![]() |
| Op pad na Kgalagadi |
![]() |
| Algemene gesig in die Kalihari |
![]() |
| Op pad na Kgalagadi |
![]() |
| Mag-dom en Stry-dom: die sterre van die storie! |
![]() |
| Op pad na Kgalagadi |
![]() |
| Algemene gesig in die Kalihari |
![]() |
| Op pad na Kgalagadi |
![]() |
| Mag-dom en Stry-dom: die sterre van die storie! |
‘n Donkie maak altyd so ‘n outydse, tydlose foto van rustigheid. Ek vra eers toestemming, gesels’n bietjie, vra name, ook van die donkies - dis Magdom en Strydom. Ek groet hul met goeie wense vir die nuwe jaar en ‘n donasie.
Weer op pad herkou ek aan die donkiename - besef dis eerder Mag-dom en Stry-dom - dis ook nie verniet nie!
Ja, baie interessant, veral as ek terugdink aan vroeëre kuierplaasdae. Ja-nee, kyk, ‘n donkie is 'n steeks ding, ‘n moeilike een om iets te laat doen, al lyk Vaaltyn so rustig! Saggeaard? Glad nie, hoor! Vandaar die spreekwoord, steeks soos ‘n donkie - nie verniet nie! Hulle wil nie gery word nie, word ook nie maklik ingespan nie.
Natuurlik, daarvandaan die name:Geniet elkeen se donkie-herinneringe!
[Dankie, Marguerite, vir hierdie heerlike reisgedagtes wat jy met die lesers deel - verseker gaan elkeen sy eie onthou hierby voeg. Klik HIER om foto's van Magdom en Strydom en nog dierbare donkies te sien. Geniet!]
Sy word groot in die stad. In haar bestaan van vier jaar, ken sy net die stadslewe - 'n vinnige Gauteng-lewenstyl - en het sy reeds 'n bepaalde manier van dink. So, wanneer sy die vakansie by ouma en oupa op die plaas kuier, beleef sy soms dinge wat by ander sal verbygaan.
So het ek al vertel dat sy graag na die voëltjies sit en luister omdat sy hulle nie meer in die stad hoor nie. Desembervakansie kuier sy soos gewoonlik by oupa en ouma. Vandag gaan hulle dorp toe. Lysies word gemaak, beplanning word gedoen. Soos dikwels op die platteland is Vrydag almal se inkopiedag.
Op so 'n dorp-toe-gaan-dag is die dorp 'n bedrywigheid. Vir ons wat grootword op klein dorpies is 'n donkiekarretjie nie iets vreemds nie. Dit is ook dié eienaar se inkopiedag.
Met die sien van die donkiekarretjie het die wêreld vir haar gaan stilstaan. Sy gaan roep almal. Hulle moet dadelik kom kyk. Almal moet stilstaan. Almal moet sien: "Daar kom 'n koets! 'n Rêrige-êrige koets!" Vir die man wie se voertuig dit is, is dit sekerlik sy koets. Vir ons wat al 'n voertuig gehad het, kan ons moeilik daarna kyk as die gerief van 'n koets.Vir haar wat vier jaar oud is, is daar net een werklikheid. Hierdie is 'n rêrige koets. Sy kan nie verstaan hoekom hy al die groot dorpe misry en hier kom rondry nie. Haar ma moet dadelik gebel word, haar boetie en sussie moet ingelig word. Hier, vandag, het sy 'n rêrige koets gesien.
Die lewe is 'n saak van perspektief, né? Ek hoop die donkiekarretjies in jou lewe is nog vir jou 'n koets.
[Ds. Hannes Noëth]