Sunday 11 August 2024

Mossiestilte: 1 Tim. 3:16

En onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

'n Mondvol in hierdie vers: Jy is vlees en Jesus wat vlees geword het, het nou sy woning in jou deur sy Gees geopenbaar. Die Woord, (Christus), is aan jou as heiden verkondig. Jou geloof in Christus is jou redding. Jesus wat opgeneem is in heerlikheid het ook aan jou 'n belofte gemaak dat Hy weer terugkom en jou kom haal dat jy saam met Hom kan wees, (in heerlikheid) Joh 14.

Dankie, my God en Vader, vir u genade oor my dat ek nie bekommerd hoef te wees nie want U berei 'n plek vir my en sal my kom haal om saam met U te wees ( Joh. 14). Christus is nou in my die hoop op heerlikheid (Kol. 1). Dankie dat U die engele stuur om my te dra en die klippe uit my pad te rol. Dankie dat U my geregverdig het deur die Gees. Ek sal oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van my getuienis (Op. 12:11). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment