Friday, 13 November 2026

Gedig: Ek is hier!

Soek jy na My?
Ek is hier.
 
Jy kan My nie sien nie,
en tog is Ek die lig waarby jy sien.
Jy kan My nie hoor nie,
en tog spreek Ek deur jou stem.
Jy kan My nie voel nie,
en tog is Ek die krag in jou hande.

Ek is besig om te lei,
al verstaan jy nie My weë nie.
Ek is besig om te werk,
al herken jy nie My werke nie.
Ek is nie vreemde visioene nie.
Ek is geen misterie nie.

Net in absolute stilte,
waar die eie ek nie meer bestaan nie,
sal jy My ken soos Ek is,
en selfs dan sal dit net 'n gewaarwording en geloof wees.
Tog is Ek hier. Ek hoor. Ek antwoord.

As jy My nodig het, Ek is hier.

As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.

Ek is hier wanneer jy bid,
en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.

Al slaag jy nie daarin om My te vind nie,
Ek sal jou nooit faal nie.
 
Al is jou geloof in My nog so klein,
My geloof in jou wankel nie,
want ... Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek.

[Uittreksel: James Dillet Freeman, vertaler onbekend]

Agtergrond:
Dit was 1947 toe James Dillet Freeman die woorde gehoor het wat sy mees geliefde en bekendste gedig, “Ek is daar” (“I Am There”), sou inspireer. Sy vrou, Katherine, was in die hospitaal nadat sy ’n operasie vir kanker ondergaan het.

Dit was ’n tyd van diep persoonlike nood, het Freeman onthou. “Ek het groot geestelike angs ervaar.”

Toe die dokters hom meedeel dat Katherine terminale kanker het, het hy die hospitaal verlaat en na die “Silent Unity”-gebed- en genesingskamer gegaan – geleë by die destydse Unity-hoofkantoor te Tracy-laan 917 in Kansas City, Missouri.

“God,” het hy hardop gebid, “as U daar is, laat my Katherine asseblief lewe. O God, waar is U?”

Freeman het later vertel dat hy ’n “duidelike en hoorbare, deernisvolle stem” met hom hoor praat het: “Het jy My nodig? Ek is daar.”

Op 7 Augustus 1971 is die gedig na die maan geneem deur die Apollo 15-ruimtevaarders James B. Irwin, David R. Scott en Alfred M. Worden. Die gedig, wat op mikrofilm gestoor was, is bedoel om daar agtergelaat te word vir toekomstige ruimteverkenning.

Freeman het op 30 Augustus 1971 'n brief van Irwin ontvang waarin bevestig is dat sy gedig, “I Am There,” wel aan boord van die maanmodule *Falcon* was tydens sy sending na die Hadley-Apennine-streek van die maan. In November van daardie jaar het Irwin Unity Village besoek om Freeman te ontmoet.

Die gedig is ook verwerk tot 'n planetariumvideo by die Amerikaanse Lugmagakademie in Colorado Springs, Colorado. 'n Musiekpartituur, kunswerk, fotografiese materiaal en spesiale effekte is bygevoeg, en die verwerking het die titel “A Christmas Star” gekry. Dit is op 12 Desember 1980 vir die eerste keer aan die publiek by die akademie vertoon. Freeman het die produksie op 30 Desember 1980 gesien.

[Gaan lees die volledige verhaal HIER.]

No comments:

Post a Comment