Showing posts with label ThePlan. Show all posts
Showing posts with label ThePlan. Show all posts

Wednesday, 1 April 2020

thePLAN-diePLAN: Die heerlikheid en eer behoort aan God alleen

Gaan lees gerus gedurende hierdie 21-dae-inperking diePLAN se webwerf. Daar gaan uittreksels op Ons Huis se blog gesit word, met skakels om dit makliker te maak.

Daar is niemand soos GOD nie
Ds Ensie Enslin

Ons leef in ‘n tyd waarin baie mense opnuut na God vra.

Die vraag is egter of dit ‘n opregte soeke na die God van die Woord is, en of dit vir sommige eerder om die “halsbandjie as die hondjie” gaan - met ander woorde: Wat God vir MY kan doen? In hierdie 2de deel van die Boek Jesaja, waarin hoofstuk 46 ook val, wys Jesaja die volk van die Here daarop om nie na die MENS te kyk, of hul omstandighede te vergelyk nie, maar na die onvergelykbare God self.

Tuesday, 31 March 2020

thePLAN-diePLAN: Indien nie die Bybel nie, dan wat anders?

Gaan lees gerus gedurende hierdie 21-dae-inperking diePLAN se webwerf. Daar gaan uittreksels op Ons Huis se blog gesit word, met skakels om dit makliker te maak.

Indien nie die Bybel nie, dan wat anders?
Persoonlike lukrake gedagtes van ds. Geo de Kock

Ons weet nie van enige ander boek wat so aanhoudend aangeval word, maar terselfdertyd soveel góéd en lewegewend beteken vir miljoene mense op aarde nie.

Feit is, die Bybel is ‘n geloofsboek. Sonder ‘n aanvaarding van die Bybel gebaseer op GELOOF in die drieënige God, sal niks daarin sin maak vir die leser nie. Geloof is die lens waardeur die boodskap daarvan sigbaar en betekenisvol word – die WAARHEID!

Geloof is die bedryfstelsel wat die rekenaar van ons lewens laat werk, in teenstelling met die bedryfstelsels “van die wêreld”. Lewe op aarde is niks anders as ‘n keuse van die bedryfstelsel wat jy aanvaar nie.

Kliek hier vir die res.