Sunday 25 July 2021

Vandag se internetgebed vir jou

Here, ons trane lê vlak, 
die skrik bly in ons keel vassit. 
Gister se hartseer is nog nie klaar nie, 
dan kom die volgende slegte nuus. 
Ons woorde is op. 
Ons troos woorde dom, want ons weet nie meer nie,

Die gewone reëls is lankal vergete, 
hierdie siekte vat en los en verwoes.
Here, wees ons genadig.

Daar waar dokters en verpleegsters en personeel skarrel in hospitaalgange.
Here, wees ons genadig.
Daar waar besighede toemaak en mense beangs werkloos huis toe gaan.
Hoe lank nog Hemelse Vader?
Here, wees ons genadig.

Ons het mekaar so verskriklik nodig, 
maar ons moet ver bly staan.
Gemasker, gesaniteer en geìsoleer, 
terwyl die behoefte vir aanraking so intens is.
Kinders en grootouers, ouers, vriende, kollegas, 
ons vat mis, want ons moet.
Here, wees ons genadig.

As die kerkdeur Sondag toebly en ons aanlyn na mekaar luister
As ons vyftig ver van mekaar inskuif om te rou oor ‘n geliefde.
Here, wees ons genadig.

Daar is nie een van ons wat nie vrae het nie.
Niemand is onaangeraak.
Almal treur, Here, wees ons genadig.
Ons hou vas aan U, Ons kom skuil by U,
Ons roep na U, Here, wees ons genadig.
Amen

*Geleen*

No comments:

Post a Comment