Thursday 29 February 2024

Wednesday 28 February 2024

Tips from Granny: Castor oil isn’t just for colds

“My grandmother used to put castor oil in her hair and she told me to do the same. At that time, she didn’t know exactly why or how the oil worked in her hair, but saw that it made her locks thicker and smoother. Today, we know castor oil contains many vitamins and proteins, including vitamin D, which are great for hair health and sheen. I put a vitamin D serum on my hair daily.” 

Woensdagwense: week 9

Tuesday 27 February 2024

Dinsdag-denke: Soen iemand voordat jy gaan

Die voorstedelike trein wieg heen en weer, die ysterwiele beweeg met ritmiese klikke-klakke oor die spoorlasse. Buitekant die venster is die bittere winterkoue op die landskap duidelik te bespeur, terwyl die trein daardeur spoed soos ‘n onwelkome indringer. Die passasierstrein is vol verkluimde, verveelde passasiers wat elkeen vasgevang is in sy of haar eie gedagtewêreldjie. Stroef staar elkeen voor hom uit sonder om die medepassasier oorkant of langs hom op te merk.

Skielik is daar ‘n klein seuntjie wat sy weg baan deur onwillige grootmensbene om by die opening op die bankie langs die venster uit te kom. Sy pa staan by die deur en hou ‘n wakende ogie dat die knapie nie wegraak tussen die baie passasiers nie. Die seuntjie is omring deur onvriendelike, half aan die slaap volwassenes. Wat ‘n brawe mannetjie, het ek by myself gedink.

Toe die trein begin om die tonnel binne te gaan, gebeur daar iets heel onverwags en uit die bloute. Die klein seuntjie gly van sy sitplek af en plaas sy handjie op my knie. Vir ‘n oomblik het ek gedink dat hy by my wil verby gaan, terug na sy pa toe, dus skuif ek so effens uit die pad om plek te maak. Maar in plaas daarvan om verby te skuur, leun die seuntjie vooroor en rek sy koppie na my. Hy wil my seker iets vertel, dink ek by myself. Kinders ! Ek buig effens vooroor om te luister na wat die mannetjie my wil vertel. Weereens verkeerd! Hy soen my liggies op die wang.

Hy keer terug na sy sitplek en met vol genoegdoening kyk hy by die venster uit. Maar, ek is geskok. Wat het gebeur? ‘n Klein seuntjie wat onbekende volwassenes op die trein soen? Tot my verbasing, gaan die seuntjie voort om al my medepassasiers op die wang te soen. Senuweeagtig en half geskok kyk almal vraend na sy pa, “Hy is baie bly dat hy lewe,” antwoord sy vader. “Hy was baie siek en het by die dood omgedraai.”

Die trein stop en pa en seun klim van die trein af en verdwyn tussen die malende menigte. Die deure maak toe. Op my wang kan ek steeds die seuntjie se soen voel – ‘n soen wat my dwing om ernstige selfondersoek te doen.

Hoeveel grootmense is daar wat rondgaan en mekaar soen uit pure blydskap dat hul lewe? Hoeveel dink enigsins daaraan hoe bevoorreg hul is om te leef? Wat sal gebeur as ons almal net begin om onsself te wees en hierdie aangeplakte fasade af te pluk?

Die klein seuntjie het ons ‘n soete maar ernstige klap in die gesig gegee. Moet nie toelaat dat jy doodgaan, lank voordat jou hart gaan staan het nie!

Monday 26 February 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Mostertsaadjie-mens

Here, op my eie kan ek nie geestelik groei nie.
My natuurlike menswees is hopeloos te veel geneig tot die kwaad.
Daarom wil ek so intiem saam met U leef,
dat dit wat U my leer ...
dit wat U is ...
werklik deur my sal leef.
Vul my asseblief elke dag met U woord en U waarheid 
sodat dit my gedagtes sal vul,
my lewenstyl sal bepaal en ek U liefde sal lééf.
Amen

Sunday 25 February 2024

Gebed vir iemand wat deur 'n storm gaan ...

Dankie Here, dat U raaksien wanneer U kinders besig is om te spartel. Dankie dat U weet wanneer dit vir ons voel asof die water bo-oor ons koppe gaan spoel. Dankie dat U my verdrink-oomblikke raakgesien het. En dankie dat U in daardie oomblikke nie net vir my vasgehou het nie, maar ook vir my stukkies hout gestuur het waarmee ek vir my 'n ark kon bou ... elke oproep om te hoor hoe dit gaan, elke boodskap en blommetjie, 'n houer suurstof om die asemhaal makliker te maak, 'n bak macaroni en kaas voor my deur, 'n kaartjie, lysies met raad, medisyne, soveel omgee en liefde. Dit was stukkies hout wat U gestuur het, en waarmee ek vir my 'n ark kon bou. 'n Ark wat my herinner het dat ek nie alleen is nie, 'n Ark wat my vertel het van al U kinders wat saam met my in die storm is. 'n Ark wat vir my gewys het dat U liefde is. Altyd.
Ek weet nie wanneer hierdie storm gaan weggaan nie, Here. Ek wil my nie moegmaak met teorieë en voorspellings nie. Ek wil my lyf en my hart in U liefde kom neersit, soos wat Noag in U ark weggekruip het. Daar, waar U liefde om my vou, wil ek soos 'n klein kindjie net vir U kyk, my oë op U hou. Want Here, U is my lewe. En in U liefde, wil ek leef. Altyd. Dis vir my genoeg.
Amen
(Katrienkie@2020)

[Dankie, Anoniem, wat hierdie gebed aangestuur het waarvan die inhoud nog net so relevant is en altyd sal wees as in 2020.]

Friday 23 February 2024

Hoe sal ek dankie sê?

Ek sal dankie sê met liefde,
en ek sal dankie sê met vreugde,
Ek sal dankie sê met wysheid,
en ek sal dankie sê met vrede.
Ek sal my dankie sing,
Ek sal my dankie uitspreek.
Ek sal my dankie uitroep.
Ek sal my dankie bid.
Ek sal my dankie met psalms sê,
Ek sal my dankie met liedere sê,
Ek sal my dankie met verbeelding sê,
en ek sal my dankie met entoesiasme gee.
Ek sal my dankies diep in mywese opgaar,
en dit bind in die ongebondenheid van God.
Hoe sal ek my dankbaarheid gee?
Ek sal my dankbaarheid LEWE!

[Dankie, Elmari,dat jy dit met ons deel.]

Thursday 22 February 2024

Wednesday 21 February 2024

Internasionale Moedertaaldag

Die 21ste Februarie word wêreldwyd as Internasionale Moedertaaldag gevier. Hierdie inisiatief is gestig met die doel om veeltaligheid te bevorder en die diverse ontwikkeling van tale te beklemtoon.

Iemand het heerlik met Afrikaanse idiome en uitdrukkings/gesegdes in Afrikaans gespeel. Kyk gerus hoeveel van hierdie uitdrukkings is aan jou bekend en hoeveel van hierdie idiome hoor ons vandag nog dikwels in gesprekke.

"Voor jy dalk hond se gedagtes kry dat ek muisneste het en kattekwaad aanvang deur 'n kat in die donker te knyp, kan ek die aap uit die mou laat dat jy nie hond haaraf gaan maak nie. Die kool is eenvoudig nie die sous werd nie, jy wil verniet die bobbejaan agter die bult gaan haal, ek is nie 'n vroetelvarkie nie.

Omdat ek twee linkervoete en rooi haakskene het, dans ek soos 'n kat op 'n warm plaat. Terwyl ek oor die onderdeur loer, stem my aand- en môrepraatjies nie ooreen nie en sing ek 'n ander deuntjie. Ek sing dan soos 'n kanarie. Ek weet dat die voëltjie wat saans die laaste fluit, soggens eerste deur die kat gevang word, daarom gaan ek saam met die hoenders slaap en lank voor hanekraai klim ek met die verkeerde voet uit die bed om my eiertjie te lê.

Dit het die naweek katte en honde gereën, maar ons hou darem nog kop bo water. Dit staan egter soos 'n paal bo water dat dit nie nodig is om water met 'n mandjie aan te dra nie. Voor die son water getrek het en die perde horings gekry het, moet ek nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie, ek moet die ou koeie uit die sloot grawe, die bul by die horings pak sodat die agteros in die kraal kan kom. Ek moet ook al my varkies op hok sit en daar by oom Daantjie se kalwerhok die kalf uit die put gaan haal.

As jy wors in die hondehok soek, onthou dat blaffende honde nie byt nie. Ek wou nog katte skiet, maar toe is die koeël deur die kerk en ek kry wingerdgriep. Dit was 'n bitter pil om te sluk. Ek was hoog in die takke, want ek het gehoor dat die hoogste bome die meeste wind vang. As die appel nie ver van die boom val nie, kan 'n mens die boom aan sy vrugte ken.

Ek kon nie die kar voor die perde span nie, en het toe maar twee rye spore geloop.
In die dorp het hulle gesê ek speel op Avbob se stoep en dat ek een van die dae 'n houtpak gaan aantrek. Ek het gesê dat ek met 'n goue lepel in die mond gebore is en dat ek nog nie die lepel in die dak gaan steek en boedel oorgee nie. Ek moet rondborstig erken dat die spyker in my doodskis, is dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

As jy brood in die sweet van jou aangesig eet, moet jy nie met 'n mond vol tande staan nie, jy moet hare op jou tande hê, jy moet jou hand aan die ploeg slaan en die strydbyl begrawe. Weet jy hoe die vurk in die hef steek? As jy wolf skaapwagter maak, moet jy almal oor dieselfde kam skeer."

[Dankie, Marguerite, dat jy ons aan ons idioomryke taal herinner.]

Woensdagwense: week 8

Monday 19 February 2024

Verjaardagwense

Gelukkige verjaardag, mev. Du Plessis, mag u Jesus se liefde en vreugde elke dag ervaar. 'n Geseënde nuwe lewensjaar. Geniet u dag.

Sunday 18 February 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Vergifnis

My gebed saam met jou is aan die hand van Peter Scazerro se Daily Office:

Here, vergeef my my sondes
soos ek diegene vergeef wat my seergemaak het.
Lei my op my reis
om deur hierdie lydenstyd voortdurend nader aan U te leef.
Lei my deur die proses van vergifnis, deur die seer na heelwording
sodat ek werklik goedgesind kan wees teenoor die mense wat my seergemaak het.
Help my om soos Aäron en Moses in gehoorsaamheid aan U
'n seëning vir die mense rondom my te wees.
In Jesus se Naam,
Amen.

Friday 16 February 2024

The Art of dealing ...

A retired old couple returned to a Mercedes dealership where the salesman promised to hold a car for them.

But they found the car was just sold to a beautiful, leggy, busty blonde in a mini skirt & a halter top.

The old man was visibly upset. He spoke to the salesman sharply, "Young man, u said u hold that car till we raised the $95,000 asking price, yet u closed the deal for $75,000 to the young lady there. And if I remember right, u had insisted there was no discount for this model !"

The salesman took a deep breath, cleared his throat & reached for a large glass of water.

"Well, what can I tell u? She had the cash ready, didn't need any financing help, &, sir, just look at her, how could I resist?", replied the grinning salesman sheepishly.

Just then the young woman walked over to the senior couple & gave the car keys to the old man.

"There u go," she said. "I told u I could get him to lower the price. See u later Dad, Happy Father's Day."

Once again ... Don't Mess with Seniors.

Thursday 15 February 2024

Wednesday 14 February 2024

Woensdagwense: week 7

Verjaardagwense


Mev. De Bruin, baie geluk met u verjaardag, mag jy 'n geseënde lewensjaar geniet vol goeie gesondheid, vreugde en liefde van Bo. Geniet 'n heerlike dag.

Valentynsdag: Omgee is ...


'n fontein wat spontaan borrel;
om selfloos jou alles vir iemand te gee
en dan daarvan te vergeet;
'n warm hand,
'n glimlag,
'n stil gebed.
As God in ons woon, word ons
omgee-tempels van Hom, waar dié wat moeg is
kan kom heel word en rus.

Mag jou lewe vol fonteindae wees!!

Tuesday 13 February 2024

Dinsdag-denke: Ware vriende bly deur al die jare by jou staan

'n Goeie vriend of vriendin is soos 'n ster. Jy hoef hom of haar nie noodwendig elke dag te sien nie, maar jy weet hy of sy is daar.

Dit is gewoonlik eers wanneer jy werklik iemand nodig het, dat daardie besonderse vriendskap uitstaan. Dit is dan wanneer jou werklike vriende hul ware kleure wys. 'n Mens moet jou ware vriende koester wat jy deur die jare gemaak het. Jy moet dankbaar wees dat hulle daar vir jou is wanneer jy hulle nodig het.

Dit is ook selde dat 'n mens nuwe vriende maak wat dieselfde plek in jou lewe kan inneem as die maatjies van toentertyd. Dekades kan verbygaan dat jy 'n ou vriend nie gesien het nie en binne 'n paar minute ná wedersiens, gesels 'n mens 'n hond uit 'n bos. Die jare tussenin verdwyn en die vriendskapsband word versterk.

Mooiweersvriende is soos onkruid. Hulle ry op die golf van jou sukses. Staan bakhand wanneer daar iets uit te dele is. Geniet jou spys en drank terdeë. Dit is hulle wat misbruik van jou vriendskap maak. En wanneer jy hulp nodig het, spat hulle soos 'n spul vinke weg. Dit is dan wat jy besef wie jou ware vriende is. Mense wat deur dik en dun by jou sal staan. Wat geen moeite sal ontsien om jou by te staan en te help nie.

Ek het al jare gelede besef 'n mens moet nie te veel van jou medemens verwag nie. 

Verwag eerder niks en word verras! 

Monday 12 February 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Liefde

Here Jesus, gee vir my dieselfde omgeeliefde wat U aan die kruis openbaar het. Help my om ander opreg lief te hê. Here, dankie vir mense wat daar is vir my, wat my liefhet en ondersteun en my help al het ek geval. Dankie dat hulle bereid is om na my te luister. Amen.

Sunday 11 February 2024

Ek is ...

EK is vir jou 'n put, bodemloos met geduld
EK is vir jou 'n spruit, bruisend met hoop
EK is vir jou 'n rivier, vloeiend met genade
EK is vir jou 'n oseaan, groot met liefde

EK is vir jou die wind, strelend oor jou siel
EK is vir jou die son, warm in jou hart
EK is vir jou die reën, sag op jou gees
EK is vir jou die maan, hangend oor jou lewe

Wees jy vir My 'n kind van geloof 
Wees jy vir My 'n arm van vrede 
Wees jy vir My 'n woord van vergifnis
Wees jy vir My 'n hand van gebed

Wees jy vir My 'n aanbidder,
EK is vir jou 'n GOD
Wees jy vir My 'n navolger,
EK is vir jou Herder
Wees jy vir My 'n leerder,
EK is vir jou 'n Meester
Wees jy vir My 'n dienskneg,
EK is vir jou Heer

[Dankie, Marguerite, vir hierdie treffende stukkie versekering wat jy met die lesers deel.]

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Die ervare wyses se lewe het gekrimp tot die grootte van 'n kamer of 'n baie klein woonstelletjie. Boekrakke met geliefkoosde boeke daarin, foto's op die boonste rak, saam met 'n werkmandjie, 'n stokperdjie en 'n TV-stel is dikwels die somtotaal van 'n eens vol en bedrywige lewe.   

Met Valentynsdag om die draai, is hier 'n paar wenke vir die romantiese siele onder die lesers wat graag Valentynsdag vier. 

Geskenke raak 'n kopkrapprobleem. Of dit nou vir 'n verjaardag, Kersfees of  'n spesiale geleentheid soos Valentynsdag, Moedersdag of Vadersdag of Oupa en Ouma-dag is, die regte geskenk gaan 'n verskil maak aan die ontvanger. 

Daarom kan jy nooit verkeerd gaan deur 'n geskenksakkie te gee nie.

Maar wat moet jy in hierdie geskenksakkies sit om te verseker dat dit bedagsaam en betekenisvol is? 

1. Toiletware (dit is altyd nodig)

2. Geestelike kos (dagstukkies, Christelike tydskrifte, Bybelstudieboeke)

3. Versnapperings (soet en sout)

4. Breinoefeninge (legkaarte, blokkiesraaisels, boeke)

5. Praktiese hulpmiddels (vergrootglas, kierie, loopraam, reëlings teen die muur, batterye)

6. Blomme en potplante (ietsie visueel mooi)







Valentynsdag is die ideale dag vir anonieme geskenke. Laat sommer 'n geskenkie by die kantoor vir die inwoner wat geen familie meer het nie of vir die inwoner of personeellid wat op Valentynsdag verjaar.

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Soutsmaak op my lippe

Groete en Vrede!!!

Vroeër jare was dit ons gebruik hier op Noenieput dat die huisrommel (wanneer die swart rommelsak vol is) in die brandblik gegooi word. Daarna word dit brand gesteek. ‘n Taak wat ek normaalweg met groot versigtigheid pligsgetrou uitgevoer het omrede die brandblik gewoonlik so ‘n handvol tree van ons buitestort af staan. ‘n Buitestort wat ons oudste seun met dekgras vir ons gebou het.

Woensdae is ook “Crafting” dag vir Noenieput se vrouens – vroue wat goed vertroud is met die swaarkry kant van die lewe. Normaalweg kom hulle so een-een op die werf aan. En as ek op daardie stadium moontlik in die kantoor besig sal wees, sal hulle my sommer so deur die kantoor se venster groet en dalk ‘n woordjie of twee wissel. Daarna word daar spore gemaak om in die “Craft” kamer te kom waar die Mooiste Mooi reeds vir hulle sal wag. En sodra die laaste een die deur agter haar toegetrek het, begin ‘n spesiale dag. ‘n Dag waar daar gekuier, gekoggel, gelag, gesing, gehuil, gebid en bemoedig word terwyl hulle die mooiste geskenke maak.

Die spesifieke Woensdagoggend het net soos vele ander Woensdae voor hom begin. Die Mooiste Mooi was nog voordat die son agter die verste duin opgestaan het, al aan die gang. Eers het sy met ‘n koppie tee in die hand, tyd met die Skepper van hemelgoed en stofaarde spandeer. Daarna het sy die oorvol rommelsak op die agterstoep uitgesit en met ‘n lied op die lippe reggemaak vir nog ‘n dag saam met ‘n klompie van Noenieput se werklose vrouens.

Kort neffens ontbyt het ek die rommelsak wat op die agterstoep gelê het, in die brandblik gaan gooi en brand gesteek. Omrede dit hoog somer, baie warm en windstil was, het ek nie soos gewoonlik gewag nie en opslag die koeligheid van ons kantoor gaan opsoek.

Ek was skaars in die kantoor toe ek iets hoor wat ampertjies soos ‘n ontploffing klink. ‘n Minuut of wat later, weergalm Koba se stem soos ‘n brandsirene oor die vlak terwyl sy skree “Dit brand, kom gou, dit brand, die grasstort brand!” ‘n Verdwaalde kooltjie het met die ontploffing tussen die gras van die stort beland en vlam gevat. Geelrooi honger vlamme wurm hulleself vinnig-vinnig tussen die droë gras van die buitestort in. Die vlamme brand hoër en hoër asook warmer en warmer terwyl ‘n witgrys rook wat hemelhoog pronk, getuig van hierdie vretende vuur se vernietigende en gulsige teenwoordigheid.

Op daardie selfde oomblik skrik ek my mond kurkdroog, spring op om buite te kom. Ek was skaars by die kantoordeur uit toe ek my vasloop teen ‘n amperse histeriese Mooiste Mooi wat my kom soek het. “Doen iets, doen tog net iets” skree die Mooiste Mooi steeds histeries, maar ons hande hang slap. Die vuur is net te warm en net te erg. So warm dat selfs van die wasgoed op die waslyn spontaan begin brand. ‘n Verlammende magteloosheid daal op almal op die werf neer. Met oë wat wyd oopgesper is en niks regtig raaksien nie, staar ons verdwaas om ons heen. Hierdie vuur is net te groot, te warm en te vinnig en daarteen kan geen mens baklei nie.

‘n Paar minute later en alles is verby. Al wat nou oor is, is ‘n hoop smeulende gras en ‘n paar erg verbrande teerpale. Ek voel die trane oor my wange voel loop want ek voel soos ‘n mislukking. Ek is magteloos en nietig vanweë my onvermoë om iets daadwerkliks teen hierdie vernietigende brand te doen. ‘n Brand wat meer as net ons buitestort en ‘n klompie klere is verwoes en verniel het. ‘n Brand wat ook onooglike en pynlike letsels op my en die Mooiste Mooi se menswees gelos het.

Sowat ‘n week later sit ek een vroegoggend buite op die kuierbankie onder die peperbome langs die Boerekerk se pastorie en wag dat die son uit sy bloedbad kruip. Met my Bybel en my oranje koffiebeker in die hand, wag ek vir die dag om te breek - hopelik ‘n dag sonder trane. Stadigaan begin trane oor my wange vloei en los ‘n soutsmaak op my lippe terwyl ek myself hoor sê:

Here, my hart is houtskool verbrand
Verwoes, verniel - geen kans aan hierdie kant

Here, ek is seer ... my hart stukkend
Wrede lewensbrande laat my wurgend

Here, wat maak ek met die letsels in my hart?
My binneste-binne deurtrek met trane vol smart

U liefde het vir my hoop gebaan
In sak en as kan ek voor U staan

My geliefde kind, laat jou trane vrylik loop
Dis My manier om letsels van jou te stroop

Ek weet van almal ... selfs die kleinste traan
Elkeen opgevang in ‘n kruik wat langs My staan

Iedere een gestort want dit is goed
Trane is die sagte reën vir jou gemoed.

 Op 21 vers 4(a) (Afr20) = “Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog.”

Sandkorrel baie seëninge.

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549
Klik HIER vir verdere inligting.

[Dankie, Valerie, vir jou gereelde bydraes tot hierdie blog. Indien jy wil en betrokke kan raak by hierdie uitreiking, maak gebruik van die kontakdetail hierbo.]

Friday 9 February 2024

Gesondheid: Drink gereeld water!

'n Vriendelik herinnering wat nie genoeg beklemtoon kan word nie.

Die winter lê voor en 'n mens wil nie moeg en siek voel as 'n mens skuldig is aan te min waterinname nie.
 
Inwoners van o.a. aftreeoorde, ouetehuise en ander sentrums moet meer aandag skenk aan die drink van voldoende water. Talle inwoners sukkel met herhaalde blaasinfeksies wat onder meer aan onvoldoende water inname te wyte is.

Van die simptome van te min water drink, sluit die volgende in: 
Dikwels moeg, lighoofdig en geïrriteerdheid. Ontwatering lei ook tot gereelde hoofpyn, droë vel en hardlywigheid.
(Hoeveel van hierdie simptome is daagliks deel van jou lewe? Verhoog die waterinname vlg. wat dokter of suster aanbeveel en raak ontslae van sommige van hierdie lastige simptome. Die temperature van hierdie somer is besonder hoog. Neem verantwoordelikheid vir jou eie waterinname.)

Die mens se liggaam bestaan uit sowat 60% water. Ons verloor vog deur die dag deur sweet, urine en selfs asemhaling. Dis uiters belangrik om hierdie verlies aan te vul. As die liggaam nie genoeg water het om sekere funksies te onderhou nie, stuur dit boodskappe in die vorm van dors, hoofpyn en moegheid aan die persoon. Leer om hierdie boodskappe raak te sien en reg te interpreteer.

Water speel ook ’n belangrike rol om die mens op ’n warm dag af te koel. Dit help met brein werking, dra suurstof deur die liggaam en help om van afvalprodukte ontslae te raak. Ontwatering oor ’n lang periode kan lei tot nierversaking, hittesteek, skade aan die senustelsel, hartversaking en ’n verswakte immuunstelsel. 

Ander voordele van die drink voldoende drink van water sluit in: Smering van gewrigte, steun aan spysvertering, voorkoming van nierskade, regulering van liggaamstemperatuur, die vel sag en strelend hou, om jou brein ’n hupstoot te gee en dis wetenskaplik bewys dat dit help met gewigsverlies.

Hoeveel water behoort ek per dag te drink? Dit is die vraag wat almal gewoonlik vra. Die riglyn is een glas (250 ml) vir elke 10 kg wat jy weeg. As jy sukkel om te onthou om water te drink, vul ’n houer met jou daaglikse kwota en sit dit op ’n plek wat jy nie kán miskyk nie. Stel jou selfoon om jou te herinner dis nou ‘drinktyd’ (water asb!). 

Dis ’n goeie gewoonte om voor of na elke maaltyd ten minste twee glase water te drink. Dis belangrik om elke oggend met opstaan water te drink. Onthou jou liggaam het vir 8 ure geen vog ingeneem nie.

Bron: Huisgenoot 20 Julie 2020 – Ingestuur deur Elsa v Zyl-Smit – Selrose

[Dankie, Anoniem, wat hierdie gesondheidswenke met die lesers deel.]

Thursday 8 February 2024

Tips from Granny

* Don't go where you're not invited.
* Don't talk about what you don't know.
* Don't open the fridge in other people's house.
* Don't call someone after nine o'clock at night.
* Don't visit someone at lunch.
* Don't enter other people's bedroom without permission.
* Always flush the toilet when you use it.
* Always, always speak the truth.
* Please and Thank You are good words - use them often.
* Love the soul of people, not their physical - it is what is inside that matters.
* Be kind to your fellow humans and all living things.
* Give from the little you have, expect nothing in return.
* Be conscious of your words - they matter!
* Wake up and be grateful.
* Pray daily, because prayer brings peace to our heart and soul!

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Oor verhoudings

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat dit die mens se blindekol vir sy blindekolle is wat die ongelukke laat gebeur.

In 'n verhouding is daar gereeld een wat reg is en een wat verkeerd is. Klik HIER as jy meer wil weet.

Tuesday 6 February 2024

Dinsdag-denke: Geroep om te dien

Elementêre opleiding op 20 jaar

"Kazuo, jy is nie gesond nie en het geen aanleg vir leer nie," het sy vader gesê, toe hy hom sommer uit die bloute afgeskryf het!

"Jou ma is oorlede en nou hang dit van jou af as die oudste om na die vyf jonges te kyk!" Hy was maar slegs 9 jaar oud; daarom het sy vader se woorde hom verpletter. "Ek is net goed genoeg om die neuse en boude van die jonges af te vee," het hy gedink, terwyl hy oor sy tweederangse bestaan gedink het.

Kazuo Taira wou bitter graag iets van sy lewe gemaak het, maar sy familie het in 'n klein vervalle koolmyndorpie gewoon. Hy kon op geen hulp van van sy vader steun nie, wat boonop geen vertroue in Kazuo se vermoëns gehad het nie en wie se inkomste nie genoeg vir kos op die tafel was nie.

Hy het gewens om gesonder, sterkter en gelukkiger te wees, maar het verlate en wanhopig gevoel. Al die inwoners van die dorpie was negatief, krities en moedeloos. Kazuo wou uit hierdie omstandighede ontsnap. Hy was vasbeslote om 'n meer positiewe omgewing te vind waar hy 'n nuwe lewe kon begin.

"Genoeg is genoeg!" het Kazuo vir homself gesê toe hy 14 jaar oud was en het daarin geslaag om uit sy situasie te ontsnap. Hy het na die groot stad, Osaka, gegaan. Sy lot was egter om 'n klerewinkel te vee en skoon te maak, omdat hy geen skoolopleiding gehad het nie en hy gevra het of hy 'n vakleerling kon word.

Lang werksure en degeneratiewe lewenstyl was te veel vir sy tingerige liggaam. Eendag het hy longbloeding opgedoen en is dadelik gehospitaliseer. Dit het al sy drome vir 'n beter lewe vernietig. Hy was fisies uitgeput en verskriklik bang. Mense rondom hom het gesterf en hy het gedink dat hy heel waarskynlik die volgende een gaan wees. Vrees vir die dood was voortdurend in sy hart.

Een middag toe hy in een van die lang gange van die hospitaal afgestap het om te gaan verduidelik waarom hy nie sy rekening kan betaal nie, het hy mense hoor sing soos nog nooit tevore in sy lewe nie! Hy het gestop om te luister na die woorde en is vreemd getrek na die kamer waar die evangelis Karasawa van Japansending 'n byeenkoms gelei het. Die evangelis het na die byeenkoms vir hom 'n Bybel gegee, waarna hy moes erken dat hy nie kan lees nie.

Die volgende dag het mnr. Karasawa hom in sy saal besoek en hom 'n woordeboek gegee. Hy het Kazuo aangemoedig om te leer lees en skryf. Dit was die eerste persoon wat hom ooit aangemoedig het om opgelei te word sodat sy lewenskwaliteit kan verbeter. Dit was die keerpunt in sy lewe.

Toe hy die hospitaal verlaat, het hy 'n brandende begeerte gehad om te leer en opgelei te word. Hy was toe 20 jaar oud en elke primêre skool wat hy genader het, het hom toelating geweier. Hy het bly aansoek doen en is uiteindelik deur 'n skool aanvaar wat hom toegelaat het om saam met die jong kinders te leer. Na skool het hy lang ure gewerk om geld te verdien om sy uitgawes te dek en sy familie te help.

Eendag het Kazuo by 'n kerk in sy omgewing uitgekom en dit het hom herinner aan die boodskap van hoop wat hy gehoor het in die hospitaal. Hy het die byeenkomste begin bywoon en 'n paar maande later het hy sy sonde bely en heelhartig geglo in die versoenende bloed van Jesus Christus. 

Die woord van die kruis van Christus is wel dwaasheid vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (1 Kor.1:18)

Hierdie vers het Kazuo baie bemoedig, maar hy het verkeerdelik gedink dat hy ná hy 'n gelowige in Christus geword het, nie meer beproewings en probleme in sy lewe sal hê nie. Dit was 'n groot skok vir hom toe hy weer 'n slagoffer van tuberkulose geword het. Hy het so mismoedig geword dat hy wou sterf. Maar die evangelis in daardie hospitaal het hom aangemoedig om aan God te bly vashou. Agtien maande later is hy gesond verklaar en ontslaan.

Kazuo Taira was 'n wyser en ryper man toe hy die hospitaal vir die tweede keer verlaat het en het 'n aktiewe lid van die plaaslike kerk geword.

Die Here het sy hart met vrede en blydskap gevul, terwyl Hy Kazuo gehelp het om die wrok wat hy teenoor sy vader gekoester het, te hanteer. Menslik gesproke was dit onmoontlik, maar die inwerking van die Heilige Gees het sy bitterheid laat verander in ware liefde.

As jy dan jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor by die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder en kom dan en bring jou gawe. (Matt. 5: 23-24)   

Na hy finansieel selfstandig geword het, het hy sy bejaarde vader genooi om by hom te kom bly. Dit het hom die geleentheid gegee om met sy pa te praat oor God se vergifnis en hom te vertel van die reddende genade van Jesus!

"As kind het my vader my afgeskryf, maar ek is so bly dat God sy oë op my het en in sy voorsiening het hy my lewe verander. God is nou my getroue metgesel en ek steun elke dag op die voorreg van sy teenwoordigheid in my en my familie se lewens!"

[Japansending Januarie/Februarie 2012]

Vir meer inligting klik HIER

Sunday 4 February 2024

A must read ...

A lady went into a doctors office and during her examination the doctor noticed a cross on her neck. The doctor curious about the cross began a conversation with his patient and asked ...

"I see you wear a cross around your neck, are you a Christian?"

"Yes," the lady responded to which the doctor replied ...

"I am a Catholic and I am disappointed with born again Christians ..."

"Why?" The lady replied.

The doctor replied in anger: "Because you all talk about Jesus and how great He is but yet you never talk about His mother and I find that offensive."

After a moment's silence the lady responded and said: "Doctor can I ask you something?"

"Of course," he replied.

The lady smiled and said: "Doctor if I make my next appointment and you are not available can I ask for your mother to come and see me instead?"

Horrified the doctor replied: "Of course you can't. I'm the one who studied medicine. I'm the one who is qualified not my mother, she may have given birth to me but I'm the one who studied and became qualified. She knows nothing about medicine!"

The lady responded with a smile and said: "That's why I talk about Jesus and not Mary. She didn't qualify to be my Saviour, she didn't die and rise again and she didn't pay the price for my sins!"

I Wish You Enough

At an airport I overheard a father and daughter in their last moments together. They had announced her plane's departure and standing near the door, he said to his daughter, "I love you, I wish you enough."

She said, "Daddy, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Daddy." They kissed good-bye and she left.

He walked over toward the window where I was seated. Standing there I could see he wanted and needed to cry. I tried not to intrude on his privacy, but he welcomed me in by asking, "Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?" "Yes, I have," I replied.

Saying that brought back memories I had of expressing my love and appreciation for all my Dad had done for me. Recognizing that his days were limited, I took the time to tell him face to face how much he meant to me. So I knew what this man was experiencing.

"Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?" I asked.

"I am old and she lives much too far away. I have challenges ahead and the reality is, her next trip back will be for my funeral, " he said.

"When you were saying good-bye I heard you say, 'I wish you enough.' May I ask what that means?"

He began to smile. "That's a wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone." He paused for a moment and looking up as if trying to remember it in detail, he smiled even more.

"When we said 'I wish you enough,' we were wanting the other person to have a life filled with enough good things to sustain them," he continued and then turning toward me he shared the following as if he were reciting it from memory.

"I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish enough "Hello's" to get you through the final "Good-bye."

He then began to sob and walked away.

[ Original story by Bob Perks, in Chicken Soup For the Grieving Soul ]

Friday 2 February 2024

Vermeerder jou lag per dag ...

Indien jy Faceboek het, klik HIER en lees gerus die ware Jakob. Andersins kan jy afrol en verder lees. 

Hoe kan 'n mens te werk gaan om meer te lag as alles rondom jou nie lagwekkend is nie?

Hier is 'n paar wenke om meer lag in jou lewe te bring:

Maak 'n humorlêer - amper soos vroeër jare se plakboeke.
Vul dit met snaakse strokiesprente, gesegdes en grappies, soos jy dit raakloop. Blaai deur jou lêer as dinge besonder somber en stresvol lyk.
Jy sal lekker lag en dinge binne 'n japtrap weer in perspektief kan sien.

Kuier saam met vriende. Gelag is aansteeklik, kontak dus 'n paar vriende wat jou gemoed kan ophelder.

Bel 'n vriend wat jou gemoed verstaan en sal lig met sy/haar humor. 

Kyk na 'n aanlynvideo. Tik "snaakse video's" op jou gunsteling soekenjin en kies uit al die beskikbare keuses.

Skakel die TV aan. Met meer kanale as ooit tevore is daar altyd iets snaaks om na te kyk. (Dis nou as jy gelukkig is om 'n skottel te besit.)

Helder jou omgewing op waar jy die meeste ure per dag deurbring. Sit snaakse foto's van vriende en geliefdes teen jou muur, ook dié van jouself toe jy jou in 'n 'n snaakse situasie bevind het.

Speel met jou troeteldier. Diere stel ons in staat om onmiddellik te ontspan, en hulle bereidwilligheid om speelse aktiwiteite aan te pak, is 'n groot bron van vreugde.

Neem 'n lag-joga-klas. Lag-joga-lesse is die nuutste fiksheidsgier en word deesdae regoor die wêreld beoefen. Miskien is jy gelukkig om 'n klas naby jou te hê.

Doen sommige van die dinge wat jy as kind gedoen het vir ontspanning. Gaan na die dieretuin, 'n pretpark, boul of swaai! Jy sal vind dat hierdie aktiwiteite jou heeltemal wegneem van al die "swaar" dinge. En die ontsnapping sal wonders vir jou houding en gemoed doen.

Laastens, maak lag 'n prioriteit. Beplan elke dag tyd om iets te doen wat jou laat lag. As alles anders misluk, begin net lag. Selfs as gelag gedwonge is, bied dit baie van dieselfde voordele. Jy kan ontdek dat dit genoeg is om spontane lag te laat opwel.

Jy het 'n keuse: jy kan voortgaan om 'n 'grootmens' te wees, en al die frustrasies en teleurstellings in die lewe jou te laat onderkry, of jy kan lewenskragtigheid selfs in die moeilikste omstandighede inbring.

Maak glimlag 'n deel van jou lewe, en jy sal waarskynlik elke dag ten volle geniet en minder tyd by die dokter spandeer.

Klik HIER om sommer op die blog 'n paar goeie grappe te lees.

Thursday 1 February 2024

Februarie-verjaardae


14 - Mev. G de Bruin

19 - Mev. J du Plessis

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Dink hieroor: Oor bid vir reën

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas: "As jy bid vir reën, bid met 'n sambreel in die hand. Ja, en wees ook bereid om die modder te aanvaar."

"Onthou, jy het beheer oor wat jy vra, nie oor wat jou aangebied word nie." Klik HIER vir die verstaan van ons aksies.