Monday 29 June 2020

Boodskappe van hoop

Gaan luister gerus HIER na 'n na
'n besielende boodskap vanoor die land.

Don't get old ...


Sunday 28 June 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: God gee uitkoms - ons hoop is op Hom gevestig.
(Biddag vir alkoholverslaafdes)

Skrifgedeeltes:
2 Korinthiërs 1:1-11(kerngedeelte)
Klaaagliedere 3:14-18 en 21-24

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 28 Junie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer  - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)
Prediker: Ds. Andries Potgieter
N.G. Oudtshoorn-Welgeluk 
Tema: ‘n Beker koue water - klik HIER vir die boodskap
Datum: 28 Junie 2020

Saturday 27 June 2020

Psalm-voorlesings

Gaan luister gerus na die voorlesing van die Psalms HIER
Die video van Ps. 84

Ps. 55:22


Friday 26 June 2020

21 000 besoekers

Teen 4 Junie het 20 000 mense by ons virtuele sitkamer ingeloer en heerlik gekuier. Vandag, minder as 'n maand later, sê ons dankie vir nog 'n 1000 besoeke. Julle is meer as welkom om te kuier en ook om kommentaar of stories te stuur.

Ons Huis-groete

'n Geskenk van genade ...


Thursday 25 June 2020

Grendelgenade

Gaan lees HIER oor die hoop wat daar vir ons in hierdie Psalms opgesluit is. Gaan lees Ps. 90 - dit is hoeveel dae ons al in die grendeltyd inbeweeg het. 

Leef as kind van God

Die mens wat in volle waarheid ‘ontdek’ wie God werklik is en ook ‘ontdek’ wie die persoon voor God werklik is, is die beste kandidaat om die Evangelie van Jesus Christus reg te kan verstaan, aan te neem en kindskap in Christus te kan beleef en uit te leef.

Saturday 20 June 2020

‘n Aangename geur

Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, het ek in my tuintjie gestaan en kyk na die dou op die plante.  Daar was oorvloedige dou op die kappertjies wat ek besig was om te pluk, en terwyl ek die helderkleurige fraai blommetjies die een na die ander afpluk, het ek skielik onthou dat ek lankal eenmaal gelees het:  “Dis net wanneer kappertjies gekneus word, dat ons hulle heerlike geur kry”.

So, dink ek toe, is sommige mense ook, dis juis wanneer die swaar slag van die lewe hulle tref, dat jy uitvind watter lieflike gees daar in hulle hart is.
Dis die mense wat die lewe nooit sal kleinkry nie, want hoe seerder hulle hart, hoe groter glimlag die mond, hoe feller die pyn, hoe minder die klag.  Hulle is die kappertjiemense in die tuin van God.

En hierdie sonneblom, met sy groot oop bottergeel gesig, laat my dink aan die liewe mense wat altyd lag, vir wie die son altyd skyn, en vir wie die lewe altyd lekker en aanvaarbaar is.  Hulle is nooit verveeld en onvergenoegd nie, vir hulle is werk ‘n lus en nooit ‘n las nie en werk wat hulle aanpak, doen hulle flink en goed en sonder om te mor en te kla.  Dis hierdie sonneblom-mens van wie daar gesê word:
“Die vrolike vlam wat klap en kraak,
Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak,
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.”

En ek dan?  Watter soort blom is ek van God se tuin?  Het ek ook ‘n doel, en is ek ook van nut ..?  Dis toe dat ek dit sien.  Al die blomme was benat met dou, en op al die blomme het God se son geskyn.  Hy het almal gemaak en almal is Syne.  Hy het nie net kappertjies en sonneblomme nodig nie, maar Hy het ook die skugter Vergeet-My-Nietjies nodig.

Met ‘n diepe dankbaarheid in my hart bid ek:
“As ek dan nie ‘n wonderlike mens kan wees met mooi en baie deugde nie, Liewe Heer, laat my dan tog net toe om die grond van hardheid te bedek waarlangs die voete van U skepsels loop, en wanneer hulle voete my kneus, laat dan ‘n aangename geur U hart verbly.”

Uit: Soos ‘n blom is jou dae - Susan Kotzé

Friday 19 June 2020

Sunday 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname van Dutoitspan-gemeente
om op die blog te laai nie.

Boodskappe van hoop

Gaan luister gerus HIER na 'n na
'n besielende boodskap vanoor die land.

Jesus: Gesag en vergifnis

Dankie, Jan Harm de Kock wat hierdie
boodskap van vergifnis met Ons Huis se leser deel.
Klik HIER vir die boodskap.
Datum: 31 Mei 2020
Christus-gemeente Vaalharts

Friday 12 June 2020

Age is nothing but a number ...

Age is nothing but a number, to which we have attached great significance. Somehow we have given more meaning than we should, and so we let a number to control our life. The truth is that age does not define us, or our destiny, because it is not our age that counts, but our attitude.

“Don’t just count your years, make your years count.” – George Meredith
It seems that we have an age for everything, an age to learn and study, and age to have fun, an age to get married, and age to have kids, and age to be successful and an age where you are too old to do anything that you basically die before you are really dead.

We have given age the power to decide for us, it can decide if it’s right for us to do something or not, we base our decisions in our age, what most of the time lead us to make the wrong decision or to decide something according to our age rather than decide according to our feelings and desires and we do this due to the limitations we have put in our minds because of age.

The important thing in our life is to know that age is not what matters, because what really matter in our life is our attitude, our faith, commitment and perseverance. Of course our age indicates the passage of time, and so we have more difficulties at certain age, but the key to live our life to the fullest resides in our mind, there is nothing that can stop us to reaching our goals if we believe that everything is possible. Our mind is everything, and we should never let age interfere with us.

[Thank you, Melisa Rodriguez, for sharing this with us]

How old are you?


Sunday 7 June 2020

Meditate on this dear brothers and sisters ...

A pro golfer once told me this story: During the final of a major competition, a golfer was lining up on the eighteenth hole for a putt that would win the championship.

As he was about to nudge the ball toward the hole, a train passed by, giving a long, loud whistle. The golfer made his shot, the ball went into the hole, and he won the competition! The organisers came running over, apologising profusely for the distraction of the train, but the golfer looked up, confused, and said, “What noise?” He was so focused on the game he had not even noticed. If only we could maintain that sort of clear and intense focus in our lives!

In the Bible, the Lord speaks about being distracted by things such as possessions, friends, and difficult circumstances. These things will come, but our focus should be on God - we should keep our “eye on the ball,” so to speak. Let us do everything in our power to please the Lord, leaving the rest to His safekeeping.

PRAYER
Lord, when I run up against the countless distractions of each day, please allow me to maintain my focus on You and on what You have given me to do. Amen

[Pastor Angus]

Saturday 6 June 2020

OK: oudag-kommer


  • Oudag-Kommer 
    • Moenie my eenkant toe stoot noudat ek oud geword het nie.
    • Moenie my verlaat wanneer my kragte afneem nie.
    • O God, noudat ek oud en grys is,
      • moenie my verlaat nie,
      • sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak,
      • en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel.

Korter is soms meer effektief


Het jy geweet 91% van alle selfooneienaars se selfone is 24/7 binne een meter van hulle hande af? 20% van alle tieners se liefdesverhoudings word deur middel van SMS-boodskappe gesmee en 16% van alle tieners beëindig liefdesverhoudings deur middel van SMS-boodskappe. Nou wil jy sommer dadelik vra: watter tipe verhouding kan jy bou in 160 karakters op ‘n selfoonskerm? Maar aan die ander kant is dit die nuwe haastige kommunikasiewêreld waarbinne ons leef.

Maar wag, voordat ons dink dis net vandag se wêreld wat dit regkry om by wyse van korter boodskappe effektief te kommunikeer - gaan kyk bietjie na die meeste gebede in die Bybel.

Hulle kan almal binne ‘n paar minute gebid word. Die Ons Vader (Matteus 6), asook Paulus se gebede vir sy gemeentes is altyd kort en kragtig. Geen wonder dat Jesus in die Bergrede sê God word nie deur ‘n stortvloed van woorde beïndruk nie. Daar’s nooit hemelse stophorlosies ter sprake wat ons gebede se waarde of diepte meet aan die tydsduur daaraan verbonde nie. Bid opreg, eerlik en uit die hart in Jesus se Naam. Sê dan amen. Dis lank genoeg.

Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)

Thursday 4 June 2020

167 besoekers van oraloor

Dankie vir al die besoekers wat 'n draai by Ons Huis se
blog maak. Stuur gerus voorstelle in oor wat julle nog
hier in ons virtuele sitkamer wil lees. 

Klik op die prent om die statistiek duidelik te kan lees.

20 000 bewyse

Klik op die prent om die "bewys" duidelik
te sien.

20 000 keer dankie!

Dankie vir elke kuiergas by Ons Huis se webwerf. Dankie vir die gereelde kommentare wat ons ontvang - dit maak die instandhouding van hierdie webwerf  net 'n plesier.

Vertel gerus julle vriende van die heerlike virtuele kuierhoekie.

Ons adres is:
https://onshuiskimberley.blogspot.com/

We need patience ...

Wednesday 3 June 2020