is, is lankal reeds bepaal
Jy is gekoop en vir jou is baie duur betaal

Deur druppels bloed van GOD se lam is jy uitgekoop
van alle onreinheid en sonde is jy nou skoon gestroop
geen mens kan jou waarde namens jou bepaal
GOD het vir jou die duurste, duurste prys betaal

SY seun se bloed het HY mildelik laat vloei
om los te breek die goed waarmee satan jou so boei
aan kruis gespyker met ‘n spies in SY sy
daar het hy gehang ... vir jou en my gely

Jy is nie ‘n ‘niks’ nie, jy behoort aan HOM
net soos jy is, kan jy na HOM toe kom
HY ontvang jou met SY arms wawyd oop
Jy behoort aan HOM, HY het jou duur gekoop

Belei al jou sonde gaan kniel nou voor HOM
die totaal van jou skulde? ZERO sê die som!
Roep HOM aan gaan staan voor sy troon
JY is meer werd as geld HY gee vir jou ‘n kroon.

No comments:

Post a Comment