Showing posts with label Dutoitspan. Show all posts
Showing posts with label Dutoitspan. Show all posts

Monday, 12 August 2024

'n Unieke geleentheid vir Kimberley - moenie dit deur jou vingers laat glip nie

Ray Goddess
Kimberley is bevoorreg om besoek van twee besondere predikante te kry, vanaf 23-25 Augustus 2024. Ds. Ray Goddess van Portsmouth (Verenigde Koninkryk) en ds. Mike Endicott van Wallis gaan die Closer to God Conference and Teaching vir die Kimberliete by Dutoitspan-saal aanbied. Hierdie konferensie wat oor twee dae strek, is in drie interaktiewe sessies ingedeel. Daar gaan onder ander gefokus word op die eenvoud van die Koninkryk van God.

Mike Endicott
Die koste verbonde aan die tweedag-konferensie is net R120 per persoon, wat verversings en 'n ligte ete insluit. Registrasie sluit reeds 16 Augustus
en die inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae kan aan ds. Ensie (079 522 9680) gerig word of kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Die Teach a Teacher-program word in verskillende dele van die wêreld aangebied en die suksesstatistiek spreek boekdele. In Handelinge 2 lees ons van die opgewondenheid onder die dissipels. Hoekom was hulle so opgewonde en kan ons vandag nog dieselfde opgewondenheid ervaar?


Klik op die geel kaartjie om inligting duidelik te kan lees.
Datums: 
23 Augustus 2024 - 19h00-21h00
24 Augustus 2024 - 09h30-13h00
24 Augustus 2024 - 14h00-16h30
25 Augustus 2024 - die naweek se verrigtinge word afgesluit met 'n aanbiddingsdiens.

SLUITINGSDATUM: 16 AUGUSTUS 2024 OM 14H00!!

Friday, 28 June 2024

Terugblik: Oudword (uittreksel)

Aftree-oord ... oudwordplek ... doodgaanplek? Dis wat ek gedink het toe ek en my man ouetehuis toe is. Dit was regtig vir my 'n krisis in my lewe. Ek het moedeloos, lusteloos en depressief geword. Waarom Here? Waarom moet ek afstand doen van soveel van my goed? Gaan my kinders vir my kom kuier of gaan ek nou vereensaam?

Maar toe het ek om my begin rondkyk en die mooi rondom my raakgesien. Nou weet ek om jonk te wees, het niks met jare te doen nie. Jonkwees is 'n gemoedstoestand, 'n wilsbesluit. Jare rimpel die vel, maar 'n gebrek aan hoop en entoesiasme laat rimpels in die gemoed.

So kyk ek na my buurman oorkant my ('n Altzheimer-geval), wat 'n paar keer op 'n dag met sy loopraam na sy voorhekkie loop, op en af in die pad kyk ... "Wanneer kom kuier my kinders dan?" Ek, daarenteen, kan in my kar klim en na my kinders en kleinkinders ry as ek na hulle verlang. Dankbaar!

'n Vriendin wat 'n geamputeerde been het, se dogter kom kuier elke middag vir haar en stoot haar deur die oord om na almal se pronktuine te kyk. Ek, weer, geniet my eie tuintjie met al sy kleure en geure waar ekself my vingers in die grond kan druk. Dankbaar!

'n Ander vriendin het 'n pragtige huis en tuin gehad. Nou lê sy in 'n kamer en staar om haar heen. Sy gryp elke besoeker se hand vas: "Moenie nou loop nie - bly hier by my." Ek kan vrylik rondbeweeg en gaan kuier wanneer en waar ek wil. Dankbaar!

Ek kan nog soveel vir ander beteken - drukkies uitdeel - vir sommige mense is dit die enigste drukkie wat hulle ooit kry. Ek kan vir ander bid. Dankbaar!

Dankbaar vir lewe, dankbaar vir liefde, dankbaar vir genade!

[Anoniem]  

Koop gerus hierdie boekie God maak stukkende mense heel, 2018/2019, met stories van hoop by Dutoitspan Kerkkantoor - 053 842 1100 @ 'n bekostigbare R50,00.

Friday, 24 May 2024

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek

Kom ons as 'n gemeente maak hierdie jaar weer 'n paar kinderharte bly. Daar is 'n lys met 50 kindername by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak asseblief so gou as moontlik die kerkkantoor om 'n naam te kry. Kersfees is juis 'n tyd vir gee en uitreik!

Dalk bly jou kleinkinders oorsee en is dit nie maklik om 'n kersgeskenk by hulle te kry nie, maar daar is baie plaaslike kinders vir wie 'n kersgeskenk aan die ondenkbare grens, want daar is skaars genoeg geld vir die noodsaaklike, wat nog te sê iets luuks soos 'n kerspresent. Raak betrokke en reik uit! 

Alle geskenkbokse moet teen 30 Oktober ingehandig wees.

Monday, 15 April 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...

dat jy die nabyheid van God in jou lewe sal ervaar,
dat die Here vir jou die vrede van die hemel sal gee,
dat jy met Hemelse blydskap geklee sal word,
en dat jy geseën sal word met genesing
in die kragtige Naam van Jesus Christus.
Amen

Saturday, 16 September 2023

Thursday, 18 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

LAG GEWAARBORG!!
Koop jou kaartjies betyds!!


Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)

Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.  

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!!

Sunday, 17 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin

Vandag, 17 Januarie 2021, het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Om God regtig lief te hê

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:34-38
  • Joh. 14:15; 21; 23-24; 31
  • 1 Joh. 5:3
Klik op elke deel om deel te wees van die erediens. 
Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Januarie 2021 (Druk op die woorde  deel 1, deel 2, deel 3, deel 4 en deel 5 om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens bestaan uit 5 dele.)

Klik HIER vir nog erediensboodskappe. 

Sunday, 10 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag, 10 Januarie 2021,  het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: EK GAAN WEER BEGIN

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:29
  • Matt. 22:34-40
  • Luk. 10:27

Slotgebed: Lied 284

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 10 Januarie 2021 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens het so 'n paar sekondes van stilte voordat dit begin.)

Sunday, 30 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Loflied: U is waardig om die Boek te neem
(Klik HIER om te luister)

Tema: Bybelsondag: Die 5 solas - met die klem op alleen.

Skrifgedeelte: 2 Tim. 3:1 - 4:8

Slotlied: Soos 'n man van die Woord (Klik HIER)

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 30 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 23 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wanneer niks meer sin maak nie

Skrifgedeelte: Romeine 8

Teksvers: Romeine 8:18; 26-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 23 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 16 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Waarom moet die Woord van God in my leef?

Skrifgedeelte: Psalm 119:1-3; 55-57; 67-68; 71-74; 81; 103-105; 114; 130-133; 140-148; 161-162; 172-176

Teksvers: Psalm 119:57 en 105

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 16 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 9 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wie weet miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy is waar jy is. Die Here God het jou geplaas daar waar jy 'n verskil kan maak.

Skrifgedeelte: Ester 3 en 4
Ester 7:5; 9-10

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 9 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 2 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Sê nou God sê NEE ... wat dan?
Kerntema: Vanuit watter fondasie kyk ek na hierdie vraag?

Skrifgedeelte:
1 Kor. 1:18-25
1 Kor. 2:1-5
2 Kor. 12:7(b)-10

Loflied: O Heer, my God van Piet Smit. Klik HIER om daarna te luister.
Slotlied: In die Hemel is die Heer en Sy glas is soos kristal – Robyn Hall. Klik HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 2 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 26 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Niks skei ons van die liefde van God in Christus Jesus ons Here nie.

Skrifgedeelte: Romeine 8:26-39

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 26 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 19 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer.

Tema: Die Here sorg

Skrifgedeeltes: Ps. 33:1-22

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 Julie 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 5 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Gebed vir genesing

Skrifgedeeltes: Psalm 73

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 5 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 28 June 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: God gee uitkoms - ons hoop is op Hom gevestig.
(Biddag vir alkoholverslaafdes)

Skrifgedeeltes:
2 Korinthiërs 1:1-11(kerngedeelte)
Klaaagliedere 3:14-18 en 21-24

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 28 Junie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer  - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname van Dutoitspan-gemeente
om op die blog te laai nie.

Sunday, 31 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Die gevolge van vervulling van die Heilige Gees in my lewe.

Skrifgedeeltes: Handeling 2 en Handelinge 4

Ons gaan ook vandag Nagmaal gebruik - luister dus eers na die VERSOEK HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 31 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 24 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Begeer jy om geesvervuld te wees?

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 24 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)