Saturday, 26 September 2026

Saterdaglagmedisyne - Ouma

* Susan, vyf, het by ouma in die ouetehuis gaan kuier, terwyl haar ma dokter toe is. Ouma gooi vir hulle vrugtesap in en vertel vir Susan hoe gesond dit is en hoeveel vitamines in 'n glas vrugtesap is.
Sy was besig om dit te drink toe sy begin hik.
"Ouma, moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "Dit laat my tande hoes!"

* Brittany hou haar ouma met groot oë dop, terwyl dié al haar aand se pille uithaal om te drink. Sy besluit om vir ouma te help om die botteltjies oop te maak. Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ouma dat die prop "Kinderproof" is en dat 'n grootmens altyd sal moet help. Met groot oë vra Brittany: "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ék wat hom wil oopmaak?"

* Ouma gaan kuier by haar Gautengse kinders en moet 'n kamer deel met haar tienerkleindogter. Dis gelukkig nie vir een van hulle twee 'n probleem nie, want hulle is nie net naamgenote nie, maar hulle is ook baie erg oor mekaar.
Die Maandagoggend vroeg is die kleindogter universiteit toe, maar vergeet haar skootrekenaar in haar haas in haar kamer.
Haar ouma dink toe dis 'n skaal.
Lang storie kort, ouma weeg R38 000!

No comments:

Post a Comment