Sunday 20 August 2023

Liewe Vriende


Hier is my Afrikaanse weergawe van die aangrypende fliek ABOUT SCHMIDT.

"Ou Smittie, 'n suksesvolle aktuaris, tree af na 'n lang loopbaan van diens. Niemand steur hul meer aan hom toe hy by die kantoor inloer nie en hy kry die boodskap dat hy onbelangrik geword het. Dus hang hy by die huis rond en kyk televisie. Hy reageer op 'n uitnodiging om by 'n projek, wat na kinders in Afrika omsien, betrokke te raak deur 'n geldjie te stuur en ook briewe te skryf. Die kind wat hy so aanneem se naam is Ndugu van Tanzanië.

Skielik verander ou Smittie se lewe ingrypend. Sy vrou sterf aan 'n hartaanval. Terwyl hy nog treur en stadigaan opruim, ontdek hy ou liefdesbriewe tussen haar en sy beste vriend. Woede en teleurstelling lei tot die verlies van hul vriendskap en sy goeie herinneringe aan sy vrou - net die mooi verhouding met sy dierbare dogter bly. En toe besluit sy om te trou met 'n kêreltjie wat hy nie kan verdra nie.

By die troue loop die spanning hoog. Almal vrees dat ou Smittie 'n verleentheid sal wees. Hy sê egter al die regte dinge in sy toespraak, maar vertoef nie en vertrek dadelik terug na sy eie huis toe. Hy skop na die hekkie, die asblik en alles wat in sy pad kom. Hy voel nutteloos, verwerp en leeg, want oral kry hy die boodskap dat niemand hom nodig het of sal mis nie. Hy blaai onbelangstellend deur die opgehoopte pos by sy voordeur.

Daar is 'n groot koevert van Tanzanië. 'n Non skryf om te vertel ...

Lees die slot van die belangrike briefie HIER.

No comments:

Post a Comment