Showing posts with label Bederf. Show all posts
Showing posts with label Bederf. Show all posts

Saturday, 15 December 2018

Die Rotariërs se omgeedames ...



Die Rotariër-dames het Saterdag, 17 November 2018,
die inwoners van Ons Huis bederf met tee en heerlike eetgoed.
Baie dankie vir hierdie onbaatsugtige gedagte ... die inwoners
het dit baie geniet. 'n Gewone Saterdag het sommer in
'n onthou-Saterdag vol kleur verander.



Foto's: ACVV FB

Wednesday, 24 October 2018

Ons Huis se klein tuinengele met groot harte ...

'n Maand terug het Laerskool Staats se Landsdiensgroep (die tuinengele met die groen vingers) Ons Huis se tuin kom verfraai en sowaar 16 Oktober 2018 doen hulle dit weer. Ons is só bly dat julle weer 'n draai hier gemaak het en dat julle nie tyd of stof ontsien het om akkers te maak nie. Dankie vir julle tuinspore wat julle hier los ... Onthou, julle is altyd welkom hier by Ons Huis!






Saturday, 22 September 2018

Landsdienslede met groen vingers ...

Lente is in die lug en orals bot bome en begin die lenteblommetjies hulle kop uitsteek. Ons hier by Ons Huis is baie lief vir blomme en mooi tuine, maar ons kan dit nie meer self doen soos in ons jonger dae nie. 'n Uit-die-hart-dankie vir  Laerskool Staats se Landsdiens-kinders wat Dinsdag, 18 September 2018 kom blommetjies plant het by die kliniek van Ons Huis. Dit lyk pragtig en blomme wat met soveel liefde geplant is, gaan baie lank blom! Besoek gerus die ACVV se FB vir nog interessante foto's!








Wednesday, 27 June 2018