Friday 30 July 2021

Die storie van die rooi lorrie

Dit was Kersdag 1963.

Sy naam kan ek nie meer onthou nie. Maar sy gesiggie en daardie Kersdag sal ek nooit vergeet nie.

Die dag was mistroostig vir dié wat op die warm Kaapse somersmiddag nie saam met familie aan 'n groot tafel van boud en hoender aangesit het nie." In die omgewing van Goodwood en Epping, waar ek op soek was na 'n adres, het die dag nog valer gelyk. En my mond was dik.

Dik, omdat 'n redakteur my van alle dae op Kersdag 'n storie gegee het om te gaan doen.

Soekend straat op en straat af het ek Bainskloof se koel water voor my gesien. En skaapboud, geelrys, sousboontjies en poeding alles wat lekker is. Dit is die dinge waarna 'n man op so 'n dag verlang. En daar sit ek in 'n motor met 'n pakkie langs my. In die pakkie was 'n speelding. 'n Lorrie, bloedrooi.

Ek loer weer na die briefie in my sak.

"Liewe Oom, ek is baie siek. Dit is dalk my laaste Kersfees op dié aarde. Stuur asseblief vir my 'n lorrie. 'n Rooie, asseblief ..."

Daar was destyds by die koerant sovele versoeke van sovele mense. Almal kon nie gehelp word nie, maar hierdie een het die redakteur gesien, gelees en na my aangedra.

"Dit is 'n siek kind wat dit vra. Dit kan sy hart bly maak en dit kan vir ons 'n goeie storie oplewer. Dit sal soveel beter wees as jy op Kersdag met die geskenk daar aankom," het die redakteur op sy gebruiklike haastige manier beduie. Jy vat maar die briefie, gaan koop die rooi lorrie en bêre dit tot Kersdag, want jy is die junior verslaggewer.

Dan kry jy uiteindelik die huis. Nederig, maar netjies. Die vrou wat die deur oopmaak, se oë is rooi gehuil. Jy kom dadelik agter dat hier wel ernstige probleme is en jy gesels saggies met haar. Jy hoor van 'n kind wat siek is. Bloedkanker. Daar is nie meer hoop nie. Die dokters het hom huis toe laat kom omdat dit sy laaste Kersfees tuis sou wees.

Dan roep 'n stemmetjie uit die kamer: "Kom maar binne, dit is nie nodig om saggies te praat nie. Ek weet ek moet na liewe Jesus toe gaan."

Onder die spierwit laken lê 'n nog bleker gesiggie. Jy ruik en voel die einde aan in die kamer. Dit is 'n seuntjie. Dalk tien, twaalf, vyftien ... Na soveel pyn en só 'n lang stryd teen die dood, kan 'n mens nie meer die ouderdom skat nie. Dit is net 'n klein bondeltjie.

Bokant sy kop is die muur uitgekalwe. Dit is waar sy vingertjies gegrawe het wanneer die pyn snags te ondraaglik word. Skielik staan jy beskaamd met die simpele ou geskenkie agter jou rug weggesteek.

"Het oom die lorrie gebring?" Die gesiggie is vol afwagting, vol hoop. Jy knik, haal die papier af en sit die rooi speelding langs hom neer.

'n Gesiggie het nog nie só gestraal nie. Blink trane loop tussen die dankie-sê deur. Dan roep hy sy boetie, agt jaar oud en pragtig gesond.

"Hier is die lorrie wat jy so graag wou hê. Ouboet het mos belowe jy sal hom kry.

Dan besef jy. Dit was toe nooit vir homself nie. Dit is die laaste geskenk wat hy vir sy kleinboet gevra het.

Buite is dit nog warmer as netnou. Jy staan verslae en beskaamd voor die motor voordat jy inklim.

Dan ry jy. Sommer net nêrens heen nie. Maar tot vandag onthou jy. Onthou jy wat 'n rooi lorrie vir 'n siek seuntjie beteken het.

En nog nooit weer was daar 'n Kersdag soos daardie nie ...

[Agtergrond: Marius se mammie was ‘n weduwee. Sy pa was op daardie tydstip reeds agt jaar oorlede. Hulle was maar arm, maar hulle was ryk in die Here. Hulle het almal aan Jesus Christus behoort en Hom baie liefgehad, soos Marius deur sy liefdesdaad op sy sterfbed, gewys het. Marius is drie dae na Kersfees oorlede, maar leef steeds in sy geliefdes se harte. Dankie, ouma Gerty, vir hierdie besondere verhaal.]

Nog verdere verhale HIER

Sunday 25 July 2021

Vandag se internetgebed vir jou

Here, ons trane lê vlak, 
die skrik bly in ons keel vassit. 
Gister se hartseer is nog nie klaar nie, 
dan kom die volgende slegte nuus. 
Ons woorde is op. 
Ons troos woorde dom, want ons weet nie meer nie,

Die gewone reëls is lankal vergete, 
hierdie siekte vat en los en verwoes.
Here, wees ons genadig.

Daar waar dokters en verpleegsters en personeel skarrel in hospitaalgange.
Here, wees ons genadig.
Daar waar besighede toemaak en mense beangs werkloos huis toe gaan.
Hoe lank nog Hemelse Vader?
Here, wees ons genadig.

Ons het mekaar so verskriklik nodig, 
maar ons moet ver bly staan.
Gemasker, gesaniteer en geìsoleer, 
terwyl die behoefte vir aanraking so intens is.
Kinders en grootouers, ouers, vriende, kollegas, 
ons vat mis, want ons moet.
Here, wees ons genadig.

As die kerkdeur Sondag toebly en ons aanlyn na mekaar luister
As ons vyftig ver van mekaar inskuif om te rou oor ‘n geliefde.
Here, wees ons genadig.

Daar is nie een van ons wat nie vrae het nie.
Niemand is onaangeraak.
Almal treur, Here, wees ons genadig.
Ons hou vas aan U, Ons kom skuil by U,
Ons roep na U, Here, wees ons genadig.
Amen

*Geleen*

Tuesday 20 July 2021

In ligter luim ...

Maak gerus 'n draai HIER om die
lagspiere oefening te gee.

 

SIX MISTAKES ADULT CHILDREN MAKE WHEN PARENTS ARE AGEING AND SICK

As an adult child, caring for an ageing or sick parent is a major responsibility.  While there are many factors and decisions to consider, there are also precautions the adult child must prepare for and seek to avoid while caring for their ageing parent.

Failure to plan ahead. Be sure to take proactive steps for long-term care in regards to your parent. Research the different living options that are available and what the best option may be for them; in-home care, adult daycare, assisted living, etc. Also, seek background information and survey results from residents or clients. Meet with healthcare or senior care specialist to discuss your specific situation, figure out together what the best option for your parent(s) may be.

Emotionally unprepared.  Failing to prepare yourself emotionally for the changes that come with ageing parents can have a permanent effect on you.  Give yourself enough time to cope mentally and emotionally, especially if you’re now sharing your house with your parent(s), they’re suffering from an illness, or they’re experiencing memory problems which contribute to moodiness or frustration. The more emotionally and mentally prepared you are, the more patience and understanding you will have with your ageing parent.

Give them space to fail. Of course you want to protect your parents as they protected you as a child. However, try to remember, that as a child, often times you needed and wanted your own space to try things yourself. The same goes for your parents. Give them the space to figure out their own care needs, as long as they aren’t facing severe risks. Small needs like keeping up with the house,
cooking, home repairs, etc.

Failing to understand the overall situation. Not evaluating your parent(s)’ cognitive ability and overall health won’t help you understand their situation any better and will lead to more frustration. Have them evaluated for dementia, early signs of Alzheimer’s or other degenerative cognitive diseases, as well as a full health evaluation to better understand the care options, treatments and medications that need to be changed or taken.

Failing to let your parents feel a sense of control. Everyone needs and wants to feel in control of their lives, no matter what age they are or how ill they become.  It’s natural to want to help your parents without asking them, but instead discuss with them their opinions and wants so they feel they are able to have a say still, and find a way to compromise on issues that you may not see eye-to-eye on.  Remember, it’s still their life.

Neglecting to take proper care of yourself. It’s easy to become so caught up with taking care of your ageing or sick parent, that you forget about your own health, which will slowly begin to deteriorate. Remember, to take time for yourself ever so often, find a support group, schedule and maintain regular doctor appointments. If you’re not healthy and taken care of, it will reflect on the care you provide for your parent.

There are several factors, issues and topics to consider while taking care of an aging or sick parent. It may seem overwhelming, however, by preparing in advance and becoming cautious and educated with your parent’s situation, will help to eliminate stress.

[More information here.]

Sunday 11 July 2021

Groete en Vrede!!!

💧WATERDRUPPEL vir die WEEK = Leer en leef

Leer om die goeie na te streef
Leef om ander te laat leef,

Leer vrede maak, jy het net een kans
Leef om met hartsritme die lewe in te dans,

Leer om in jou binneste binne rond te delf
Leef met jou uniekheid en wees net jouself,

Leer vergenoegd wees iewers in die veld
Leef sonder 'n strewe na goed of geld

Leer erns maak met dit diep weggesteek
Leef met jou keuses - dit bou of dit breek,

Leer jy's aan ‘n genadelose wêreld geleen
Leef met meer as brood en water alleen,

Leer giggel vir jouself en skaterlag 'n slag
Leef met oë wat blink en lagtrane vir vandag,

Leer kyk die lewe vol in die oog en lig jou hoed
Leef met herinnering aan jou mooiste gistergoed,

Leer die getokkel van die Veilige Gees aan jou hart se snare
Leef voluit met die wete, Hý is in jou are.

💟💟 Ps 25:4 (NLV) = "Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie."

As 'n amen-gedagte: Die afgelope maand of wat het my net weer geleer wat dit beteken om styf en naby aan die Skepper van hemelgoed en stofaarde te loop. Amper so styf soos 'n pasgebore lammetjie wat langs sy ma loop met die uitsluitlike doel om te leer en te leef!

Sandkorrel baie seëninge 

[Klik HIER vir die weeklikse Waterdruppel. Dankie, Valerie Kilian, wat hierdie met ons deel.]

Monday 5 July 2021

Saturday 3 July 2021

Toe jy dink ek kyk nie ...

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste tekenprentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloperkatjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunstelingkoek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjies wees in die lewe.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om God te vertrou.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee, dit moet gee aan die medemens wat nie het nie.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewenslesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het, terwyl jy gedink het ek kyk nie.”

Friday 2 July 2021

Sandspore in die Kalahari

Sendeling HJ Cronje en sy vrou, Dalene,
van Noenieput in die Kalahari.

'n Boek met sendingbelewenisse in die Kalahari: "Sandspore van genade." Bestel HIER.

Luister gerus na die wonderlike verhale HIER.

Besoek die FB hier.


'n Boodskappie uit die Kalahari

Groete en Vrede!!!

Skielik het die koue sy tande diep ingeslaan. Skaars gister het almal (veral hier in die Kalahari) steen en been gekerm en gekla oor die hittigheid, die sweet en natuurlik oor die son wat dooierus brand. En nou, nou is meer as net 2021 se koudste maande deel van ons bestaan. Die Covid-19-pandemie het ook onverwags opgeduik en besluit om langer oor te staan as wat enige mens kon dink. Gevolglik het  dit ‘n dramatiese impak op almal se doendinge gehad. 

Die terugkyk in my en die Mooiste Mooi se gistergoed (veral so oor die inperkingstydperk) beteken absoluut niks as kosbare sendingvriende soos jy nie deel daarvan is nie. Sandkorrel baie dankie vir die liefde, gebede en vriendskap wat sonder enige verwagtinge of voorbehoud op ons uitgestort word. Dit bly soetreën-lekker om te weet dat daar voorwêreld-mensegoed is wat liefde, deernis en kompassie vir ons het. Veral vir dit wat ons hier aan die vergeetkant van die land vir die Jesus-evangelie doen. 

Daarmee saam is daar ook in my en die Mooiste Mooi se harte ‘n groot klomp dankbaarheid vir die finansiële bydrae wat gereeld gemaak word. Hierdie bydrae help onder meer om die nood te verlig by kosbare mense wat regtig baie sukkel. Daarmee saam stel dit my en die Mooiste Mooi ook in staat om die liefdesevangelie van die Kêrelkind van God hier uit te leef. 

Ons is en bly oortuig daarvan dat elke rand of gedeelte daarvan wat in hierdie bediening belê word, as goeie saad beskou kan word. Daarom bly dit dan ook ons gebed dat die opbrengs hiervan oorvloedig in julle hand sal wees. 

Laastens maar ook die belangrikste, dankie ook vir die gehoorsaamheid aan die Geeswind van God se sagte influistering. 

Dis nou eers hier waar ons halt gaan roep en besig raak met van die dinge waarvoor Vader ons geroep het. Wel, vanuit die Kalahari tot ‘n volgende keer, mooi bly, lekker slaap, sandkorrel baie seëninge en moenie vergeet dat daar ... êrens tussen die duine mense woon wat vir jou omgee omrede jy kosbaar en spesiaal is. 

Die Kalahari-Cronjé’s 

[Dankie, Valerie Kilian vir die stukkie wat jy met ons almal deel.]

Kindness ...


 

Thursday 1 July 2021

Vandag is 'n pragtige dag ...

‘n Blinde seuntjie sit op die trappie van die groot gebou met sy hoed by sy voete. Hy het ‘n kartonbaniertjie waarop geskryf staan: “Ek is blind, help asseblief.” Daar was slegs ‘n paar muntstukkies in sy hoed.

‘n Man het by die seun verby gestap. Hy het so oomblik stilgestaan en ‘n paar munte uit sy sak gehaal en in die hoed gegooi. Hy neem toe die kartonbaniertjie by die seuntjie en skryf ‘n paar woorde agterop die karton. Hy plaas die baniertjie terug in die seuntjie se hande met die nuwe boodskap wat hy geskryf het, aan die voorkant, sodat die verbygangers dit kan lees.

Kort voor lank begin die seuntjie se hoed sommer vinnig vol raak. Baie meer mense het nou geld vir die seuntjie gegee.

Daardie middag kom die man wat sy kartonbordjie herskryf het, terug om te sien hoe dit nou gaan met die seuntjie. Die seuntjie herken die man se voetstappe en vra aan hom,

“Was jy die man wat vanoggend my banier herskryf het?”

“Wat het jy op my banier geskryf?”

Die man antwoord, “Ek het slegs die waarheid geskryf. Ek het presies gesê wat jy gesê het, maar slegs op ‘n ander manier.”

Wat hy geskryf het, was: “Vandag is ‘n pragtige dag en ek kan dit nie sien nie.”

Dink jy die eerste en die tweede banier het dieselfde gesê?

Natuurlike het beide tekens gesê die seuntjie is blind. Maar die eerste teken het eenvoudig gesê die seun is blind. Die tweede teken het mense vertel dat hulle hulself gelukkig kan ag dat hulle nie blind is nie.

Soms is dit slegs ‘n kwessie van hoe ons na ‘n saak kyk, van albei kante af.

Die mooiste is om iemand te sien glimlag! En nog mooier, is om te weet jy is die rede daarvoor !

Thankful