Wednesday 12 August 2020

Liedboek: lied 200 - U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie

U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie -
wie word daardeur nie diep getref!
Niks anders bring vir ons die heil nie -
ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere -
U wat ons in U liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here -
U wil ons in u waarheid lei.

U is die Heer wat ons gemaak het,
voor U kom ons, u skepsels staan;
U is die Heer wat steeds gewaak het,
deur wie ons gans en al bestaan.
U bring in ons gemoed die vrede,
U sterk ons gees met nuwe krag;
U gee u lig ook oor ons rede -
dis U van wie ons heil verwag.

Sou ek, o Heer, U nie vereer nie,
sou ek u goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee, ek nie leer nie,
die weg wat U my wys nie gaan?
Nee, Heer, U rig my wil en strewe;
u Woord bly my gedurig by.
Vul met u liefde ook my lewe
om my in alles U te wy.

Klik HIER om na lied 200 te luister.
Luister HIER na die Afrikaanse Christen Kerk (ACK), Christchurch, New Zealand.
Luister gerus na die vertolking van hierdie lied deur die Kwasizabantu Choir. Klik HIER.

No comments:

Post a Comment