Showing posts with label Medisyne. Show all posts
Showing posts with label Medisyne. Show all posts

Thursday, 30 October 2025

Ouma se wenke: Bêrewenke vir medisyne

* Die meeste medisyne of vitamiene moet teen kamertemperatuur en in 'n droë plek weg van direkte sonlig gebêre word. 
* As jy nie jou medisyne tot dusver behoorlik gebêre het nie, moet jy jou apteker vra of die medikasie nog bruikbaar is. Party bestanddele sal nie meer doeltreffend wees nie.
* Bêre medisyne buite bereik van kinders.
* Onthou om nie jou medisyne voor klein kindertjies te drink nie, want hulle kan jou dalk na-aap.
* Pille hou gewoonlik tussen twee tot vyf jaar - maak egter doodseker en kyk na die vervaldatum. Moenie pille drink wat al verby hul vervaldatum is nie.
* Oogdruppels hou tussen een en drie maande nadat jy dit oopgemaak het. Na hierdie tyd kan dit minder doeltreffend wees.
* Moenie ou medisyne in jou vuilgoedsak sit nie. Diere of kinders kan daarop afkom en die gevolge kan katastrofes wees.
* Die beste oplossing is om dit na jou apteker te neem.
Bitter in die mond maak die hart gesond!

Sunday, 31 March 2024

'n Heerlike lagbui ...

'n Heerlike lagbui is beter as medisyne.
Leer om jou neus uit ander se sake te hou.
Dan het jy genoeg tyd om jou eie sake
in orde te hou.
Leer om stories te vertel.
'n Goeie storie is soos 'n sonstraal op 'n grou dag.
Leer om 'n kompliment te gee waar jy kan.
Almal kan doen met 'n goeie woordjie.
Leer om sarkastiese opmerkings te vermy.
Dit gee nog die spreker nog die ontvanger
enige plesier.
Leer om op te hou kla.
As jy niks goeds kan sien nie,
bly ten minste stil daaroor.
Leer om nie oor jou pyne te praat nie.
Niemand stel in elk geval daarin belang nie.
Leer voor enigiets anders om te lag.
Dit koop meer vreugde
as al jou geld in die bank.

[George Cooper]

[Dankie, Anoniem, wat hierdie stukkie waarheid met ons deel.]

Friday, 23 August 2019