Sunday 19 April 2020

Genadewater

Die storie speel af in ‘n landelike gebied waar ‘n gesin op ‘n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder ‘n uitmergelende droogte. Sake word vererger deur ‘n hittegolf wat hom in die gebied kom staan-maak het, wat lewe in die gebied amper ondraaglik maak. Op die lande staan die gesaaides inmekaar gedraai van die hitte, die melkbeeste strompel moeg-moeg oor die dorre grasveld heen. Melkproduksie het feitelik tot stilstand gekom en die suipings is byna opgedroog. Die bietjie wild wat nog op die plaas voorkom kry ook bitter swaar en skuil bedags onder bome om van die ergste hitte weg te kom.

By die plaasopstal het ‘n klein seuntjie ‘n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitelik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie. As dit nie nou binnekort reën nie, is dit verby met hulle, die diere én die gesaaides.

‘n Dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was. Sweetdruppeltjies pêrel op haar bo-lip en kort-kort moet sy die sweet wat langs haar slape koers kry, afvee. Sy tuur deur die venster en in die verte sien sy haar klein seuntjie aan die rand van ‘n digte bos, waar hy in die bos in trapsuutjie. ‘n Frons keep tussen haar oë. Voor sy nog verder daaroor kan wonder, kom die seuntjie uit die bos gedraf, huppelend op pad huis toe. Sy sien hom om die hoek van die huis verdwyn. Sy kan die kind se eienaardige optrede nie verstaan nie. Lees hier verder.

[Genadewater - oorgeneem deur ACR]

No comments:

Post a Comment