Showing posts with label Drukkie-dag. Show all posts
Showing posts with label Drukkie-dag. Show all posts

Tuesday, 4 June 2019

Vandag is drukkiedag vir katte ...

In die tuine en tuinpaadjies van Ons Huis wandel die viervoetiges en lê dikwels uitgestrek in die roosbedding, besig om hulle te verlekker in die warm sonstrale van die winterson.

Skraap een van die gemeenskaplike vriendjies nader en gee hom sommer 'n ekstra drukkie, net omdat hy met sy katpootjies liefde van mens tot mens uitdeel.

Tuesday, 12 February 2019

Internasionale drukkie-dag ...

Almal van ons het drukkies nodig, almal van ons het dit nodig om te hoor dat ons spesiaal is en dat daar mense is wat vir ons omgee. Kom ons gaan tot aksie oor en gee vir elkeen wat vandag ons pad kruis, 'n drukkie!