Showing posts with label Lukas. Show all posts
Showing posts with label Lukas. Show all posts

Sunday, 21 June 2026

Oomblik van stilte: Luk. 8:45a

Daarop sê Jesus: Wie is dit wat my aangeraak het?


Het jy vanoggend uitgereik na Jesus? 
Jou hoop sal nie kwyn nie. 
Jy het die geloof om die stap te neem en Jesus te vertrou.
God sal vir jou voorsien wat jy nodig het.
God sal sy engele aangaande jou beveel om jou op die hande te dra.
God is jou krag en jou beskerming en geen krag of mag kan jou skei van die liefde van Jesus nie.

Dankie, Vader, vir U liefde vir my. U is my krag en my genesing. U goedheid en geregtigheid beskerm my en gee my guns vanuit U skatkis vol skatte. Ek reik uit na U, in geloof. U sal my hoor en u regterhand is nie te kort om my te help en te beskerm nie. Ek gee U al die eer en heerlikheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 15 February 2026

Oomblik van stilte: Luk. 24:32

En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandend in ons toe Hy met ons op die pad gepraat het en Hy vir ons die skrifte uitgelê het nie?

Sodra jy met God begin praat, begin jou hart brand vir die openbaring van God se Woord. Hulle het toe met elf en die ander gaan praat. Hulle het vir hulle vertel hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
Bid gereeld tot God en Hy sal die brood (die woord - sy liggaam) aan jou oopbreek en Homself aan jou openbaar.

Dankie vir u woord wat ek elke dag kan lees en dat U uself aan my openbaar by die breking van die brood. As U, u woord aan my openbaar deur die breking van die brood, die skrifte deur die Heilige Gees geïnspireer, is my hart brandend om meer van U te leer en wil ek dit graag met ander deel. Dankie, Here in Jesus se Naam. Amen.

Sunday, 16 November 2025

Oomblik van stilte: Luk. 24:39 + 43 + 51

Kyk na My hande en voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bloed nie.
En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem. 

Hierdie Jesus, die Messias, die Seun van God het vir jou gesterf; aanskou en voel, sê Hy vir sy dissipels en Hy eet voor hulle.
Hy is nie Gees nie, maar vlees, wat in die hemel voor hulle oë opgeneem is, terwyl Hy hulle seën.
Hierdie Jesus het die Heilige Gees vir jou gestuur om jou te leer en te lei in waarheid en in Gees.
Hy was vir jou bedroef sodat jy in vreugde kan leef; Hy was vir jou benoud sodat jy in vrede kan leef; Hy was vir jou met rieme uitgetrek, sodat jy genees kan word; Hy het vir jou gesterf sodat jy kan leef tot in ewigheid, Hy het met sy bloed vir jou sondes betaal en jou gereinig, sodat jy vlekkeloos voor God kan staan in die poorte van die koninkryk van die Vader en saam met Christus in hemelse plekke kan sit.
God het jou met sy guns geseën en Hy berei vir jou 'n plek voor, waarna Hy jou kom haal om saam met Hom te wees.

Dankie, Jesus, dat U die vlees oorwin het. U het vir my u oorwinning gegee in u Heilige Naam. Ek staan vreesloos en aanskou die aanvalle van Satan wat niks teen my kan uitrig nie. U liefde is my toekoms. My lewe is Christus en die dood is 'n wins. Ek is geseënd, soos Job gesê het; Die Here gee en die Here neem, geloofd sy die Here. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 31 August 2025

Oomblik van stilte: Luk: 8:50

Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

Ons "sien is ons glo;" dit is egter nie geloof nie. 
Heb. 11:1 Die geloof dan is 'n VASTE VERTROUE op die dinge wat ons hoop, 'n BEWYS van die dinge wat ons nie sien nie.
Heb. 11:8. Deur die geloof dan het Abraham, toe hy geroep is weggetrek ... sonder om te weet waar hy sou kom.

Here, laat ek vandag my mate van geloof opvul deur U te vertrou, vir die toekoms en al my planne. Ek wil opkyk na U en nie na my verwoestende omstandighede nie. Ek gee aan U al die eer en heerlikheid, met die wete dat U altyd getrou bly aan u woord. U is die waarmaker van u woord. Prys U grote Naam. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 10 August 2025

Oomblik van stilte: Lukas 10:36-37 NLV

Wie dan van hierdjie, dink jy, was die naaste aan hom wat onder die rowers verval het? En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

God sal vandag en elke dag sy barmhartigheid aan jou bewys.
Bewys jy ook barmhartigheid aan ander, nie om deur goeie werke geregverdig te word nie, maar uit liefde vir jou naaste.
Omdat jy gered is deur die liefde van God,  tree jy in liefde op, om God deur jou werke te verheerlik en jou naaste na God toe te lei.

Dankie, Vader, vir u barmhartigheid teenoor my, dat ek toe ek nog verlore was, deur U gevind en gereinig was. U het my wonde verbind van die seer wat die wêreld my toegedien het. U het my na veiligheid gelei en nog steeds behou U my in veiligheid deur u genade elke dag. Ek bring aan U die lof en eer en dank in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 12 January 2025

Oomblik van stilte: Luk. 21:34

Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.


Die waarskuwings van die Here word op soveel kere aan ons gestel in die woord. Die Here het sy lewe vir ons gegee, maar as ons die waarskuwings in die wind slaan, sal hy soos 'n strik kom oor almal wat op die hele aarde woon (vers 35).
Beoefen jou in die woord en bid gereeld; die liefde en genade van God vir jou is so groot; laat jou liefde nie verflou nie, maar eet jou daaglikse brood wat God jou gee. Jy sal nie deur die wêreld geag word as jy die woord van God bring nie; Satan sal altyd in die harte van ongelowiges werk, (al is daar sommige wat na jou sal luister) om jou uit die weg te probeer ruim. Hou vas aan die geloof!

Jesus, U alleen is my krag. Help my om staande te bly te midde van 'n krom en verdraaide geslag. Ek het ook u krag nodig om nie te verval en te verswak in my geloof nie. Soos U vir ons elke dag bid, laat ek ook in die krag en wysheid van die Heilige Gees nie moeg word om te bly bid vir my broers nie. Laat ek ag gee op u woord en waarskuwings. Aan U al die eer en heerlikheid goeie Vader, in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 25 August 2024

Oomblik van stilte: Luk. 7:7(b)

... sê dit maar met 'n woord en my kneg sal gesond word.


Die weermag het 'n rangstelsel wat orde en veiligheid bevestig. Vanuit hierdie stelsel kom 'n hoofman oor honderd en versoek Jesus om net 'n woord te spreek om sy kneg gesond te kry; hy weet dat Jesus nie nodig het om tot by hom te kom nie; daarby weet hy ook dat jy nie sommer net by 'n baie hoër rang instap nie, vanweë die lynstelsel (rangorde) in die weermag. Hy beskou Jesus as baie hoër as hyself (soos 'n koning, en konings gaan nie sommer in onderdane se huise in nie) en dat hy nie waardig is om voor hom te verskyn nie. Jesus het 'n woord gespreek het.en die kneg is genees.

Dankie Vader, vir die Seun wat U gestuur het om ons barmhartig te wees en te genees met u woord. Uit die aard van die saak, is U die woord van God, wat lewendig geword het en onder u mense kom woon het. Ek dank U vir die geloof wat in my geplaas is, waarmee ek vandag mag vra vir, u hulp en bystand, deur u genade, u woord gespreek oor my, vir hierdie dag. Bewaar my van die bose en laat U verheerlik word deur my hele lewe in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]