Showing posts with label Advies. Show all posts
Showing posts with label Advies. Show all posts

Wednesday, 25 June 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: LIEFDESBRIEF AAN 'N SUSSIE

’n Vrou het saam met haar ma tee gedrink. Terwyl hulle oor die lewe en volwassenheid gepraat het, het haar ma gesê: "Moet nooit jou susters vergeet nie! Hulle sal mettertyd baie belangrik word, maak nie saak hoe lief jy jou man, of jou kinders het nie, jy gaan jou sussies nodig hê!” 

"Onthou wanneer ek praat van jou Sussies bedoel ek ALLE vroue wat aan jou geheg is. Soms moet jy hulle kontak, dalk saam met hulle uitgaan, dinge saam met hulle doen, want eendag sal jy hulle nodig hê!” 

Die dogter het daardie woorde in haar toegesluit. Sy het kontak met haar sussies behou. Sy het deur die jare baie vriende gemaak. Sommige het gekom, sommige het gegaan, maar mettertyd het sy verstaan ​​wat haar ma bedoel het. Die wêreld, tyd, natuur en lewe bied hul veranderinge en raaisels in 'n vrou se lewe, maar jou ware sussies bly altyd. Na al die jare wat ek op hierdie aarde geleef het, het ek geleer dat:
* Tyd gaan verby.
* Die lewe gebeur.
* Kinders word groot.
* Afstand skei.
* Passie neem af.
* Die hart breek.
* Ons ouers sterf.
* Gunste word vergeet.
* Werksgeleenthede kom en gaan.
* Loopbane eindig.

MAAR ...

ou sussies is altyd daar, maak nie saak wat die afstand tussen julle nie. ’n Sussie is nooit te ver om bereik te word nie. Wanneer jy deur 'n eensame vallei moet stap en dit vir jouself moet doen, sal die sussies van jou lewe om jou wees, jou bemoedig, vir jou bid, jou druk, vir jou ingryp en met ope arms vir jou wag by die einde van die pad. Hulle sal langs jou loop ... of selfs jou vrag dra. Oumas, ma's, dogters, kleindogters, niggies, tannies, skoonma's, skoonsusters, skoondogters en jou KOSBARE NABY VRIENDE ... Hulle is almal jou sussies en hulle is God se seën in jou lewe!

Sussies gee betekenis aan jou lewe te gee. 

[Dankie, Elmari]

Friday, 31 January 2025

Dink 'n bietjie hieroor ...

Deesdae lewer almal kritiek op almal wat iets doen, iets probeer doen en ook op diegene wat nie iets doen nie. Die kritici weet altyd beter en die voor die hand liggende oplossings word met smaak in die naaste oor uitgestort. Dis net só jammer dat dié mense wat met soveel insig toebedeel is, nie 'n daadwerklike poging tot die verbetering van die onmiddellike omgewing aanwend nie. Raad(t) en advies is beslaan reeds bladsye vol. Sosiale media wemel daarvan, maar diegene wat die daad by die woord voeg, is dun gesaai.

Die volgende raakleesstukkie kan 'n mens tot nadenke stem:

* Het die doeners nie minder geword as gevolg van al die kritiek nie?

* Misien het die mense wat altyd die ekstra myl geloop het, ongeag die omstandighede, besluit het om halt te roep, omdat die versperrings in hulle pad al meer geword het.

* Miskien moet 'n mens, voordat jy iemand kritiseer of fout vind met hulle werkswyse, eers komplimenteer - sien die goeie raak - alles kan nie net verkeerd wees nie.   

*  Moenie dadelik deel word van die uitsaaistasie wat 'n sappige storie versprei nie - laat enige storie by jou stop.

* Tel elke dag jou seëninge en kyk met genade-oë na hulle wat jou pad kruis.

* Kweek doelbewus ʼn positiewe lewenshouding aan. Dit is nooit te laat nie.

* Bid eerder in plaas van kritiseer.

[Dankie, Danelia, vir die deel hiervan.]   

Sunday, 28 April 2024

Moet nooit ophou glo nie ...

Daar gebeur elke dag snaakse dinge met 'n mens omdat jy swak is, bekommerd is, haastig is en omdat jy verkeerde besluite maak.

Dikwels doen 'n mens dinge voordat jy goed oor die saak gedink het en voordat jy probeer het om die  probleme op te los. Dikwels luister jy na verkeerde raad, of soek jy 'n maklike uitweg. Daar is altyd uitweë wat lyk of dit mooier, makliker en beter is.

Moenie verkeerde advies vir iemand gee nie. Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. 

God sê: "Kom na My toe ek sal vir jou 'n uitweg en 'n antwoord gee." 

[Anoniem]