Showing posts with label Goue geleentheid. Show all posts
Showing posts with label Goue geleentheid. Show all posts

Sunday, 1 December 2024

Reik uit ...

Reik uit na inwoners wie se kinders oorsee woon of nie meer familie het nie. Ouers (lees inwoners) met kinders wat oorsee woon, dra soms so swaar aan die verlange dat hulle in depressie verval. Die verlange na hul kinders gaan saam met 'n leemte wat hulle daagliks voel en wat aan hulle gemoed knaag. 'n Hartskind op die regte plek en op die regte tyd, is beslis die regte medisyne.  

Kom neem gerus 'n oupa of ouma aan - kom kuier vir hulle, luister na hulle stories en brei jou plaaslike familiekring uit - iemand wat elke aand vir jou sal bid, wat graag vir jou 'n drukkie sal gee en wat uitsien na jou kuiertjies.

Hartskind, moenie hierdie goue geleentheid deur jou vingers laat glip nie. 

Sunday, 10 November 2024

Lees hier: Is jy dalk alleen of bly jou familie ver?

Hier is Ons Huis-inwoners wat nie meer familie het nie of hulle kinders bly oorsee - die storie van ons tyd. Die verlange na hul kinders gaan saam met 'n leemte wat hulle daagliks voel en wat aan hulle gemoed knaag. Hulle probeer die leemte wat hul kinders en kleinkinders los, vul met allerhande aktiwiteite of stokperdjies. Dit bly egter 'n probleem en soms soek hulle 'n gewillige oor om hierdie verlange mee te deel.

Kom neem gerus 'n oupa of ouma aan - kom kuier vir hulle, luister na hulle stories en brei jou plaaslike familiekring uit - iemand wat elke aand vir jou sal bid, wat graag vir jou 'n drukkie sal gee en wat uitsien na jou kuiertjies.

Moenie hierdie goue geleentheid deur jou vingers laat gaan nie.