Showing posts with label NG Kerk Diamantveld. Show all posts
Showing posts with label NG Kerk Diamantveld. Show all posts
Saturday, 20 October 2018
Dankie, Diamantveld-gemeente!
'n Groot Ons Huis-dankie aan die omgee-gemeentelede wat 'n gewone Woensdag ingekleur het dat dit een van die uitstaandae op 2018 se kalender geword het. Ons waardeer dit!
Braaidag - 10 Oktober 2018
'n Aangename verrassing het die inwoners van Ons Huis te beurt geval toe die NG Kerk Diamantveld besluit het om op 10 Oktober 2018 'n Ons Huis-braaidag te hou.
So 'n uitstappie is in meer as een opsig heerlik. Dit gee 'n mens sommer die geleentheid om jou sintuie in die natuur 'n bietjie op te skerp. Dit was 'n heerlike sonskyndag en die gedekte tafels onder die groot ou koeltebome het sommer weer energie in die ou bene kom sit!

Friday, 6 July 2018
NG Kerk Diamantveld se omgee-besoek ...

Engele loop dikwels in mensgestaltes tussen ons rond,met omgee-harte wat uitreik na mense wat dit nodig het.
Ds Pieter-Roux du Toit en die dames van die NG Kerk Diamantveld
het op 28 Junie heerlik saam met die inwoners van Ons Huis gekuier.
Nie net het hulle heerlike eetgoed saamgebring nie, maar het hulle elke inwoner met 'n paar warm slaapkouse vir
die koue winter verras.
Baie dankie vir al julle omgee en liefde vir die inwoners. Dit gaan nie ongesiens verby nie.
(Gaan loer gerus by die ACVV FB vir nog foto's.)
(Gaan loer gerus by die ACVV FB vir nog foto's.)
Subscribe to:
Posts (Atom)