Saturday 18 April 2020

Liewe Kinders

Onthou om, veral in hierdie grendeltyd, so 'n ekstra oproep of twee na Ons Huis te maak en met jou ma of pa te praat. 'n Telefoonkuier is net so 'n lekker kuier. Verbreed die vier mure van die kamer en bring so 'n stukkie van die buitewêreld na die klein kamertjie.

Sosiale kontak is afwesig -  kinders, vriende en kerklimate wat gewoonlik by die inwoners kom kuier het, kan nie meer nie.

Ouers is ook bekommerd oor die gesondheid van hulle kinders en kleinkinders. Kontak hulle en stel hulle gerus.

Geniet 'n foonkuier en sit 'n bietjie kleur in 'n vaal dag. 

Foongroete! 

No comments:

Post a Comment