Wednesday, 4 November 2026

Teetyd: Annatjie Grobbelaar

Keimoes - die skilderagtige landboudorpie aan die oewers van die Oranjerivier, is die plek waar Annatjie Grobbelaar haar eerste lewenslig aanskou het. Hierdie is 'n wêreld wat diep in jou hart 'n lewenslange lêplek kry. 

As 'n mens vir 'n wyle van die stad se stres en misdaad wil vlug, is hierdie die ideale plek om jou batterye te kom herlaai.

'n Hartaanval het Annatjie genoop om haar onafhanklikheid te ruil vir gemoedsrus by Ons Huis. Hierdie is 'n plek waar liefde en omgee gevoel en ook ervaar kan word. Hier maak die inwoners nog saak en is hulle  nie net 'n nommer nie. 

Annatjie neem aktief deel aan alles wat aangebied word en Ons Huis se uitstappie na Tarentaalrand Safari Lodge in Augustus het die droom om die wêreld bo van Tafelberg af te sien, opnuut weer lewe gegee.

Met 'n koppie tee in die hand, 'n breë glimlag en 'n glinstering in die oog, is sy reg vir 'n gesellige kuier om die teekan.

No comments:

Post a Comment