Thursday 31 August 2023

Dink hieroor: Is jy 'n busryer?

Dis belangrik om met nostalgie terug te dink aan ons grootwordjare. Hier is 'n ongelooflike verhaal met baie om oor na te dink. Geniet dit en dankie Klaas Niemandt dat jy hierdie met die lesers deel. Ons hoop dat daar nog baie juweeltjies in dié koerant gaan verskyn. 

Klik HIER vir 'n antwoord op die vraag: Is jy 'n busryer?

Vrouemaand: Ek bid vir elke vrou vandag ...

Elke vrou wat deur 'n man verkleineer word
Elke vrou wat deur 'n man afgekraak word
Elke vrou wat deur 'n man vervloek word
Elke vrou wat deur 'n man fisies mishandel word
Elke vrou wat diep hartseer is en wie se trane amper alles opgehuil is
ALMAGTIGE HEMELSE VADER,
in die Naam van Jesus Christus,
bid ek vir hierdie vrouens ...
Die dief het in hulle lewens gekom,
net om te steel en te slag en te verwoes.
Gee aan elkeen van hulle hul gesonde selfbeeld terug.
Gee aan elkeen van hulle hul lag en vreugde terug.
Gee aan elkeen van hulle hulle vrede terug.
Verander elkeen van hulle se omstandighede en lewens,
ten goede ... tot U eer!
Elkeen van hulle glo saam my, dat niks by U onmoontlik sal wees nie!
IN JESUS NAAM! AMEN!

[Aangestuur - elke dag moet eintlik vrouedag wees en elke maand moet vrouemaand wees, sodat ons daagliks bewus kan raak van die belangrikheid van vroue. Meneer, stel vir jou seun 'n voorbeeld wat hy eendag kan navolg - dis belangrik dat vroue nie daagliks in vrees lewe nie.]

Bankbesonderhede



Tuesday 29 August 2023

Dinsdag-denke: Stukkende hartmens

Die pyn van ons hart het meer spesiale aandag nodig. Dit het die liefdevolle Teenwoordigheid en deernis van ons groot Geneesheer nodig.
 
As ons hoofpyn het, sluk ons 'n pil, as ons ons nerfaf geval het, plak ons 'n pleister en as iets ernstig fout is gaan ons hospitaal toe.

As ons hart stukkend is, weet ons dikwels nie waarheen om te gaan nie. Soms is die pyn eenvoudig te groot vir pille, pleisters en ander se pamperlang.

In sulke tye is dit nie jou beste maat, die mees ervare berader of die grootste hartdokter wat jou pyn kan verlig nie. Hulle kan luister, troos en raadgee. 'n Bietjie salf aan jou wonde smeer, maar niks kan daardie diep seer sommer net laat verdwyn nie.

Wanneer jou hart so bloei, is daar net een plek waar jy verligting kan kry - by die voete van jou Vader.

Wanneer jy jou lewe voor Hom uitstort, sal jy ervaar hoe vrede in jou hart invou.

Hoe dieper die wond, hoe meer tyd het jy by Hom nodig. Hoe groter die seer, hoe ryker is Sy genade en ruimer Sy liefde.

Mag jy altyd onthou waarheen om te gaan wanneer jou hart pyn en mag jy die eenheid met Hom vind dat jy mettertyd heel word - en weer met hart en siel kan leef.

Vader, soms is my hart regtig flenters-seer, wanneer ek myself in 'n kokon wil toespin.
Dankie dat U in sulke tye die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die groot seer sien.
Dankie vir U sagte hand van liefde wat my dra tot ek weer die wêreld kan begroet.
Dankie dat U by uitstek 'n Vader vir mense met stukkende harte is.
Amen

Monday 28 August 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Psalm 23

Die Here sorg vir my
soos 'n herder wat Sy skape oppas;
ek het niks meer nodig nie
Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede!
Omdat die Here by my is,
bekommer ek my nie.
Wanneer ek moedeloos word,
laat Hy my die lewe weer anders sien!
Hy gee my krag om elke dag reg te lewe!
Soos 'n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens Sy wil te lewe.
Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word
dat ek nie weet watter kant toe nie,
sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie,
want U is altyd by my!
Dit troos my dat U my lei en beskerm.
U laat my veilig voel.
Soos 'n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor;
hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk.
U behandel my soos 'n spesiale gas;
ek geniet alles in oorvloed.
U sal vir my goed wees
en my liefhê so lank as wat ek lewe;
ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan!
AMEN

*Lees dit vandag as 'n gebed om versterking te kry!!

[Anoniem]

Sunday 27 August 2023

Besin oor die ouderdom ...

Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy ouer wil wees, is wanneer ons kinders is?

Jonger as tien, is jy so opgewonde oor ouer word, jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" 
"Ek is vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.

Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?"
"Ek gaan binnekort 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.

Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja ... jy WORD 21!

Dan raak jy 30.
Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suurmelk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.

Dan NADER jy 40 ... nee, bly daar!

En jy BEREIK 50.

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

"Goeie genugtig. Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

Teen daardie tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag ...

In jou 80's, jy TREF middagete,
jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.

Aarde, jy koop nie eers groen piesangs nie.

Dis nog nie die einde nie.

In jou 90's gaan jy weer agteruit.

"Ek was NOU NET 93"

As jy 100 sien, gebeur daar 'n vreemde ding.

Jy raak weer soos 'n kind - "Ek's 100 en 'n half ..."

Saturday 26 August 2023

Sonde met die bure

[Ansie Janse van Rensburg]

Gister lees ek van `n man wat so kwaad geword het vir sy bure, dat hy `n lewensgrote beeld van `n vuis met `n uitgestrekte middelvinger op sy grasperk staangemaak het. Die beeld spreek `n duisend woorde en nie een is baie vleiend nie! Deur die jare het ek `n paar keer verhuis en het met rare karakters `n straat gedeel. Die stukkie in die Bybel wat handel oor 70 maal 7 keer vergewe, het duidelik sonde met die bure in gedagte gehad. Daar is `n Engelse spreekwoord wat lui: ” Good fences make good neighbours." Vir party het jy meer nodig as hoë mure en senuwees van staal ...

Bure no.1 is albei doof soos mossies. Hulle honde blaf die hele nag en dag vir die maan, bome, gras en mekaar, terwyl mnr. en mev. rustig slaap. Probeer jy hulle skakel, lui die foon net. Nou bombardeer ek hulle posbus met advertensies vir gehoorapparate en kommunikeer in ongemagtigde vingertaal indien ek by hulle in die straat verbyry.

Bure no.2 was kandidate vir die Jerry Springer Show. Elke Saterdagaand het ek `n groot bak springmielies gemaak, my sielkunde 101 handboek gegryp en op die stoep gaan wag. Darwin se moses! Ek begin twyfel of sommige takke van ons Homo Sapiens-spesie nie tog maar van ape afstam nie? Die hele straat ken elke detail van mnr. X en mev. Y se lewe. Teen die tyd dat mnr. X se ongehude dogter by hulle kom inwoon en swanger raak met mev. Y se Aura-terapeut en mnr. X vir mev. Y agter die deur vang, terwyl hy self daar staan met `n eks-eksotiese danseres van Nigel, trek hulle weg. Saterdae-aande was nooit meer dieselfde sonder mnr. X en mev. Y nie!

Dan kry jy die sportmalbure. Die ingang van hulle oprit lyk soos Loftus. Vlae en plakkate net waar jy kyk. Buurman het meer rugbytruie as die hele Bloubulspan saam en vroulief dra biltong en bier aan, terwyl die kommentator van die jaar homself posisioneer voor die groot skerm. Dan begin die sports: Die skeidsregter se brein word vergelyk met 'n Amoeba in `n oseaan, die spelers word gereduseer tot amateurs met voete van klei en kokosneutbreine en elkeen kry `n bynaam wat ek nie op hierdie blog mag noem nie. Buurman is darem `n ekspert wat 20 jaar gelede derdespan rugby op skool gespeel het!

Bure no.4 is herdoop tot die Boerebure. Vroegdag kraai hulle Judas-haan jou wakker: Maandag tot Sondag. Nie lank daarna nie, hoor jy die gebrul van buurman se mini-trekker cum grassnyer wat klokslag 6 uur elke Saterdagoggend aangeskakel word. Die grasperk is net 6×6 meter, maar buurman neem `n volle uur om dit te sny, want hy ry tog te lekker op en af op sy trekkertjie met `n koppie boeretroos in sy hande. Mamma leef nog in die metafisiese ruimte van hulle 10 hektaar plaas naby Potch en gil bevele op die tuinjong wat gedwee twee meter van haar af staan.

Laastens, maar met spesiale verwysing, is daar die partytjiebure. Vrydagaande begin die motors jou straat vol parkeer en die karakters wat uitklim herinner jou aan Poeksie en Worsie van Orkney snork nie. Die musiek begin mak met `n paar Bles-ballades en bou stelselmatig genoeg desibels op om jou wynglas te laat kraak. Soos die rooiwyn en Valiums inskop, koester ek allerhande wraakplanne: betree die vyand se vesting en bestel 100 reuse pizzas vanaf hulle telefoon, gooi `n sigaretaansteker in elke motor se uitlaatpyp en wag vir Guy Fawkes-dag om aan te breek (moet dit liefs nie by die huis probeer nie) Teen ligdag wanneer die laaste note van Going back West wegsterf, het ons 8 keer ge-De-la-ry-ry-ry en ek ken Baby Tjoklits tot by die laaste komma en spoegspatsel. Tussen partytjiebure en boerebure, het ek darem `n uur kon slaap, dit is as die dowe bure se honde nie blaf vir die sportmal bure se vlae wat in die windjie wapper nie!

[Geleen by Solidariteit Blog - besoek hulle gerus HIER]

Gaan lees ook HIER van Langenhoven se Sonde met die bure. Beter nog, skaf gerus hierdie Afrikaanse juweel HIER aan. 

Thursday 24 August 2023

Ek weet my God bly in beheer ...

'n Gelowige boer het een perd besit waarmee hy ’n groot klomp werk op sy plaas gedoen het. Een stormagtige aand met rammelende donderweer en blitsende weerlig, ruk die perd los en hardloop weg. Toe die gelowige boer se ongelowige buurman dit hoor, sê hy: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar was jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het kalm geantwoord: “Sleg of nie. Dit het nou gebeur, maar ek weet my God bly in beheer.”

’n Paar dae later, tot almal se groot verbasing het die vermiste perd na die boer se plaas teruggekeer waar hy gewoond was om kos en water te kry - die keer het ’n groot trop wilde perde hom uit die berg gevolg. Die boer het die kamp agter die perde toegemaak en oornag ’n trop perde bygekry. Die ongelowige buurman het dit gesien en gesê: “Sjoe, dit is nou blote geluk.” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Ek weet my God bly in beheer.”

Kort hierna besluit die gelowige boer se seun om een van die wilde perde in te breek. Hy het op die perd geklim, maar sy voet het gegly en in die val het hy sy been gebreek. Toe die ongelowige buurman daarvan hoor, het hy gesê: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar is jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Dit het nou gebeur. Ek weet my God bly in beheer.”

’n Paar dae later het gewelddadige, gewapende huursoldate aan die gelowige boer se deur geklop. Hulle het vereis dat hy sy seun saam met hulle moes stuur. Toe die huursoldate egter sien dat die seun se been in gips is, het hulle gesê: “Ag nee wat, hierdie seun sal vir ons niks beteken nie.” Hulle het omgedraai en weggestap. Stil het die gelowige boer sy oë gesluit en God vir sy beskerming geprys.

Ouderdom

In ouderdom neem ons almal toe van dag tot dag,
ons lewe vlieg by ons verby;
dit is die boodskap van die klok se slag.
Tog, dis tyd wat benut moet word;
genadetyd ...
Kort is die aardse tyd,
en lank die ewigheid!

Wednesday 23 August 2023

81 000 e-kuiers





Bogenoemde getalle gee 'n aanduiding wat hier gebeur. In minder as 'n week, besoek nog 'n 1000 mense dié blog. Baie lesers stuur gereeld bydraes in wat meer as welkom is. Dankie vir elkeen se besoekie, stories, verhale en kommentare.  

Indien jy foto's of stories het wat ons kan plaas, moenie huiwer om dit per e-pos te stuur nie. E-posadres is bo in die regterkantste hoek. 

Geniet die e-kuiers en deel die skakel met jou familie en vriende.

National Sponge Cake Day

It is National Sponge Cake Day. What do you to do celebrate, you ask? You eat sponge cake of course! Enjoy it!!

Woensdagwense: week 33

 

Tuesday 22 August 2023

Be An Angel Day

On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.

A big thanks to Ons Huis' angels:
  • Cherine Senekal
  • Annette Cameron
  • Betsie du Plessis
  • Christa Jaquire
  • Forbie Klindt
  • Jacoba du Plessis
  • Jolande de Wet
  • Millie Mouton
  • Percy Bell
  • Talana van Wyk
  • Carien

Twyfelhoekie: Moet nooit ophou opstaan nie

In elke mens se lewe kom daar fases van heel bo leef - op die top en kruin van jou lewe - en fases van heel onder wees - plat op jou maag en teen die bokskryt.

Een van die grootste uitdagings is sekerlik om te kom waar jy eens was, of selfs beter af te wees as waar jy was. Maar die geheim is om dit te bly glo. Bly hoop en vashou aan die wete dat jy weer sal kom waar jy was.

Hoe lank jy plat op die grond lê, word egter deur karakter bepaal. Sommiges lê lewenslank nadat hulle platgeslaan is. Ander kan dadelik weer opstaan. Wie jy ook al is, en wat die omstandighede ook al is, 'n mens kom weer op die punt waar jy was - selfs nog beter. Aan daardie stukkie hoop moet 'n mens vashou. Jy moet dit koester en laat groei.

Mense praat soms van hul tweede lewe, hul derde geleentheid, hul vorige krisis of hul ergste beproewing.

Deur dié dinge moet 'n mens altyd jou karakter wys en vorentoe beur. Dit is nie altyd ewe maklik of ewe gerieflik nie, maar om plat op die grond te bly lê, gaan jou niks help nie.

In tye van voorspoed beur 'n mens dankbaar vorentoe en in tye van teëspoed, dra 'n mens geduldig vorentoe - maar nooit mag 'n mens ophou vertrou nie. Nooit mag 'n mens ophou opstaan nie.

Reg voor my kantoorvenster hardloop twee seuntjies kaplaks in mekaar vas. Ek wag vir trane. Niks. Hulle lag, spring op en besluit om dit weer te doen. Kaplaks. Val weer en staan weer op. Dit is nie nodig om te bly lê nie.

Noordkaap 9 Augustus 2017 bl.4 - Hannes Noëth

[Dankie, Anoniem wat die uitknipsel gestuur het. Besoek gerus Netwerk24 (Noordkaap Bulletin) se gereelde rubrieke - daar is baie stof tot nadenke in hierdie rubrieke.]

Dinsdag-denke: God sê ...

God sê: My kind, die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie ... Wie jou gemaak het, bepaal wie jy is ... En dis EK, jou Hemelse Vader. Die prys waarvoor iets gekoop word, bepaal die waarde van 'n item ... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop, was met My lewe ... Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk ... Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terugsit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Bly altyd glo ... want dis Hemel op aarde saam met My. 

[Geleen]

Monday 21 August 2023

Happy Senior Citizen Day

On August 21st, National Senior Citizens Day recognizes the achievements of the more mature representatives of our nation. The day provides an opportunity to show our appreciation for their dedication, accomplishments, and services they give throughout their lives.

Vandag se internetgebed vir jou: God kan wanneer jy nie kan nie

En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” II Korinthiërs 12:9

Gebed:
Here, U genade is vir my genoeg, want U krag word in my swakheid volbring. Here, help my om elke probleem te oorwin deur U krag wat in my werk, deur my werk en vir my werk. In Jesus naam. Amen.

Sunday 20 August 2023

Liewe Vriende


Hier is my Afrikaanse weergawe van die aangrypende fliek ABOUT SCHMIDT.

"Ou Smittie, 'n suksesvolle aktuaris, tree af na 'n lang loopbaan van diens. Niemand steur hul meer aan hom toe hy by die kantoor inloer nie en hy kry die boodskap dat hy onbelangrik geword het. Dus hang hy by die huis rond en kyk televisie. Hy reageer op 'n uitnodiging om by 'n projek, wat na kinders in Afrika omsien, betrokke te raak deur 'n geldjie te stuur en ook briewe te skryf. Die kind wat hy so aanneem se naam is Ndugu van Tanzanië.

Skielik verander ou Smittie se lewe ingrypend. Sy vrou sterf aan 'n hartaanval. Terwyl hy nog treur en stadigaan opruim, ontdek hy ou liefdesbriewe tussen haar en sy beste vriend. Woede en teleurstelling lei tot die verlies van hul vriendskap en sy goeie herinneringe aan sy vrou - net die mooi verhouding met sy dierbare dogter bly. En toe besluit sy om te trou met 'n kêreltjie wat hy nie kan verdra nie.

By die troue loop die spanning hoog. Almal vrees dat ou Smittie 'n verleentheid sal wees. Hy sê egter al die regte dinge in sy toespraak, maar vertoef nie en vertrek dadelik terug na sy eie huis toe. Hy skop na die hekkie, die asblik en alles wat in sy pad kom. Hy voel nutteloos, verwerp en leeg, want oral kry hy die boodskap dat niemand hom nodig het of sal mis nie. Hy blaai onbelangstellend deur die opgehoopte pos by sy voordeur.

Daar is 'n groot koevert van Tanzanië. 'n Non skryf om te vertel ...

Lees die slot van die belangrike briefie HIER.

Saturday 19 August 2023

Saterdaglagmedisyne

Nico (3) sit eendag op sy pa se skoot en vra: "Hoekom is daar so baie Nico's in die familie? Dis ek en pappa en die Nicogolfoond."

Friday 18 August 2023

The Rope

The night fell heavy on the heights of the mountains and the man could not see anything. There was zero visibility; the moon and the stars were covered by the clouds.

When he was just a few feet below the top of the mountain, he slipped and fell into the air, falling at great speed. He could see only black spots as he went down, and feel the terrible sensation of being sucked in by gravity.

He kept falling, and in those moments of great fear, all the good and bad episodes of his life came to his mind. He was thinking now about how close death was getting, when all of a sudden he felt the rope tied to his waist pull him very hard. His body was hanging in the air. Only the rope was holding him. In that moment of stillness he had no choice other than to scream, "Help me God."

All of a sudden, a deep voice coming from the sky answered, "What do you want me to do?"
"Save me God."
"Do you really think I can save you?"
"Of course, I believe you can."
"Then cut the rope tied to your waist."

There was a moment of silence. The moment passed, and the man decided to hold on to the rope with all his strength.

The rescue team says that the next day, the climber was found dead and frozen, his body hanging from a rope, and his hands holding it tight. He was only one foot away from the ground.

How attached are we to our ropes? Will we let them go?
Don't ever doubt God.
We should have enough faith to cut the rope, if that is what God tells us to do, even when it seems to be the most foolish thing to do.

Thursday 17 August 2023

80 000 e-kuiers


A woman with God

Every woman who walks with God has a story to tell.
Sara will tell you, "Nothing is too hard for God."
Hagar will tell you, "Even in the wilderness God is there."
Rahab will tell you, "God can use anything."
Hannah will tell you, "My God answers prayers."
Ruth will tell you, "It's not over until God says so."
Esther will tell you, "God can turn a nobody to a somebody."
Elizabeth will tell you, "You will give birth to greatness,"
Mary will tell you, "It shall be unto you according to God's word."
The woman with the issue of blood will tell you, "When all fails, God never fails."
Mary and Martha will tell you, "Dead things can live again."
Dorcas will tell you, "God never forgets."

Please don't limit God, let Him be God in your life, and you will have a story to tell in Jesus Christ's mighty name. Amen

[Thank you, Liz de Koker]

Tuesday 15 August 2023

Liewe, liewe Jesus

Ek hoop nie ek is te laat met my brief nie, want oupa is baie siek. Nou wil ek net vir Liewe Jesus gou-gou vertel wat oupa van hou en nie van hou nie, sodat as hy in die hemel kom als reg sal wees. 

Liewe Jesus, sê vir ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal baie honger wees as hy daar kom. Jy weet self hoe ver die hemel van die aarde af is en as mens so lank gery het, is mens baie honger. Sorg tog asseblief dat daar baie boeke is, want oupa het graag gelees toe hy gesond was. Hy hou nie van katte nie, want die kathare laat sy bors toetrek. Hy is mal oor honde, so dit sal goed wees as Liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan hê.
O ja, Liewe Jesus, oupa snuif ... hy snuif net Singleton, dit sal nie help om ander snuif te koop nie, jy gaan net jou geld mors.

Dan net 'n laaste gunsie, my oupa het nooit van blink goeters gehou nie. Nou lees ek in die Bybel,  in die hemel is die strate van goud. Ag, Jesus, dis nie dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal meer daarvan hou om in die veld tussen die diertjies en voëltjies te bly. So, asseblief, as ouma daar by die blink strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom, moet sy by hom wees. Ek dink ek het nou als gesê wat ek moet.

Stuur hierdie drie xxx vir ouma.

Ek lief jou duisend Liewe Jesus.  

[Klik HIER vir inspirasiestories]

Dinsdag-denke: ‘n Vader se belofte

Hierdie is die ware verhaal van ‘n vader wat vir 36 ure deur bourommel gegrawe het na ‘n aardbeweging, opsoek na sy seun - omdat hy ‘n belofte aan hom gemaak het. Die verhaal van Armand se vader herinner ons aan die gebeure wat plaasgevind het by die graf van ons Verlosser toe ons Hemelse Vader ‘n baie groter belofte gehou het deurdat Hy ‘n rotsblok van nog groter betekenis weggerol het.

25 jaar gelede (7 Desember 1988) het ‘n 6.9-aardbewing gevolg deur ‘n 5.8-naskok Armenia feitlik gelyk gemaak en oor die 45 000 mense het gesterf in minder as vier minute. Dit is moeilik om jouself voort te stel die wroeging, pyn en leiding wat begin het in die kortstondige vier minute – mense se hele wêreld is omgekeer en lewens verwoes. Ten spyte van die verwoesting bring sulke tragedies soms die beste in mense na vore - dit voorsien ‘n venster om die inhoud van elkeen se hart te sien. Laat my toe om jou die hart van ‘n liefdevolle vader te wys.

Te midde van die chaos en verwoesting het hy gejaag na sy seun se skool. In plaas van ‘n skool het hy slegs ‘n vormlose ruïne van steen, klip, hout en sink aangetref waar die skool eens gestaan het. Dink jouself in wat het deur sy gedagtes gegaan. Wat sou op daardie stadium deur jou gedagtes gegaan het? Moontlik sou skok jou ook so verlam het soos die ander ouers wat in ‘n dwaal op die perseel rondgestaan het en droefgeestig na hulle kinders geroep het terwyl ‘n groot benoudheid hul oorval het.

Maar in die geval van die vader, het die verwoeste gebou hom aangespoor om tot aksie oor te gaan. Hy hardloop na die agterste hoek van die gebou waar sy seun se klaskamer voorheen was en hy begin onmiddellik te grawe. Hoekom? Watse hoop het hy gehad? Wat was die kanse dat sy seun so ‘n verwoesting kon oorleef? Al wat hy geweet het is dat hy sy seun belowe het dat hy altyd daar sal wees vir hom. Dit was die belofte wat krag aan sy liggaam voorsien het en hom geestelik gemotiveer het.

Terwyl hy begin het om te grou, het wel menende ouers hom probeer wegkry by die rommel met die woorde: “Dit is te laat!” “Hulle is dood!” “Jy kan niks meer vir hulle doen nie!” “Jy kan hulle nie help nie!” “Gaan huis toe!” Die hoof van die brandweer het hom ook probeer wegkry en hom meegedeel: “Brande en ontploffings vind oral plaas. Jy verkeer in groot gevaar. Gaan huis toe!” Ten einde laaste het die polisie opgedaag en aan hom gesê: “Jy is kwaad, getraumatiseerd, maar dit is verby. Gaan nou eerder huis toe.” Maar die vader het ‘n belofte gemaak en hy was vas van plan om daarby te hou!

Die liefde wat die vader in sy hart gehad het vir sy seun het hom aanhou laat grou vir agt ... 12 ... 24 ... 36 ure. Toe, in die 38ste uur rol hy ‘n groot stuk beton rotsblok weg en hoor sy seun se stem wat roep om hulp. Dadelik roep hy: “ARMAND!” Die seun roep terug, “Pa!? Ek het hulle gesê! Ek het die ander kinders gesê dat as pa nog leef, sal hy my kom red! Jy het belowe dat jy altyd daar sal wees vir my en jy het jou belofte gehou!

‘n Vasbeslote vader, ‘n belofte en ‘n rotsblok wat weggerol word om lewe te onthul en vryheid te skenk. Die verhaal van Armand se vader herinner ons aan die gebeure wat plaasgevind het by die graf van ons Verlosser toe ons Hemelse Vader ‘n baie groter belofte gehou het deurdat Hy ‘n rotsblok van nog groter betekenis weggerol het.

Met die wegrol van die steen, het daar vir ons ewige lewe gekom en ware vryheid in Christus. En weet julle wat? Ons Hemelse Vader is nog steeds in die besigheid van die wegrol van klippe.

Wat is die klippe in jou lewe?

Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein hulle is nie, ons Vader is nou op soek na jou. Hy soek deur die rommel en ruïnes van lewens wat nie vir Hom geleef word nie en Hy wil die rotse wegrol van wanhoop en slaweband wat jou bind.

Mag jy onthou of miskien vir die eerste keer ontdek dat ons God die grootste beloftes ooit gemaak het en Hy is oorvloediglik in staat om hulle almal na te kom net soos Hy die baie spesiale belofte aan Sy Seun nagekom het so tweeduisend jaar gelede.

[Nog kosbare stories HIER]

Monday 14 August 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Tereg het Moeder Teresa gesê: “Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is dit nie omdat God nie vir daardie persoon gesorg het nie. Dit is omdat ons nie instrumente in die hande van God was om vir die arme ’n stukkie brood te gee nie.”

Liewe Vader, gee my ’n hart vol omgee vir my medemens sodat my eerste prioriteit nie sal wees om myself te verryk en na “my brood” te soek nie, maar dat ek sal bid en my sal beywer vir “óns daaglikse brood”. Ek wil my talente, gawes en goeie beplanning gebruik in diens van U en u koninkryk, en nie om groter skure vir myself te bou nie. Amen.

Sunday 13 August 2023

DIE VYFVINGERTOETS

1. Die Duim:
Dit is die vinger naaste aan jouself. Bid dus eerste vir die persone naaste aan jou. Hulle is dié wat jy die maklikste kan onthou. Dit is my en jou plig om vir hulle te bid.

2. Die Wysvinger:
Bid vir hulle wat onderrig, bevele gee en genees. Onderwysers, dokters, predikante word ook hierby ingesluit. Hulle het wysheid en ondersteuning nodig om ander in die regte rigting te stuur.

3. Die Middelvinger:
Dit is die langste vinger. Dit herinner ons aan ons leiers. Bid dus hier vir die president en die regering, die besigheidsleiers en die plaaslike owerhede. Hierdie mense vorm die nasie en lei deur publieke opinie. Hulle het God se leiding nodig.

4. Die Ringvinger:
Hierdie is ons swakste vinger van die hand. Dit moet ons herinner aan ons huwelike en gesinne en hulle wat swak en siek is. Ons kan nooit genoeg bid vir hulle nie.

5. Die Pinkie:
Laastens kom die kleinste vinger. Dit is ook hoe ek myself in verhouding met God en andere moet plaas. Die Bybel sê: "Die minste sal die grootste onder julle wees." Jou pinkie moet jou herinner om vir jouself te bid. Wanneer jy eers vir die ander vier groepe gebid het, sal jou eie behoeftes in perspektief geplaas wees en daarom sal jy dan meer effektief vir jouself kan bid.

Friday 11 August 2023

We shouldn’t judge a book by its cover

A couple went for a cruise tour to enjoy their private honeymoon while leaving their children at home. Unfortunately, the cruise ship was sinking due to catastrophic weather condition.

The couple finally made their way to the lifeboat area but there was only space for one person left. The man jumped onto the lifeboat, leaving his wife on the sinking ship ...

The wife stood on the sinking ship and shouted to her husband saying ...

The teacher paused the above story and asked her students in the classroom, “Let us guess. What do you think she shouted to her husband?”

Most students answered altogether: “I hate you! I was blinded by love!”

The teacher noticed that there was a student who sat quietly and asked him. The student answered, “Teacher, I believe she would have shouted – Take care of our children!”

The teacher was shocked and asked: “Have you heard this story before?”

The student shook his head and said, “Nope, but before my mother passed away to disease, she told my father the exact same words!”

The cruise sunk and the man returned home and brought up their children single-handedly.

Many years later after the death of the man, their daughter who had been accusing her father found her father’s diary while tidying his belongings, and she found out the truth.

It turns out that when her parent went onto the cruise ship, the mother was already diagnosed with an incurable disease. During the crucial moment on the sinking ship, her father rushed to the only space left on the lifeboat.

He wrote in his diary, “I wanted to sink with you together on the sinking cruise. But for our children, I could only let you sink alone into the deep cold ocean bed.”

The daughter burst into tears after reading this diary. The teacher knew that her students had understood the moral of the story that she wanted to pass on to them. In this world there are good and evil. Sometimes the situation could be very complicated and indistinguishable of good and bad.

So, we must not jump to conclusion easily and look at the surface only. We must not make hasty decision or assumption without any attempt of investigation or using our critical thinking. We must not judge others without understanding them first. 

Thursday 10 August 2023

Something to think about

If a bottle of poison reaches its expiration date, is it more poisonous or is it no longer poisonous?

Which letter is silent in the word "Scent," the S or the C?

Do twins ever realize that one of them is unplanned?

Every time you clean something, you just make something else dirty.

The word "swims" upside-down is still "swims".

Over 100 years ago, everyone owned a horse and only the rich had cars Today everyone has cars and only the rich own horses.

If people evolved from monkeys, why are monkeys still around?

Why is there a 'D' in fridge, but not in refrigerator?

I'm responsible for what I say, not for what you understand.

Common sense is like deodorant. The people who need it the most never use it.
 
It's not my age that bothers me - it's the side effects.

I'm not saying I'm old and worn out, but I make sure I'm nowhere near the curb on trash day.

As I watch this generation try and rewrite our history, I'm sure of one thing: it will be misspelled and have no punctuation.

As I've gotten older, people think I've become lazy. The truth is I'm just being more energy-efficient.

I haven't gotten anything done today. I've been in the Produce Department trying to open this stupid plastic bag.

If you find yourself feeling useless, remember: it took 20 years, trillions of dollars, thousands of lives and four presidents to replace the Taliban with the Taliban.

Turns out that being a "senior" is mostly just googling how to do stuff.

I want to be 18 again and ruin my life differently. I have new ideas

I'm on two simultaneous diets. I wasn't getting enough food on one.

I put my scale in the bathroom corner and that's where the little liar will stay until it apologizes.

My mind is like an internet browser. At least 18 open tabs, 3 of them are frozen, and I have no clue where the music is coming from.

Hard to believe I once had a phone attached to a wall, and when it rang, I picked it up without knowing who was calling.

My wife says I keep pushing her buttons. If that were true, I would have found mute by now.

[Thank you, Rosetta!]

Wednesday 9 August 2023

Happy Woman's Day, Grandma

There’s nothing like the love of a grandmother. Not every grandma bakes cookies, but it's safe to say that all of them hold a level of wisdom that can guide us all through life. Our grandmas help to mold our parents into the people they are and do the same for us. Happy National Women's Day!

Woensdagwense: week 32

 

Tuesday 8 August 2023

Dinsdag-denke: Wie is ek?

Jou beste vriend of grootste vyand, ek, is jou grootste metgesel. Ek is jou grootste helper of jou swaarste las. Ek sal jou op die pad vorentoe deurdra of jou aftrek tot op die bodem van mislukking. Ek is geheel en al onder jou bevel.

Die helfte van die dinge wat jy doen, kan jy net sowel aan my oordra en ek sal dit vinnig en effektief afhandel. Ek word baie maklik bestuur, maar jy moet streng wees met my. Wys my presies hoe jy ’n ding gedoen wil hê en na ’n paar lesse sal ek dit outomaties verrig. Ek is die dienskneg van alle vername manne, maar helaas, van die grootste mislukkings ook.

Dié wat vernaam is, het ek vernaam gemaak. Die wat mislukkings is, het ek mislukkings gemaak. Ek werk met die presisie van ’n wetenskaplike en met die passie van ’n patriot. Jy kan my gebruik vir profyt of vir mislukking, dit maak glad nie aan my saak nie.

Neem my, leer my, wees streng met my en ek sal die wêreld aan jou voete plaas. Maar wees ongeërg met my en ek sal jou vernietig.

Wie is ek?

Ek is gewoonte!

Friday 4 August 2023

Wednesday 2 August 2023

Dankie!

Die dankies het van oraloor gekom gedurende die naweek. Dankie aan elkeen se positiewe kommentaar. As elke instelling 'n engelgroepie het wat hulle vlerke so af en toe sprei oor die vier mure en dak, verander enige blyplek in 'n tuiste. Sterkte met julle daaglikse werk en vreugde vir julle volgende beplande kuier. 

Ons Huis het links bo in die hoek van die blog, 'n *Ons-wenslysie*. Lees gerus daardeur en kom kuier sommer net vir ons.

Woensdagwense: week 31

 

Tuesday 1 August 2023

Sop en vetkoek vir 'n warmer wintersdag

29 Julie 2023 was 'n bittere koue Saterdag in Kimberley. Ons gemeente, Dutoitspan, het al bibberende die weer getrotseer om die jaarlikse basaar by te woon. Ons Huis-inwoners het gehoor van die kerkbasaar, maar vir sommige van ons is 'n basaar 'n vae herinnering van ons kindertyd of ons kinders se kindertyd. Vir diegene wat nog oorweeg het om die basaar by te woon, het die koue finaal daardie gedagte die nek ingeslaan.

Party van ons het 'n sonkolletjie gaan opsoek, terwyl ander sommer onder die warm komberse ingeklim het in 'n poging om 'n bietjie hitte in die stram spiere en koue gebeente te sit.

Die wintersdag het egter skielik warmer geword toe lede van die Angels met potte vol heerlike dik tuisgemaakte sop by Ons Huis opdaag, saam met 'n ander groot gunsteling, naamlik vetkoekies.   

Sop in die winter is trooskos ... onthoukos ... koesterkos!