Showing posts with label Murraysburg. Show all posts
Showing posts with label Murraysburg. Show all posts
Tuesday, 10 February 2026
Friday, 6 February 2026
Gedig: Soos ‘n koelteboom in Februarie se karoo (Uit Murraysburg)
![]() |
| Inwoner van Ons Huis |
Meneer, u vra oor geletterdheid in my lewe?
Wel, ek is ’n Karookind
En geletterdheid is vir my soos ’n koelteboom
In Februarie se Karoo.
Of ’n jaloers buitjie reën wat die stof laat ruik
In die strate van Murraysburg.
Of die doringboomgeur van die Kamdeboo-streek
Daar naby Graaff-Reinet.
Of die treurgesang op ’n Sondagaand
Uit die kerkie op die bult.
Karoomense kyk anders na dinge, Meneer.
* Bron: Die Burger, 16 Augustus 2003)
[Klik HIER vir nog heerlike gedigtevreugde]
[Spesiaal vir al die inwoners wie se harte verlangend klop na hul grootwordjare in die Karoo.]
Tuesday, 3 February 2026
Tuesday, 27 January 2026
Tuesday, 20 January 2026
Tuesday, 13 January 2026
Tuesday, 6 January 2026
Subscribe to:
Posts (Atom)






