Showing posts with label Karaktereienskap. Show all posts
Showing posts with label Karaktereienskap. Show all posts

Tuesday, 5 December 2023

Dinsdag-denke: GROTER DRUK

Hoe hanteer jy DRUK?
Druk is deel van ons lewens.
Selfs kinders op laerskool ervaar meer druk as ooit voorheen.
Die druk van die samelewing raak nie minder nie, dit neem drasties toe.
Die vraag is: Hoe HANTEER ons die druk?
Soos wat jy sterker GROEI in jou verhouding met MY, sê die HERE, versterk jou karakter en GEES.
Dit stel jou in staat om groter druk te kan hanteer.
Jy is tot ALLES in staat deur CHRISTUS wat jou KRAG gee (Fil 4:13).

Wednesday, 15 November 2023

Gaan dink gou mooi ...

Nie een van ons is dieselfde nie.
Nie eers naby nie. 
Binne-in jou het God ietsie ekstra gesit. 
Jy ken daardie vriendin wat net maklik lag.
Nou God het in haar 'n lepeltjie ekstra joy bygeroer.  
Dan ken jy daardie vriendin wat altyd so kalm kan bly, no matter what. 
God het in haar twee teelepels ekstra kalmte bygesit. 
So het ons elkeen iets ekstra gekry. 
Jou opdrag is eenvoudig, gaan deel jou ekstra vandag en elke dag verder vorentoe. 

As iemand ooit weer vir jou sê jy is te veel of te ekstra, dan sê jy: "My ekstra is nie God se hand wat geglip het nie, dit is 'n opdrag van God om dit met die wêreld te deel." 

[Dankie, Rosetta! Klik HIER om kennis te maak met die skrywer en motiveringspreker en lees gerus haar blog.]

Saturday, 5 September 2020

'n Belangrike karaktereienskap ...

Iemand skryf dat as sy net een karaktereienskap sou moes kies om deur die lewe te gaan, dan sal dit humor wees. Op sy beurt het Maarten Luther 500 jaar gelede gesê dat as God nie ‘n sin van humor het nie, dan sou hy nie juis in die hemel wou wees nie. Tog skryf Luther elders dat hy weet dat God hou baie van humor, want Hy het mense soos ons gemaak. Humor is nie net ‘n paar terloopse grappies nie. Dit is ‘n vrolike, ligte manier van leef. Let wel, nie ‘n ligsinnige of oppervlakkige manier van leef nie, maar ‘n ligter, sorgvryer leefwyse. Christus het immers al ons laste op sy eie skouers geplaas. Boonop voorsien Hy in al ons daaglikse behoeftes sodat ons ligvoets kan leef (Matteus 6:25-33). Humor en sorgvryheid kleur die lewe anders in. Dit omraam donker wolke met helderkleurige rame van hoop. Vergeet dadelik van W. C. Fields se advies: “Start every day off with a smile and get it over with.”

Lag meer. Bekommer minder. Maak tyd om vrolik te wees. Vier fees in die teenwoordigheid van die Here.

Iemand sê iewers vir ‘n vriend: “My vrou is ‘n engel.” “Jy’s gelukkig,” antwoord ‘n ander ou, “Myne leef nog!” Nou ja, soms loop jy mense raak wat jou laat voel jy’s in die teenwoordigheid van ‘n engel. Hulle lewens straal daardie ietsie ekstra uit wat jy in jou eie lewe misloop. Hulle weerkaats God se vrede. Vat maar vir Josef (Genesis 37-50). Omdat hy net geloop en geleef het waar God se Lig skyn, het hemelse guns hom omring. Vanaf die huis van Potifar tot in die tronk daar in Egipte het hy die Here se seën weerkaats. Wat ‘n rolmodel vir ons elkeen om vandag na te volg. Nog meer sulke menslike weerkaatsers van God se teenwoordigheid wat ligvoets leef word dringend gesoek! Gewone mense wat vol is van God se vrede en blydskap is immers waaroor die regte lewe gaan.

Stephan Joubert

(Bron: Internet)