Monday 12 August 2024

'n Unieke geleentheid vir Kimberley - moenie dit deur jou vingers laat glip nie

Ray Goddess
Kimberley is bevoorreg om besoek van twee besondere predikante te kry, vanaf 23-25 Augustus 2024. Ds. Ray Goddess van Portsmouth (Verenigde Koninkryk) en ds. Mike Endicott van Wallis gaan die Closer to God Conference and Teaching vir die Kimberliete by Dutoitspan-saal aanbied. Hierdie konferensie wat oor twee dae strek, is in drie interaktiewe sessies ingedeel. Daar gaan onder ander gefokus word op die eenvoud van die Koninkryk van God.

Mike Endicott
Die koste verbonde aan die tweedag-konferensie is net R120 per persoon, wat verversings en 'n ligte ete insluit. Registrasie sluit reeds 16 Augustus
en die inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae kan aan ds. Ensie (079 522 9680) gerig word of kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Die Teach a Teacher-program word in verskillende dele van die wêreld aangebied en die suksesstatistiek spreek boekdele. In Handelinge 2 lees ons van die opgewondenheid onder die dissipels. Hoekom was hulle so opgewonde en kan ons vandag nog dieselfde opgewondenheid ervaar?


Klik op die geel kaartjie om inligting duidelik te kan lees.
Datums: 
23 Augustus 2024 - 19h00-21h00
24 Augustus 2024 - 09h30-13h00
24 Augustus 2024 - 14h00-16h30
25 Augustus 2024 - die naweek se verrigtinge word afgesluit met 'n aanbiddingsdiens.

SLUITINGSDATUM: 16 AUGUSTUS 2024 OM 14H00!!

No comments:

Post a Comment