![]() |
| Hier is 'n laaikas vol besielende preke. Klik HIER. |
Showing posts with label Grendeltyd. Show all posts
Showing posts with label Grendeltyd. Show all posts
Wednesday, 20 January 2021
Sunday, 23 August 2020
Druppels Hoop: Kort Psalm-boodskappies
| Klik gerus HIER indien jy een van die Psalms wil lees. |
Labels:
Druppels van Hoop,
Ds. Brahm Reyneke,
Grendelgenade,
Grendeltyd,
Psalms
Sondag: Covid-19-erediens
| Klik HIER om na die diens uit die hartjie van die Karoo te luister. Dankie, Christelle Hattingh, wat hierdie boodskap met Ons Huis-lesers deel. Ds. André Theron is 'n brugpredikant hier. Hy is 'n omgee-uitreik-predikant wat uithelp waar sy dienste benodig word. Victoria-Wes is sy vierde bruggemeente, vandat hy afgetree het. |
Thursday, 20 August 2020
Die Psalm-reeks ...
Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!
Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.
Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!
Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.
Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.
Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.
Labels:
Brahm Reyneke,
Covid-19,
Druppels van Hoop,
Grendeltyd,
Psalm 23,
Psalms
Thursday, 25 June 2020
Grendelgenade
Gaan lees HIER oor die hoop wat daar vir ons in hierdie Psalms opgesluit is. Gaan lees Ps. 90 - dit is hoeveel dae ons al in die grendeltyd inbeweeg het.
Labels:
Druppels van Hoop,
Grendelgenade,
Grendeltyd,
Psalm
Saturday, 23 May 2020
Die plek van liefde en lig ..
Elizma Steenkamp het 'n groepie mense toegespreek en haar boodskap is aangestuur sodat ons dit ook met Ons Huis se lesers kan deel. Haar onderwerp was: BE
BRAVE - BODY, MIND & SOUL.
Die belangrikste boodskap is dat ons moet hierdie tyd moet gebruik om stil te word. Ons moet in hierdie dae ’n geestelike
reis onderneem na die plek waar jou liggaam, siel en gees mekaar ontmoet en waar jy in totale
harmonie lewe. 'n Plek waar jy dapper
genoeg is om die “stories” van skuld, angs, vrees, skande, woede en onvergenoegdheid uit jou kop te haal. Om buite jou kop te staan en in te kyk, al
die negatiwiteit uit te werp en jouself te vul met God se waarheid van liefde
en lig.
Die plek van liefde en lig waar jy vreesloos die einde kan
sien waar jy wil wees.
Die plek waar jy goed doen aan ander, omdat jy kan.
Dié plek waar jy van jou slimpraatjies ontslae raak in ruil
vir God se waarheid van liefde, lig en goedheid.
[Bron: Klik HIER vir verdere lees]
Labels:
Covid-19,
Elizma Steenkamp,
God,
Grendeltyd,
Lewensreis,
Liefde,
Siel
Friday, 1 May 2020
Nuwe grendeltyd-woorde
Inperkbeserk-Hy is
vandag so gefrustreerd dat hy sommer in ‘n boom sal klim net om beter te wil
voel.
Koronamouna-Iemand
wat tydens die inperking heeldag sy lot bekla.
Pandemiepremie-Die prys
wat die land, ons elkeen, betaal vir die ekonomiese inperking.
Koeshoes-Ek koes
deesdae wanneer iemand hoes.
Grendelswendel-‘n
Skelmstreek waarmee iemand jou wil vang.
Wednesday, 29 April 2020
Tuesday, 28 April 2020
Beskikbaar: Handreinigers
Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.
Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.
Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.
Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892
[As jy jou eie houer bring vir handreiniger dan kry jy R20 afslag.]
Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.
Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.
Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892
[As jy jou eie houer bring vir handreiniger dan kry jy R20 afslag.]
Labels:
Advertensie,
Covid-19,
Grendeltyd,
Handreiniger,
Lockdown
Monday, 27 April 2020
Ds. Henk Calitz van Carletonville skryf ...
Ek wil graag vandag hierdie met julle deel ...
Dit was vir my n belewenis wat ek nog nooit ervaar het nie ...
Gisteroggend ry ek Parys toe met permit en gesigmasker.
Ek vat 'n Tannie huis toe, sodat sy kan bloed kry vir haar bloedkanker.
Iets wat ek met liefde doen.
Terwyl ek terugry, word ek by die 3de padblokkade gestop.
Polisiemanne en -vroue. Die kaptein stap na my toe en vra my
permit. Hy vra wat die rede was. Ek vertel en hy sê vir my ... What job do you really do? Ek
probeer maar die standaard antwoord. "I am a MARUTI."
Hy vat my permit en ID-dokument en vra dat ek dadelik moet
aftrek ...
My moed is in my skoene en sien net hoe gaan ek vandag
geboei êrens in n sel sit en 'n hele paar rand armer ...
Lees die res van die verhaal HIER.
Labels:
Covid-19,
Ds. Henk Calitz,
Grendeltyd,
Jan Harm de Kock,
Padblokkade
'n Gebed vir ons land
'n Gebed vir ons land in hierdie Covid-19-tyd.
Klik op die woord GEBED om na die gebed van ds. Brahm Reyneke te luister.
Klik op die woord GEBED om na die gebed van ds. Brahm Reyneke te luister.
Labels:
Brahm Reyneke,
Covid-19,
Gebed,
Grendeltyd,
Inperking
Saturday, 25 April 2020
Net 'n oproep ver van jou
Jou ouers is net 'n oproep ver van jou en jou familie. Bederf hulle met 'n ekstra oproep in hierdie grendeltyd. Bring 'n bietjie nuus van buite die mure van die ouetehuis. Vertel hoe dit met die familie gaan - hulle wil graag weet hoe dit gaan.
Hulle wag vir jou oproep!
Hulle wag vir jou oproep!
Labels:
Bel,
Covid-19,
Grendeltyd,
Kinders,
Kleinkinders
Tuesday, 21 April 2020
Druppels hoop ...
| Besoek gerus HIERDIE bladsy vir inspirasie. Klik HIER om na die bladsy te gaan. |
Labels:
Brahm Reyneke,
Covid-19,
Grendeltyd,
Hoop,
Lockdown,
Psalm
Saturday, 18 April 2020
Liewe Kinders
Onthou om, veral in hierdie grendeltyd, so 'n ekstra oproep of twee na Ons Huis te maak en met jou ma of pa te praat. 'n Telefoonkuier is net so 'n lekker kuier. Verbreed die vier mure van die kamer en bring so 'n stukkie van die buitewêreld na die klein kamertjie.
Sosiale kontak is afwesig - kinders, vriende en kerklimate wat gewoonlik by die inwoners kom kuier het, kan nie meer nie.
Ouers is ook bekommerd oor die gesondheid van hulle kinders en kleinkinders. Kontak hulle en stel hulle gerus.
Geniet 'n foonkuier en sit 'n bietjie kleur in 'n vaal dag.
Foongroete!
Sosiale kontak is afwesig - kinders, vriende en kerklimate wat gewoonlik by die inwoners kom kuier het, kan nie meer nie.
Ouers is ook bekommerd oor die gesondheid van hulle kinders en kleinkinders. Kontak hulle en stel hulle gerus.
Geniet 'n foonkuier en sit 'n bietjie kleur in 'n vaal dag.
Foongroete!
Labels:
Bel,
Covid-19,
Grendeltyd,
Kinders,
Kleinkinders,
Ouers
Thursday, 16 April 2020
Liewe Virtuele Kuiergaste
Vandag leen ek by dr. Fanie Harold 'n paar woorde. Hy sê dat
'n mens op jou lewenspad twee soorte mense ontmoet. Die "ek-wil-hê"-mense
en die "ek-wil-gee"-mense.
Tydens hierdie grendeltyd het ons in die media gelees en
gehoor van al die "ek-wil-gee"-mense. En dat daar so baie van hulle
in ons land is. Mense wat uitreik na diegene wat dit die nodigste het.
Dit is met dankbaarheid dat ons weet dat Ons Huis
se lesers deel is van die "ek-wil-gee"-groep
Die "ek-wil-hê"-mense is dié mense wat maklik
verontreg voel, ontevrede is, gou foutvind en nie maklik gee nie. En as hulle hul
in 'n situasie bevind waar hulle verplig voel om te gee, gee hulle met 'n baie
swaar hart.
Daarom wil ons vandag uit Ons Huis-geledere dankie
sê vir elkeen van die "ek-wil-gee"-mense wat ons pad gekruis het.
Sonder om dit te verkondig, het julle aan die inwoners van hierdie ouetehuis
gedink.
En in hierdie grendeltyd wat ook 'n gee-tyd is, vra ons dat
julle nie die senior burgers wat deur baie mense op die rand van die lewe
uitgeskuif is, omdat hulle nie meer aktief in die samelewing kan werk nie, sal
dink. 'n Ekstra rolletjie toiletpapier, Handy Andy, seep en ander
skoonmaakmiddels kan dinge soveel makliker maak. Kontak gerus die kantoor om 'n
reëling te tref.
Mag elkeen van Ons Huis-lesers 'n gesonde en geseënde
inperkingstyd beleef.
Groetnis
Groetnis
Labels:
Brief,
Covid-19,
Dankie,
Grendeltyd,
Inperking,
Skoonmaakmiddels
Monday, 13 April 2020
Covid-19-oordenking 17
Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking.
Tema: Ons Huwelik vir Christus
Seënwense.
Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Tema: Ons Huwelik vir Christus
Aandtema:
(Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?
Seënwense.
Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Saturday, 11 April 2020
Covid-19-oordenking 16
Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.
Tema: Stille Saterdag van verslaenheid
Skriflesing: Lukas 23
Seënwense.
Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Tema: Stille Saterdag van verslaenheid
Skriflesing: Lukas 23
Seënwense.
Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Friday, 10 April 2020
Covid-19-oordenking 15 - aand
Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen die oordenking op Paasvrydag. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Teksvers: Johannes 19:38-42
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Teksvers: Johannes 19:38-42
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)
Covid-19-oordenking 15 - oggend
Ds. Rian Jansen van Vuuren van Kimberley Christen Netwerk doen die oordenking op Paasvrydag. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanoggend se tema: Die voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.
Teksvers: Matt. 27:31
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Rian Jansen van Vuuren te aktiveer)
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanoggend se tema: Die voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.
Teksvers: Matt. 27:31
Lukas 23:26-27
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Rian Jansen van Vuuren te aktiveer)
Thursday, 9 April 2020
Covid-19-oordenking 14
Ds. Dawie Scheepers van Harmonie-gemeente gaan vanaand die oordenking doen. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: Die pad na Getsemane.
Teksvers: Lukas 22:39-53
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)
Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore
Vanaand se tema: Die pad na Getsemane.
Teksvers: Lukas 22:39-53
Klik op die skakel "Oordenking".
Seënwense.
Oordenking 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)
Subscribe to:
Posts (Atom)













