Thursday 4 April 2024

Resep: Paasbolletjies


Paasfees is om die draai en heerlike tuisgebakte paasbolletjies sal net die ding doen. 

Bestanddele
450 g witbroodmeel
5 ml all spice (gemengde speserye)
2 ml sout
120 g gemengde droë vrugte (rosyne, sultanas, korente en sitrusskil)
50 g (60 ml) suiker
7 g droë gis
55 ml gesmelte botter/margarien
215 ml louwarm melk
1 eier, geklop

Versiersel (kruisie)
60 ml witbroodmeel
15 ml suiker
15 ml melk
1 groot eier

Metode
  • Meng alle droë bestanddele, behalwe die droë vrugte.
  • Meng alle nat bestanddele en meng in die meelmengsel in.
  • Knie tot sagte deeg (voeg bietjie melk by as te styf is). Knie goed vir omtrent 10 min. tot lekker elasties.
  • Maak toe en laat rys tot dubbel die grootte.
  • Knie deeg af.
  • Knie vrugte in en maak 12 bolletjies.
  • Pak bolle langs mekaar op bakplaat en laat weer rys.
  • Maak die versiersel aan tot gladde pasta. Skep dit in 'n versiersak of plastieksak waarvan 'n klein hoekie afgesny is. Spuit kruise oor bolletjies.
  • Bak by 350 gr C vir 15-20 min.
  • Verf 'n bietjie suikerwater oor die bolletjies as uit die oond kom.
Variasie
Laat vrugte en all spice uit en voeg sjokoladesplinters by en vanieljegeursel in all spice se plek.

[Uit: Die Pienk Boekie: Nuusbrief nr. 93, Maart 2011 - Jeanetta du Preez]

Klik HIER vir nog resepte.

No comments:

Post a Comment