Sunday 31 January 2021

Besoek ons dienste virtueel en raak betrokke

Gaan kuier gerus HIER by die Dowe Familie Kerk.
Kom MEER te wete van ons
HIER.

Friday 29 January 2021

Wednesday 27 January 2021

Monday 25 January 2021

ACVV Ons Huis: half day position available

ACVV Ons Huis has a half day position available for an Administration Clerk.


Requirements:
Computer Literate and good typing skills.
Good administration skills
Switchboard skills
Good people and supervision skills
A valid driver’s license will be an advantage
Salary will be discussed during the interview.

Please sent CV to cindy@acvv-kimberley.co.za
Or contact our offices at 0538315816


Applications close on 26 January 2021

Be joyful ...


Saturday 23 January 2021

16 Days of Activism for No Violence Against Women and Children

Hester Kok, Nomonde Mkhenku, Cindy Greyling,
Zhoané Wessels and Stephani Fredericks

WHAT IS THE 16 DAYS ACTIVISM?

* It is a WORLDWIDE Campaign to OPPOSE VIOLENCE against WOMEN and CHILDREN
* It aims to raise awareness of the NEGATIVE impact that VIOLENCE and ABUSE have on WOMEN and CHILDREN and to RID society of ABUSE PERMANENTLY

What is abuse?

Abuse is any form of harm which can include when someone is:
  • hurting your body physically or sexually,
  • insulting you, or threatens you with violence,
  • harassing you sexually,
  • humiliating and degrading you at home or in public,
  • controlling how you use your money,
  • preventing you from getting or keeping a job, or to see friends or relatives,
  • stalking you, by following you or visits you without your permission,
  • harming your health or well-being, or
  • monitoring your phone calls and telling you where you can and can’t go.
DO YOU KNOW ... that Parliament has passed laws to protect the rights of individuals against abuse?

THEY ARE:
DON'T BE A VICTIM!
  • BREAK THE CYCLE OF VIOLENCE
  • BREAK THE SILENCE
  • KNOW YOUR RIGHTS
  • ACT AGAINST ABUSE
  • DO NOT LOOK AWAY!

Daaglikse boodskappies

Klik HIER om na die daaglikse boodskappies
deur ds. Brahm Reynecke te luister.



Friday 22 January 2021

Is jy dringend op soek na blyplek?? Hier is die antwoord!


 

Jaareindfunksie: 'n Groot dankie aan elkeen ...


Stephani Fredericks, Andries Phillips, Zhoané
Wessels, Nomonde Mkhenku, Danel Ponton,
Irma van As, Hester Kok, Frans Venter, Celma
Pretorius en Cindy Greyling

Na 'n besondere lang 2020 is die jaar afgesluit
met 'n vuur wat letterlik, maar ook simbolies
hoog brand. 'n GROOT dankie
aan elkeen wat meer as sy of haar kant
in 2020 gebring het. Dankie vir al die harde
werk, maar bowenal dankie dat julle mekaar
se hande kon sterk, in 'n tyd waar dit so
broodnodig was.
Saam kan 2021 aangepak word met vreugde
en vrede van Bo.

 









Shop 'till you drop



 

Silence ...


Thursday 21 January 2021

ACVV Ons Huis: half day position available

ACVV Ons Huis has a half day position available for an Administration Clerk.

Requirements:
Computer Literate and good typing skills.
Good administration skills
Switchboard skills
Good people and supervision skills
A valid driver’s license will be an advantage
Salary will be discussed during the interview.

Please sent CV to cindy@acvv-kimberley.co.za
Or contact our offices at 0538315816


Applications close on 26 January 2021

Wednesday 20 January 2021

Monday 18 January 2021

Gebed vir die week

Mag God op die dag
wanneer die lewe sy genade verloor het,
sy musiek oor jou uitgiet.


Mag God op die dag
wanneer die rumoer van die markplein
jou van alle kante oordonder
en jou hier toesluit
sodat jy Hom nie kan hoor nie –

mag God juis dán na jou toe kom
as die God van stilte.

Mag Hy juis dán na jou toe kom
met sy vrede en sy rus.
Tagore

(Uit: Die groot boek van Christelike aanhalings, Nina Smit 2005)

Sunday 17 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin

Vandag, 17 Januarie 2021, het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Om God regtig lief te hê

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:34-38
  • Joh. 14:15; 21; 23-24; 31
  • 1 Joh. 5:3
Klik op elke deel om deel te wees van die erediens. 
Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Januarie 2021 (Druk op die woorde  deel 1, deel 2, deel 3, deel 4 en deel 5 om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens bestaan uit 5 dele.)

Klik HIER vir nog erediensboodskappe. 

Saturday 16 January 2021

Daaglikse boodskappies

Klik HIER om na die daaglikse boodskappies
deur ds. Brahm Reyneke te luister.

 

Wednesday 13 January 2021

Pierre Cronjé het die pragtige stukkie geskryf: Amen en koebaai ...

Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe:

♡ die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes
voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg,
en dan opstaan en die dag voluit aanpak ...

♡ En dan is daar die amen-en-koebaai-dae bid.

♡ Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie,
en sommer net rou emosie is:
☆ verlange wat te veel word,
☆ vrees vir dinge wat wag,
☆ hartseer oor dinge wat gebeur het.

♡ En as mens so voor die Here 'voel', wil mens nie amen sê nie ... 
want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God
julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik.

♡ Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas,
weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie.
Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

♡ Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, 
en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê ...

♡ Op amen-en-koebaai-dae, mag jy maar net stil by Hom sit
en Hom vra om vir jou lief te wees.

♡ Op amen-en-koebaai-dae, mag jy jou oë toemaak
en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou.

♡ Op amen-en-koebaai-dae mag jy maar jou kop
teen Sy bors laat sak, en jou huile huil.

♡ Op amen-en-koebaai-dae maak dit nie saak of jy amen sê nie ... 
want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, 
het gesê: "Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer
van verlang na 'n geliefde nie, nie vir die spoke van die
verlede of die uitdagings wat voorlê nie)."

❤ "Want Ek is by jou ... Altyd"

Prayer Power

When A Preacher Needs To Repent by Jim Cymbala
Click HERE.

 Thank you, Brahm Reynecke, for sharing this with us.


Tuesday 12 January 2021

I'm Fine Thank You

Here is poem which preaches the practical benefit of positive thinking as we grow old! I understand that the poem was written around 1953 by Constance O’Neon.

I'm Fine Thank You

There is nothing the matter with me.
I'm as healthy as I can be.
I have arthritis in both my knees
And when I talk, I talk with a wheeze.

My pulse is weak, and my blood is thin
But I'm awfully well for the shape I'm in.
Arch supports I have for my feet
Or I wouldn't be able to be on the street.

Sleep is denied me night after night,
But every morning I find I'm all right.
My memory is failing, my head's in a spin
But I'm awfully well for the shape I'm in.

The moral is this, as my tale I unfold,
That for you and me who are growing old,
It's better to say "I'm fine" with a grin
Than to let folks know the shape we are in.

How do I know that my youth is all spent?
Well, my "get up and go" just got up and went.
But I really don't mind when I think with a grin
Of all the grand places my "get up" has been.

Old age is golden, I've heard it said;
But sometimes I wonder as I get into bed
With my ears in the drawer my teeth in a cup,
My eyes on the table until I wake up.

Ere sleep overtakes me, I say to myself,
"Is there anything else I could lay on the shelf?"
When I was young my slippers were red,
I could kick my heels over my head

When I was older my slippers were blue,
But I still could dance the whole night through.
Now I am old, my slippers are black,
I walk to the store and puff my way back.

I get up each morning and dust off my wits
And pick up the paper and read the obits.
If my name is still missing, I know I'm not dead
So I fix me some breakfast and go back to bed.

Monday 11 January 2021

Sunday 10 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag, 10 Januarie 2021,  het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: EK GAAN WEER BEGIN

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:29
  • Matt. 22:34-40
  • Luk. 10:27

Slotgebed: Lied 284

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 10 Januarie 2021 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens het so 'n paar sekondes van stilte voordat dit begin.)

Saturday 9 January 2021

Daaglikse boodskappies

Klik HIER om na die daaglikse boodskappies
deur ds. Brahm Reynecke te luister.

 

Daaglikse boodskappies

Klik HIER om daagliks na die boodskappe
te luister.

 

Thank you 28 000 times


 

Friday 8 January 2021

Thursday 7 January 2021

Christene, kinders van God ...

Ons is nooit dankbaar vir wat ons het nie, ons bestel altyd meer van die Here.
Maar ons sê selde dankie.
"Dankie, dat my kersie nog steeds kan brand met U lig.
Dankie dat U my rots is."

As ons bid, wil ons hê die Here moet dadelik antwoord.
Maar ons, as sy kinders, weet nie hoe om dankie te sê nie.
Die rede? Omdat my kersie nog steeds met Sy lig brand.  

Wat is die kans om mense wat hooploos is, te help?
Of is jy net die wind se krag wat alles moeiliker maak?

Doen 'n bietjie introspeksie, vra jouself ... is ek regtig 'n goeie kind van God? 

[Isaac Akinwotu - Pretoria]

Tuesday 5 January 2021

Bespaar in die nuwe jaar ...

Nuwe voorraad @ sakpaspryse. Hierdie is 'n wen-wen-situasie. Ondersteun ons en wees vriendelik teenoor jou beursie.  

Waar: Halketstraat 14 - Newpark - Kimberley 

Monday 4 January 2021

Sunday 3 January 2021

'n GROOT dankie vir 'n betrokke 2020

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, preke en skryfsels gestuur het om hierdie blog van ONS HUIS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie wat tussen die vier mure van hul ouetehuiskamers vasgekeer was, het hoop en inspirasie hier gevind. 

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, preke en bemoedigende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna. 

Boodskappe van predikers oor die land

 

Onthou om gerus 'n draai HIER te
maak om na die eredienste te luister. 
Nuwe jaar en 2021 preke HIER.



Saturday 2 January 2021

Kom luister gerus na ons eredienste HIER.

 

Friday 1 January 2021

Seënwense vir 2021

2020 was 'n jaar wat niemand van ons gou sal vergeet nie.
Dit het eise aan elke een van ons gestel.
Of jy nou jonk of oud, ryk of arm was, niemand is oorgeslaan nie.
Party van die uitdagings was makliker om te hanteer as ander.
Een ding is vir seker, Cocid-19 het ons oë oopgemaak
vir dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar het.
Dinge waaroor ons nie vir 'n oomblik nagedink het nie.
Kuier en besoekies hier in Ons Huis het opgedroog.
Kommunikasie is beperk tot die foon.
Vryheid van beweging is skielik ingeperk, om te kom en gaan
soos wat ons wil, wat selfs in ons jare, maar beperkend is,
is/was 'n luukse.
Ons as mense, wêreldwyd, het kreatiewer leer dink en werk.
Ons het leer uitreik na hulle wat minder as ons het,
en wat ons dikwels nie raakgesien het nie.
Die oomblik toe ons almal in dieselfde water is,
het ons besef dat almal se bootjies nie dieselfde is nie.
Ons het ons hande uitgesteek na ons medemens.
Ons het geleer wat dit eintlik beteken om kerk te wees.
Dit is om vir ander 'n ware gestroopte voorbeeld te wees.
Ons gaan innerlik sterker anderkant uitkom.
Ons gaan beter individue wees,
want ons het geleer
dat ons mekaar nodig het.  
 
Seën vir 2021