Saturday 22 August 2020

Inspirasie: 'n Gunstige tyd vir John Wayne

Die ouer fliekvlooigarde sal vir John Wayne onthou. Hy was ʼn geliefde akteur en filmmaker in die dae van die Western flieks. Vir drie dekades was hy onder die top 10 “boxoffice draws” in Amerika.

Hy is in 1979 oorlede.

ʼn Storie wat drie weke voor sy dood gebeur het, het onlangs my pad gekruis ...

Robert Schuller was een van Amerika se bekendste Televisie-Evangeliste. Hy het in een van sy programme vertel van sy tienerdogter wat in ʼn motorfietsongeluk was en dat die dokters sê hulle sal haar een been moet afsit.

John Wayne het dit gehoor en stuur vir haar ʼn boodskap:

“Dear Cindy, sorry to hear of your accident. Hope you will be all fine soon”. John Wayne.

Sy het die boodskap gekry en dadelik vir hom ʼn boodskap geskryf:

“Liewe mnr. Wayne, ek het jou boodskap gekry. Dankie.
Ek hou baie van jou. Ek sal okey wees want Jesus sal my help.
Mnr. Wayne, ken jy vir Jesus? Ek hoop regtig dat jy Jesus ken.
Ek kan nie dink dat die hemel volmaak sal wees sonder John Wayne nie.
As jy nie vir Jesus ken nie, hoop ek dat jy nou jou hart vir Jesus sal gee.
Sien jou in die hemel.” Cindy.


Sy het die briefie in ‘n koevert gesit, toegeplak en voorop geskryf "John Wayne"

Op daardie oomblik kom iemand haar besoek. “Wat doen jy?” vra hy. “Ek het ‘n brief aan John 
Wayne geskryf, maar weet nie hoe om dit by hom te kry nie,” sê sy. “Toevallig sien ek hom vanaand by ‘n dinee,” sê hy. “Gee dit vir my, ek sal dit vir hom gee.”

Daar was twaalf vriende wat die aand saam om die dinee tafel gesit en gesels en skerts het.

Gelukkig voel die vriend die briefie in sy baadjiesak en sê: ”Haai Duke, (John se bynaam) ek was vandag by Schuller se dogter. Sy het vir jou ʼn briefie geskryf. Hier is dit!” 

Terwyl almal aangaan met hulle vrolike gesels, maak John die koevert oop en lees die brief. Hy het stil geword en begin huil.

Een van die vriende sien dit en vra verbaas: “Duke, wat makeer? Is daar fout?”

“Ek wil vir julle hierdie brief lees,” sê hy en lees dit. Hy begin weer te huil.

Hy wys na die vriend wat die brief gebring het en sê: “You go and tell that Little girl that right now,
in this restaurant, right here, John Wayne gives his heart to Jesus Christ and I will see her in heaven.”

Drie weke daarna is hy oorlede.

Dis ʼn merkaardige storie van begin tot die einde.

Wat vir my veral merkwaardig is, is dat die Here ʼn tiener gebruik het in Sy Koninkrykswerk.

Uit: Ds Chris Eramus ‘STORIES VAN HOOP’ Die Here gebruik tieners. Verw ACR

[Klik HIER vir nog inspirasiestories]

No comments:

Post a Comment