Saturday, 17 October 2026

Saterdaglagmedisyne - Die ander kant van liewe ouma

* Ouma sit met 'n glas wyn, op die patio saam met oupa. 
Sy sê: "Ek is so lief vir jou, ek kan nie sonder jou lewe nie." 
Oupa vra: "Is dit nou jy of die wyn wat praat?" 
Sy antwoord: "Dis ek wat met die wyn praat!!!"

* Daar is 'n pragtige park met groot bome en baie bankies oorkant die aftreeoord. Baie van die inwoners gaan skep 'n bietjie vars lug in die vryheid van die park. Eendag loop 'n man vir die eerste keer deur die park. Hy sien 'n vrou op 'n bank sit en lees met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou koel, ''is nie my hond nie."

Friday, 16 October 2026

Gedig: Die Goue Jare

Die spieël wys dalk 'n ryp herfsblaar,
met silwer drade in die haar,
en lyne wat die jare tel,
van elke storie wat ons vertel.

Maar kyk verby die brose vel,
daar's nog 'n vonk wat drome spel!
Die gees word nie deur jare perk,
'n positiewe hart bly sterk.

Die bene loop wel bietjie stadiger nou,
maar kyk hoe blou is nog die hemelruim se vou.
Elke nuwe dag is steeds 'n skat,
'n vars stuk pad op ons lewensmat.

Met gister se wysheid en vandag se vrede,
glimlag ons sag oor die verlede.
Want oudword is 'n voorreg, 'n ligte lied,
vir die hart wat kies wat die skoonheid bied.

So laat die grys hare maar blink in die son,
ons drink nog lank uit die lewensbron.
Die oë mag dalk swakker sien,
maar die siel sien die liefde wat ons verdien.

[KI-geïnspireerde gedig]

Thursday, 15 October 2026

Ouma se wenke: Skoonmaakwenke

* Gordyne: voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef. 

* Was kantgordyne in ‘n kussingsloop sodat dit nie beskadig raak in die wasmasjien nie.

* Handsakke: maak handsakke en skoene skoon met dettol.

* Sokkies: week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was, dit verwyder alle vlekke.

* Stoele: stoele wat met leer oorgetrek is, kan pragtig nuut lyk as dit met ‘n bietjie melk gewas word.

Idioom: As twee hande mekaar was, word albei skoon

Wednesday, 14 October 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Dis maklik om van God te vergeet!

* Veral wanneer dit met ons baie goed gaan, 
ons min bekommernisse het en 
ons buitengewone voorspoed geniet 

*Dan kan ons gou onder die illusie leef 
dat ons prestasies, suksesse en rykdom uit onsself is
en dat ons God nie regtig so nodig het nie

* Voorspoed het mos ‘n manier om ons gou 
van ons kinderlike en afhanklike geloof te stroop
En wanneer dit gebeur het, 
is ons presies waar Satan ons wil hê

* Wanneer ons op ons eie missie is en 
ons hand uit God s’n laat gly,
kan die bose met ons maak net wat hy wil
Iets wat tragiese gevolge kan hê!

* Liewe medegelowige, 
wanneer dit met jou goed gaan, jy gelukkig is en 
op alle terreine van jou lewe die goeie geniet, 
beleef jy ‘n wonderlike fase in jou lewe

* Geniet dit!
Want dis God se geskenk van goedheid aan jou!
Maar weet ook dat niks wat jy is of het, 
daar sou wees sonder die genade van jou Vader nie

* God verwag van ons dat ons in slegte en 
goeie tye Hom met dieselfde passie sal aanbid
Dis wanneer ons dubbele seën ervaar!

[Aangestuur]

Teetyd: Esna van der Merwe

Vandag drink ons 'n koppie tee saam met Esna van der Merwe, 'n inwoner wat die afgelope jaar Ons Huis haar tuiste noem. In haar rooi bloes is sy nie bloot net aanwesig nie; sy lééf met passie. Esna gryp die lewe met albei hande aan en Galasiërs 5:22* is haar daaglikse riglyn.

Gebore en getoë in Upington, is sy 'n Noord-Kapenaar in murg en been. Upington is mos bekend vir sy moordende warm dae, en dié dorp ding mee met ander Noord-Kaapse plekke om die titel van warmste plek in die land, maar Esna sê toe hulle kinders was, was speel baie hoog op hulle lysie - die hitte ten spyt. Hulle het nooit besef hulle bly in só 'n warm deel nie en wat jy nie weet nie, pla jou nie - vir hulle kinders was die hitte normaal. Deesdae, met die druk van 'n knoppie, kan jy presies weet hoe warm dit waar is op 'n gegewe moment, so miskien sou hulle met vandag se kennis ook oor Upington se hitte gekla het ...    

Nadat hul lewe 'n draai in Vryburg, die Texas van Suid-Afrika, gemaak het, het hulle in Kimberley kom aftree. Die stad wat bekend is vir sy vriendelike en gasvrye mense.

Een koppie tee is nie genoeg om die mens agter die teekoppie te leer ken nie. Daar sal nog baie koppies tee gedrink moet word ... 

*Gal. 5:22 Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

Tuesday, 13 October 2026

Uit die Groot Karoo: Schalk se lewensnippers

Aan alle matrikulante

Aan ons kleinkinders en agterkleinkinders en alle matrikulante, 
ons wens jul die beste toe vir die groot eksamen op hande. 
Leer hard, maar die belangrikste van alles 
vertou elke dag aan die Hemelse Vader toe, 
vra Hom om jou deur elke vraestel te lei. 
Sterkte, ons bid vir julle.
Ons Huis-inwoners

Monday, 12 October 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Vertrou op God se woord

Here, ek vertrou U. Alles gebeur vir my ten goede, al lyk dit verkeerd of onregverdig teen my, sal God dit ten goede laat uitwerk. Dit is God se woord; oor elkeen van sy kinders uitgespreek. Laat my geloof my nooit in die steek laat nie; ek vertrou net op God se woord. Die Here gee en die Here neem, geloofd sy die Here. Die Here is my Redder en sal my nooit verlaat nie. Amen.

Sunday, 11 October 2026

Ons Huis: 'n Blomtuin vol van kleure

Oomblik van stilte: Dis maklik om van God te vergeet!

Dis maklik om van God te vergeet, veral wanneer dit met ons baie goed gaan, ons min bekommernisse het en ons buitengewone voorspoed geniet. Dan kan ons gou onder die illusie leef dat ons prestasies, suksesse en rykdom uit onsself is ... en dat ons God nie regtig so nodig het nie.

Voorspoed het mos ‘n manier om ons gou van ons kinderlike en afhanklike geloof te stroop.
En wanneer dit gebeur het, is ons presies waar Satan ons wil hê.
Wanneer ons op ons eie missie is en ons hand uit God s’n laat gly, kan die bose met ons maak net wat hy wil. Iets wat tragiese gevolge kan hê!

Liewe medegelowige, wanneer dit met jou goed gaan, jy gelukkig is en op alle terreine van jou lewe die goeie geniet, beleef jy ‘n wonderlike fase in jou lewe. Geniet dit! Want dis God se geskenk van goedheid aan jou!

Maar weet ook dat niks wat jy is of het, daar sou wees sonder die genade van jou Vader nie. God verwag van ons dat ons in slegte en goeie tye Hom met dieselfde passie sal aanbid.

Dis wanneer ons dubbele seën ervaar.

Saturday, 10 October 2026

Saterdaglagmedisyne - Ouma en oupa

* My ouma het begin kla dat niemand haar meer bel nie!
Toe plak ek 'n "How's my driving?" plakker op haar kar se buffer, nou lui haar foon aanmekaar.

* 'n Oupa vat elke oggend die 5-jarige Ansie skool toe.
Toe hy een oggend siek is, vat haar ouma haar.
Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery saam met ouma baie anders was as saam met oupa.
"Hoekom?" vra hulle.
Ansie: "Ek en ouma het nie een idioot, blinde of dom ou op die pad gesien nie."

* Hoe weet jy dat jy begin oud word?
Jy loop nie meer jou pêlle in 'n kroeg raak nie, maar in Dis-Chem.

Friday, 9 October 2026

Gedig: Stan's Song

Vers 1:
Daar sit ’n ou man in sy stoel,
’n album op sy skoot,
sy hande blaai deur jare
wat lankal verder loop.
Gesigte uit ’n ander tyd,
party helder, party vaag,
en elke bladsy fluister sag:
die lewe gaan so gou verby.

Vers 2:
Hier glimlag mense uit die papier,
jonk soos hulle eenmaal was,
vasgevang in klein oomblikke
agter vergeelde glas.
Hy ken die lyne van elke foto,
die voue en die skeure goed,
want ’n mens leer met die jare:
wat breek, kan steeds iets kosbaars hou.

Prekoor:
En toe draai hy nog ’n bladsy,
en die wêreld word weer stil.
Twee jong manne tussen blare,
asof die tyd daar rus.

Koor:
Daar is Dolf, aan die linkerkant,
en Stan, nog jonk, langs hom.
Twee broers kyk na die kamera,
voor al die jare kom.
Geen foto weet wat môre bring nie,
geen lens kan afskeid sien.
Dit hou net vas wat voor hom staan,
vir eendag se onthou.

Vers 3:
Toe kom neëntien-nege-en-sestig,
en Dolf se jare raak te min.
Maar in daardie klein ou foto
bly hy altyd jonk daarbinne.
En Stan se jare word dekades,
een vir een het hulle gekom,
maar tussen al die mense van sy lewe
bly sy broer se gesig by hom.

Vers 4:
Nou is die jongste man een-en-sewentig,
met ’n leeftyd in sy hand,
en hy kyk na al die merke
wat die jare agterlaat.
Daar was mense. Daar was liefde.
Daar was hande wat hom hou.
En ’n lang lewe leer ’n mens soms
hoe kosbaar “toe” word binne “nou.”

Brug:
Die papier het oud geword,
die beeld het amper weggekwyn,
’n duisend kyke oor die jare,
oor elke skeur en elke lyn.
Toe vra die ou man net eenvoudig,
met sy broer nog in sy hart:
“Kan iemand hierdie foto
weer ’n bietjie duidelik maak?”

Finale koor:
En stadig word die foto duidelik,
die jare trek ’n tree terug.
Dolf se oë, Stan se jong gesig,
kom uit die skade terug.
En toe kom kleur weer deur die blare,
groen waar grys so lank moes staan,
warmte kom terug in hulle vel,
lig val oor twee jong manne saam.

Outro:
Die ou man sit nog in sy stoel,
die album op sy skoot.
Sy broer is steeds die jong man
wat die kamera eenmaal onthou het.
Hy kyk ’n lang ruk na die foto,
en miskien verstaan hy nou:
’n lewe word nie net in jare gemeet nie,
maar in wie ons liefgehad het,
en wie vir ons lief was.

Die foto is weer duidelik.
Die jare bly waar hulle is.
Maar tussen groen blare staan twee broers,
vir een klein oomblik
weer naby.

[Klik HIER vir die lied.]

Thursday, 8 October 2026

Ouma se wenke: Vlekke - klere

👉 Bêre al jou wit goed in blou plastiese sakke. Dit keer dat die klere nie geel word nie.
👉 Blousel -  'n mens kry dit in meeste supermarkte. Week die klere daarin - wees net versigtig want as dit nie mooi opgelos het nie, maak dit blou kolletjies op jou klere.
👉 Kry vir jou 'n koekie Sunlight seep. Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met Sunlight seep. Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat lê dit so nat vir 2 of drie dae. (Moenie weer water bytap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg.
👉 Week wit sokkies in soutwater voordat jy dit was – dit verwyder alle vlekke.
👉 Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kledingstuk se kraag. 

Idioom: Die klere maak nie die man nie!

Wednesday, 7 October 2026

Teetyd: Tee kalmeer die gees en verkwik die siel


Moenie die waarde van 'n koppie tee onderskat nie, want daarmee les jy veel meer as jou dors. 'n Geurige koppie tee troos as jy sat voel en lus is vir niks meer as om geselsies te maak met 'n teekoppie in jou hand nie.

In die eetkamer van Ons Huis sal jy altyd iemand kry om 'n heerlike geselsie mee aan te knoop. Op die foto van links na regs is Esna van der Merwe, Claudia Poliesie, Annatjie Grobbelaar en Joey Cloete.

Hartsake oor 'n koppie tee: Die verskil ...

'n Beroemde akteur is uitgenooi na 'n dinee by 'n aftree-oord. 

Na ete was daar lofbetuigings oor sy roemryke loopbaan en hy is gevra om iets voor te dra. Hy het gevra vir enige spesiale versoek. Die mense was maar skaam, toe staan 'n ou dominee op en vra: "Sal u asseblief vir ons Psalm 23 voordra." 

Die akteur was uit die veld geslaan vir 'n oomblik, want hy was bekend vir sy vertolking van Shakespeare. "Met plesier," sê hy, "Ek dink ek ken nog die woorde."

Toe begin hy voordra met sy pragtige stem en suiwer intonasie en die gehoor hang aan sy lippe. Nog nooit het die klanke van die bekende Psalm hulle so melodieus op die ore geval nie. Toe hy klaar is, het 'n spontane applous losgebars. "Baie, baie dankie." Die akteur was amper aangedaan deur die gehoor se waardering vir sy poging. Spontaan sê hy, "Maar nou wil ek 'n groot guns vra. Sal die persoon wat die Psalm versoek het, dit nie vir ons voordra nie?" 

"Ek?" vra die bejaarde predikant verbaas. "Ek weet niks van die voordragkuns nie en my stem is taamlik treurig. Maar as u dit as 'n guns vra, kan ek dit nie weier." Die akteur beduie dat hy moet vorentoe kom, maar die ou man glimlag: "Toe maar, ek staan sommer hier by my sitplek." 

Hy begin met sy ietwat krakerige stem voordra. Aan die einde was daar geen applous, maar die hele gehoor het met geboë hoofde gesit en geen oog was droog. "Sien julle die verskil?" vra die akteur, self bewoë. "Ek het julle oë en ore bereik, maar hierdie man het jul harte geraak. Want sien, ek ken Dawid se Psalm, maar hy ken Dawid se Skepper!"

Monday, 5 October 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Loof hom

Nog voor die eerste strale van die dag, 
wil ek saam met die voëltjies U Naam groot maak!
Hoe groot is U!
U goedertierendheid strek oor die hele aarde.
Hierdie dag behoort aan U!
U het hierdie dag gemaak, 
daarom sal ons nie vir een oomblik ophou om U te loof nie!
Dankie vir ‘n nag van rus en beskerming.
Dankie vir ‘n nuwe dag wat ons saam met U kan loop en vir U kan leef!
Dankie vir nog 'n seëndag,
waarin ek tot eer van U naam kan leef!  
Gee dat ek die vreugde met ander kan deel.
In Jesus Naam!
Amen

Sunday, 4 October 2026

Oomblik van stilte: Ps 94:18

Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met u liefde!


Was jy al in 'n storm?

Het jy al gesien hoe lyk 'n storm oor die see?
Soms lyk ons lewe ook so, of dit voel so.
Maar storms hou nie vir altyd aan nie.
Al lyk die situasie nou vir jou hopeloos, 
kan jy verseker daarop staatmaak dat die see weer gaan kalm word.

Dis 'n natuurwet.

En al maak 'n storm skade, word die skade mettertyd herstel.
Al maak 'n storm ons seer en ruk dit soms ons fondasie onder ons uit, is dit steeds die Here wat die genesing bring.
Die storm gaan ophou en die uitkoms gaan kom, ons moet net vasbyt.

[Aangestuur]

Saturday, 3 October 2026

Saterdagmedisyne: Iets om oor te dink

* Vroue is altyd bekommerd oor wat mans vergeet; mans is altyd bekommerd oor wat vrouens onthou.

* Ons sal altyd goeie vriende bly tot ons oud en seniel is; dan word ons weer nuwe vriende.

* My neef is 'n ywerige jagter. Maar die jare stap aan en hy moes onlangs 'n heupvervanging kry. Die ou heup pryk nou op 'n houtpaneel teen sy muur ...

* Hoekom moet spoke stoele rondskuif en goed rondgooi? Hoekom kan hulle nie liewer skottelgoed was en vloere vee nie?

Friday, 2 October 2026

Baie BINGO vir die bingo-liefhebbers


Kom kuier by die Market for Charity!
Market Details
Next Date: Saturday, 3 October 2026
Time: 09:00 – 14:00
Location: McGregor Museum, Atlas Street, Kimberley
Cost: Free entry