Monday 18 January 2021

Gebed vir die week

Mag God op die dag
wanneer die lewe sy genade verloor het,
sy musiek oor jou uitgiet.


Mag God op die dag
wanneer die rumoer van die markplein
jou van alle kante oordonder
en jou hier toesluit
sodat jy Hom nie kan hoor nie –

mag God juis dán na jou toe kom
as die God van stilte.

Mag Hy juis dán na jou toe kom
met sy vrede en sy rus.
Tagore

(Uit: Die groot boek van Christelike aanhalings, Nina Smit 2005)

No comments:

Post a Comment