Monday 1 April 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Oggendgebed

I
n die grys van die môrelig bring ek myself voor U, my God.
Gestroop van dit wat die wêreld van my weet.
Elke klein gedagtetjie is aan U bekend.
Al my drome lê mooi uitgepak.
Elke kommer het U eerste raak gesien.
Heer, stroop my van alle onsuiwerhede.
Gebruik my vandag tot U eer.
Laat my luister na die Heilge Gees wat my bewoon.
Help my onthou van hoe Jesus mense na U gelei het.
Almagtige God en Vader, dankie vir die voorreg om dit te weet.
Dankie vir elke seëning en U aanraking.
U ken my lewe.
In hierdie grysoggend uur is ek dankbaar.
U is in beheer van my lewe.
Laat U lig deur my skyn vir elke eensame siel daarbuite.

No comments:

Post a Comment