Thursday 1 August 2024

Vrouemaand

 Augustusmaand is Vrouemaand - daarom deel ek graag hierdie pragtige verwerking van Ps. 23 vir ons  vroue 

''Die Here is my Herder, ek sal géén hartseer vrees nie. 
Hy droog my trane af, ja, ek is ewig Sy dogter-kind!
Wanneer ek, as vrou, die gevoel van 'alleen wees' ervaar, hou SY hande myne stewig vas.
Hy vertroetel en Hy vertroos my; met 'n oneindige Liefde wat net Hy vir my kan skenk.
Wanneer familie en vriende té ver is vir net gou-'n-drukkie-gee, sal Hy gereed staan, want wie is daar wat beter van my vrouwees weet?
En al gaan my lewe, of verhoudings, deur donker dae, sal Hy my altyd teen Sy boesem hou en daaraan herinner: 
ek is EKSTRA spesiaal, want ek, EK is 'n vrou!'' 

Mag Ps. 23 vir jou vandag opnuut laat besef, God het ONS SO BAIE BAIE LIEF!

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie Psalm met ons deel.]

No comments:

Post a Comment