Friday 26 April 2024

Terugblik: ABC-rympies

In die vorige eeu was ABC-rympies algemeen bekend as deel van die Afrikaanse volkskuns. Oorspronklik het die rympies van Nederland na Suid-Afrika gekom en hulle was hoofsaaklik Bybelse rympies, historiese rympies en rympies waarin die name van persone, diere en sake gebruik is.

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het heelwat ABC-rympies laat ontstaan, maar na 1900 het hulle gaandeweg in onbruik geraak. 

Hier volg 'n voorbeeld:

A is 'n Aap.
B is 'n Bees.
C was amper 'n sekel gewees.
D is 'n Donkie, hy skop agterop.
E is 'n Eend met 'n bles voor die kop.
F is oom Flip met 'n pyp in sy mond.
G is 'n Graaf wat spit in die grond.
H is 'n Huisie waar 'n vuurtjie brand.
I is Ivoor van 'n olifant se tand.
J is 'n Juk vir 'n os se nek.
K is 'n Kalfie wat nog moet leer om te trek.
L is 'n Lepel.
M is 'n Mes.
N is die Naam van 'n voëltjie se Nes.
O is 'n Oor.
P is 'n Perd.
Q is sommer 'n O met 'n stert.
R is 'n Roosboom.
S is 'n Slang.
T is 'n Tier wat 'n kalfie vang.
U is 'n Uurwerk - ons noem dit 'n klok.
V is my varkie - hy staan in sy hok.
W is 'n Wolkie - hy waai in die lug.
X is 'n Kruisie - hy lê op sy rug.
Y is 'n Yster - ons noem dit 'n paal.
Z kry ons glad nie meer in die Afrikaanse taal.

Dr. Willie Loots het hierdie kultuuralfabetsaamgestel.

[Bron: Die Taalgenoot * November 1982]

Opmerking: Kyk na die rymwoorde wat die memoriseerwerk makliker gemaak het. 

No comments:

Post a Comment