* Kallie en Jimmy loop mekaar vir die eerste keer in jare raak.
Vra Kallie: "Jimmy, wat doen jy deesdae?"
"Ek verkoop meubels."
"Maak jy darem geld?"
"Ja, maar my huis raak nou vinnig leeg."
* Na die eerste week weg van die huis by 'n nuwe werk stuur 'n jong getroude Mike die volgende telegram aan sy vrou: "Voorman geword - veer in my hoed."
Na die tweede week volg die volgende een: "Bestuurder geword - veer in my hoed."
Na die derde week volg dié een: "Afgedank - stuur geld."
Waarop sy vrou antwoord met: "Gebruik vere - vlieg huis toe."
* 'n Pasiënt is in die groendakkies en om sy tyd daar te verwyl, staan hy op die asblik om bo-oor die ringmuur te sien wat elke dag in die straat aangaan.
'n Motor kom om die draai en skuur met 'n skreeugeluid reg voor hom tot stilstand. Die wiel het afgeval.
"Al die moere is weg," sug die moedelose bestuurder.
"Draai een by elkeen van die ander drie wiele uit," kom die raad van die man oor die muur.
"Dis 'n wonderlike plan. Maar is jy nie veronderstel om mal te wees nie?" reageer die motorryer.
"Ja, mal, maar nie stupid nie."
[Bron: Finansies & Tegniek, 1 Desember 1995]